Geen verlof vir polisiebeamptes oor feestyd

Bheki Cele. (Foto: @GovernmentZA/Twitter)

Suid-Afrikaanse polisiebeamptes se aansoek om verlof is op só ’n wyse gekanselleer dat minstens 90% van elke provinsie se beamptes oor die feestyd aan diens sal wees.

Genl. Bheki Cele, die minister van polisie, het Maandag in ’n verklaring gesê beamptes sal in groot getalle hoë sigbaarheid in alle openbare gebiede oor die hele land handhaaf in ’n poging om misdaad oor die feestyd te bekamp.

Cele beplan om ook self oor die volgende twee weke verskillende dele van die land te besoek waar vakansiegangers saamdrom.

Die minister sal Dinsdag sy eerste besoek in Mpumalanga aflê waarna die inisiatief op 30 Desember in KwaZulu-Natal tot ’n einde sal kom. Cele sal gedurende die besoeke aan padblokkades en ander polisie-operasies deelneem om te verseker dat vakansiegangers veiliger voel gedurende die vakansie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Eddie ·

Die Dokter of hulle eie onverantwoordelikheid gee hulle verlof !

koos ·

Al die hoë koppe word ontplooi na hulle “huis” provinsies maar die gewone plebs moet dit nou ontgeld. Cele is juis self van KZN, gratis familie besoek? Dokters gaan baie geld maak. Dis belaglik dat SAPS lede hulle verlof moet beplan en in beginsel laat goedkeur voor Feb van elke jaar maar dan vertel word jy kan dit nie kry nie.

Andries Pieters ·

Of hul met verlof is of aan diens hul beteken nog niks.

Schalk ·

Baie van hulle is in elk geval permanent met vakansie.Kannie skryf nie so kan nie werk nie.Ry net saam met iemand wat kan skryf.Realiteit so los maar die tipe beriggewing.

Dries du Toit ·

Dis goeie nuus.Hulle mos op regte verlof van Jan tot Nov

Grietjie ·

Dis waar die dokters gaan baie geld maak uit die polisie manne en vroue.

Willehond ·

Veilig voel omdat hy teenwoordig is??? Asseblief!!! Watse nonsens moet ek nog hoor!

PJC ·

Die beoogde wegneem van ons vuurwapens is seker ook vir ons veiligheid. Bheki Cele dink maar hy bluf ons. Ons sal ons self beskerm met daardie vuurwapens wat vir hom so ń doring in die vlees is.

Antie Sien ·

Polisie, wat 80% minder verdien as politici, moet nou wet en orde toepas, maar die ministers hou lekker vakansie! Die meeste van hulle verdien nie n vakansie as ons na die toestand kyk waarin die land is nie. Bankrot!

Hanna Hoekom ·

Mag hulle nog aan diens slaap? Of dronk vir werk opdaag? Vra namens n vriend.

Elsa ·

Begin sommer hier in Tileba, Pretoria Noord by Jackson van-Zyl park waar daar feitlik elke dag dronk parties, Dwelm en dagga handel, plaas vind.

Skye ·

Dink julle dis lekker om Desember te sien hoe almal ontspan maar jy as lid moet werk. Jou verlof word gekanselleer, jy verbeur jou deposito en sien die teleurstelling op jou kinders se gesiggies. Los julle negatiewe kommentaar en sê liewers dankie vir hulle wat werk, medics, brandweer, polisie ens, almal is nie useless nie!

kobie ·

Daar is n verskil om te werk en iets te vermag en om by die werk te wees en niks positief te doen nie.

Lee ·

Stem saam met jou Skye. My man is in Metro Polisie en was eers ook ‘n lid van die SAPD en ongelukkig word hulle onder dieselfde kamp geskeur as die useless beamptes. Dis baie onregverdig.

ES ·

Kan jy jou nou indink: Jy word afgetrek deur ‘n polisiebeampte wie se verlof afgekeur is – en jy moet verwag hy gaan jou regverdig behandel?

Wat ‘n grap…

Michael P ·

Waarvan praat die man geen verlof? Hulle is dan heeltyd met verlof

Madeleine ·

Stem saam met jou Skye. My man is ook ‘n Polisieman. Dit is al vir die afgelope 6 jaar wat hy nie oor Desembermaand verlof mag neem nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.