Geen vordering in kleuter se moordsaak

Cuburne van Wyk.

Cuburne van Wyk.

Daar was Woensdag nog nie enige vordering gemaak in die saak teen ʼn man wat van die moord op die driejarige Cuburne van Wyk van Reigerpark aan die Oos-Rand beskuldig word nie.

Die staat het verlede week uitstel gevra en aangevoer die nasionale direkteur van openbare vervolging het nog tyd nodig om oor die saak te besluit. Die staat het Woensdag in die Boksburg-landdroshof dieselfde rede verskaf toe hy verdere uitstel versoek het.

Intussen bly die beskuldigde, Nathaniel Daniel Mpoku, in aanhouding. Hy het kop onderstebo sit en luister toe sy prokureurs nie die staat se versoek om uitstel teengestaan het nie. Die saak hervat op 5 Januarie.

Cuburne het op 6 Augustus verdwyn toe hy buite saam met sy boetie en sussie gespeel het. ʼn Omstander het sy liggaam drie dae later by ʼn mynhoop in Reigerpark opgemerk.

Volgens die polisie is hy dood weens verskeie kopbeserings en brandwonde. Mpoku is ʼn paar dae later in hegtenis geneem en aangekla van die moord.

Lees alle vorige berigte oor Cuburne van Wyk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

anet ·

Net soos Pakistan die doodstraf terug gebring het, so ook moet SA die doodstraf terug bring vir die moordenaars wat onskuldige mense hulle lewe ontneem.

lillian ·

Krap net bietjie dieper … julle sal die skuldige/s kry …

lorayne ·

Bly net sloer. . . Dan kan die gespuis op ‘n tegniese punt vrygespreek word en binnekort NOG ‘n onskuldige kind vermoor! DIT is mos hoe ons regstelsel werk . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.