Geen vullisverwydering in Jhb op Kersdag nie

Pikitup (Argieffoto)

Pikitup (Argieffoto)

Stakende Pikitup-werkers het hul staking opgehef, maar gaan nie op Kersdag vullis verwyder in Johannesburg nie.

Die stad Johannesburg het Donderdag ʼn verklaring uitgereik om te bevestig dat ʼn ooreenkoms Woensdag onderteken is wat die staking tot ʼn einde bring.

Die South African Municipal Workers Union (Samwu) en Pikitup het ʼn ooreenkoms bereik.

Die werkers ontvang ʼn verligting van R1 000.

Pikitup-werkers het op 23 November weer begin staak, skaars drie weke na ʼn ooreenkoms met die werkgewer gesluit is, nadat Jacob Mamabolo, Gautengse LUR van menslike nedersettings en samewerkende regering, ingetree het. Die werkers het salarisverhogings van R6 000 tot R10 000 geëis en daarop aangedring dat die maatskappy salarisongelykhede moet ondersoek. Hulle het ook geëis dat die besturende direkteur, Amanda Nair, moet bedank.

Lees alle vorige berigte oor Pikitup op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.