Geen waarheid in ‘beurtkrag-waarskuwing’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Whatsapp-boodskap wat beweer beurtkrag sal elke dag gedurende die wintermaande toegepas word, is nie waar nie, het Eskom Donderdag gesê.

Die boodskap wat onder selfoongebruikers die rondes doen, beweer die elektrisiteit sal vanaf 5 Junie 2015 elke dag tussen 06:00 en 10:00 en weer tussen 17:00 en 21:00 af wees. “Berei julself asseblief vir hierdie uitdaging voor. Deel hierdie inligting met almal in Suid-Afrika”, lui die boodskap.

Eskom het egter op die Twitter gesê daar steek geen waarheid in die boodskap nie.

“Gedurende die winter is die oggende en die aande spitstye vir elektrisiteitsverbruik. Beurtkrag sal geensins anders wees as wat tans ervaar word nie. Ons sal ʼn prognose gee en slegs beurtkrag toepas wanneer nodig,” het die kragvoorsiener gesê.

Fin24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Beurtkrag 'n bedrogspul ·

Die hele beurtkrag proses is ‘n bedrogspul. Daar is opsetlik beurtkrag in Suid-Afrika want die Internasionale Banke wil Eskom privatiseer. Die publiek sal instem as dit kraglewering meer betroubaar sal maak. Die banke wil ook hê dat ESKOM enorme skulde moet maak, wat die belastingbetaler en verbruiker af moet betaal. Die skuld veroorsaak dat die banke groot hoeveelhede rente kry, van (digitale) geld wat hulle net op ‘n rekenaar geskep het. Die ANC is front organisasie van die Internasionale Zioniste Bankiere, en dit pas perfek by hulle planne in.

Dave ·

Ag jong, jy wil nou net graag ‘n nuwe wolhaarstorie die lig laat sien. Beurtkrag is eg on onvoorkomlik as gevolg van onbevoegde bestuur. Beurtkrag is deel van Afrika. Nou dat jy dit weet sal jy seker jou storie uitbrei dat genoemde banke die hele Afrika se onbevoegde kragvoorsieners wil oorneem.

Pietertjie ·

Daar is baie piesangs in hierdie Republiek van “ons”. Eskom is maar één daarvan. Maar dink julle dit leer ons ou volkie om laer te trek en saam te staan? Nog nooit! Inteendeel, ons doen lustig mee om die skille rond te slinger. Die WhatsApp boodskappe is slegs één voorbeeld: kyk maar hoe lustig deel ons in dinge soos swak pad-gedrag, wetteloosheid, wanorde, swak dissipline. Pleks ons stel ‘n beter voorbeeld aan die piesang-eters, en versprei eerder oplossings vir die probleme onder mekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.