
Argieffoto
Collen Naidoo, woordvoerder van die lughawensmaatskappy (Acsa), het Vrydagoggend gesê die probleem het ’n invloed op die lughawe, maar nie op vlugskedules nie. “Die funksionering van die toilette word hierdeur geaffekteer,” het hy gesê. Die lughawe se bestuur moes die watertoevoer afsny om ingenieurs in staat te stel om die probleem te herstel.
Verskeie reisigers het hul misnoë met die waterprobleem op sosiale media uitgespreek. Sommige het gesê restaurante het nie gewilde drankies soos koffie beskikbaar nie as gevolg van die watertekort.
Volgens Naidoo is die probleem tydelik en sal dit binnekort herstel word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Goeie advertensie vir die buiteland, dis mos die nuwe sa
”Die problem is Tydelik ” Net so tydelik soos beurtkrag
Ingeneurs se hulle. Hmmmm.
Wat ‘n skande! ‘n Internationale lughawe…..
Dit is apartheid se skuld hulle moes beter pype 50 jaar terug ingesit het!