Geen water meer by dié Gautengse hospitaal

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Die Bertha Gxowa-hospitaal in Germiston moes operasies kanselleer en pasiënte wegwys, weens ʼn gebrek aan watertoevoer van die Ekurhuleni-munisipaliteit, het die DA in Gauteng Sondag gesê.

“Ek het die hospitaal Vrydag besoek ná berigte dat die hospitaal sedert Donderdag nie meer water het nie,” het DA-LP Jack Bloom gesê. “Dit wil voorkom of die probleem toegeskryf kan word aan ʼn gebrekkige waterklep en watertenkers is na die hospitaal gestuur om die hospitaal se reservoirs op te vul.”

Die reservoirs kan tot 140 000 liter water stoor, maar die pompe kan slegs werk wanneer dit half vol is en daar was nie genoeg water Vrydag nie. Elke tenker hou 18 000 liter water.

“Ek is besorg oor die trae reaksie van die munisipaliteit wat groot druk plaas op die hospitaal terwyl hulle met die minimum water oor die weg probeer kom.”

Hy het bygevoeg die watertoevoerprobleme moet dringend opgelos word, anders sal die risiko vir infeksie verhoog en die agterstand op operasies sal verhoog. Ongevalle pasiënte en pasiënte vir die kraamsaal word intussen na ander hospitale verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elna ·

Lyk vir my of die water krises al hoe verder uitbrei. Hier op die Suid kus sit ons alweer vir 6 dae sonder water. Gisteraand was hier beurt krag gewees en n rukkie daarna toe gaan die krag weer af vir die hele nag. Eskom het eers weer die krag om 9:00 aan gesit en steeds sit ons sonder water en daar word net dood eenvoudig nie aandag gegee aan die probleem nie.

Dries du Toit ·

Dit is nie a.g.v dat daar nie aandag aan gegee word nie. DIT IS OMDAT DIE MENSE WAT DIT MOET REG MAAK ONBEVOEG IS. Kader ontplooing

A Blignaut ·

Ekurhuleni is te besig met naamsveranderinge om aandag te skenk aan minder belangrike kwessies soos dienslewering. Die sirkel is nou voltooi – ‘n toendertydse eerstewêreldfasiliteit is nou in pas met sy nuwe naam en n goeie voorbeeld van die onbevoegdheid van die spul aan die stuur, net soos elke oorblywende publieke “diens”

willem Botha ·

Dit is ongelukkig een van die eienskappe van n piesang republiek.

Hansie Slim ·

Nou wie se skuld is dit nou eintlik?
Die hospitaal bestuur wat moet sorg dat 100% van die tank beskikbaar en nie net tot 50% nie of is dit munisipaliteit wat traag is om die tanks 100% vol te hou?
Seker maar altwee…

John ·

… hulle wag vir die nuwe mediese plan wat binnekort uitgerol gaan word… die droomplan… wanneer die minister van gesondheid ‘n wit towerstaffie gaan bekom… swaai… /* en almal het eerstewèreld dienste… dan sal die tenks vanself vol loop en al die geld van die private hospitale… boems… in die staat se sakkie val… En in 2020… is al daardie geld ook op… en diè van Eskom, SABC en…. en…

Tanya ·

En dit is hoe hulle land regeer geen krag geen geld geen water moooooooi man. Gaan aan nog so 5 jaar dan is sse nuwe naam hettie hettie water hettie krag heet nie geld

Eben P ·

Wil land regeer maar kan nie eers die tank vol water hou …. wat n lot nare …..

Hartseer ·

Wat kan ‘n mens meer sê? Daar is ander Afrika-lande waar dit al jare lank die norm is om water- en kragtekorte daagliks te moet ervaar. Beleggers gaan egter nie gediend hiermee wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.