“Geen waterkrisis in Gauteng nie”

Argieffoto

Argieffoto

Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor water en sanitasie het Saterdag gesê daar is geen waterkrisis in Gauteng nie.

“Daar is geen waterkrisis in Gauteng nie, en mense moet weet hulle gaan van nou af water kry,” het voorsitter Mlungisi Johnson in ʼn verklaring gesê. Hy het gesê die portefeuljekomitee verwelkom die oprigting van ʼn samewerkingskomitee. “Dit sal ʼn gekoördineerde poging verseker om die watertekorte in Gauteng aan te spreek.”

Johnson het gesê hy is tevrede dat Rand Water ʼn doeltreffende strategie ingestel het om die watertekorte aan te spreek. “Watervlakke in die opgaardamme stabiliseer,” het hy bygevoeg.

Hy het ook gesê daar moet samewerking wees om vandalisme en diefstal van koper, uitlaatkleppe en kabels hok te slaan.

Die portefeuljekomitee het Rand Water Vrydag besoek om ʼn beter begrip te kry en oplossings te soek vir die watertekorte in Gauteng. Die watertekorte word glo toegeskryf aan diefstal van elektriese kabels wat benodig word om water te pomp. Ekurhuleni, die Wes-Rand, Johannesburg en Pretoria is hierdeur geraak.

Rand Water het Saterdag gesê dit gaan ongeveer twee weke lank duur voordat water na alle gebiede herstel is, tensy daar kragonderbrekings voorkom. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PJ ·

Kan die agbare voorsitter dan nou vir my verduidelik wat ‘n waterkrisis is as die dan nou nie is nie.
Onbevoeg en so sal daar altyd verskonings wees. Seker weer apartheid!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.