Geen wêreldbeker-rugby vir SAUK

Argieffoto

Dit sou die SAUK glo meer as R400 miljoen uit die sak gejaag het om die Wêreldbeker-rugbytoernooi op televisie en radio uit te saai en die openbare uitsaaier kan dit eenvoudig nie bekostig nie.

Madoda Mxakwe, uitvoerende hoof van die SAUK, het Dinsdag aan die parlementslede van die portefeuljekomitee vir kommunikasie gesê hulle kon nie ʼn skikking met SuperSport bereik nie, wat die plaaslike uitsaairegte vir die sportgeleentheid besit.

Mxakwe het verder gesê sportregte is een van die grootste faktore wat koste by die openbare uitsaaier opjaag.

“Dit sou ons 28 miljoen Amerikaanse dollar gekos het om die televisieregte vir die toernooi te bekom. Dié Wêreldbeker-toernooi begin vandeesweek in Japan.

Die uitsaairegte vir radio sou ʼn verdere $60 000 beloop het en dit laat verdere produksiekoste van R900 000 buite berekening.”

Mxakwe het gesê die uitsaaier het die afgelope drie jaar ongeveer R3,8 miljard uitgegee aan uitsaairegte vir sportgeleenthede maar kon nie daarin slaag om dit om te skakel in winste vir die SAUK nie.

Hy het verder gesê die uitsaaier benodig oor die volgende drie jaar ongeveer R6,8 miljard om die uitsaairegte van sokker, rugby, krieket en ander sportwedstryde van nasionale belang te verkry.

“Wat ons bestee het en wat ons gekry het, het net nie kommersieel sin gemaak nie.

“Die SAUK kan net nie ’n ooreenkoms onderteken wat nie vir ons kommersieel lewensvatbaar is nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

JV ·

So kan hul week vir week sokker uitsaai maar die Wêreldbeker Rugby moet agter bly, en so gaan ek nie my TV lisensie hernu nie. uit en klaar. DSTV kan ek nie bekostig nie.

JR ·

Ek stem met jou saam al het jy DSTV sien jy inelkgeval net sokker so ek gaan myne afskakel en R539 n maand spaar

Pottie ·

Moet ook nie jou geld mors op dstv nie hulle wys alles oor en oor en dit kos n klomp geld dit is hoekom groot mnr vyf honderd duisend rand kan betaal net om aan die selfde tafel as ou cr te sit

Deloris ·

Meer kansellasies van TV lisensies en Dstv pakkette gaan nou volg en so ook retrenhments????????????????????????????????????????

Kosie Kramer ·

Die SAUK is die nasionale uitsaaier. Dis verstaanbaar dat hulle nie sukke groot geld kan uithaal nie. Hulle moet die hele land tevrede stel, nie net intekenare nie. DSTV egter, moes daarom `n ooreenkoms met die SAUK gemaak, want baie, soos ek, kannie DSTV bekostig nie, en sal nou niks op SAUK kan sien nie.

Pieter ·

Broer moet ook nie jou geld mors op dstv nie hulle wys alles oor en oor goed van twee jaar terug wys hulle nou nog spaar jou geld

WELKOM ·

Die SAUK is bankrot omdat hu gestagneer het en nie gegroei het nie

Sluit die deure en gaan huistoe

90% op die SAUK se kanale is Sokker, Heruitsendings of OU Nuus

Dries ·

Hulle geld is by die guptas en die anc doen ook niks om die geld terug te kry nie

Saint ·

Rugby is uit, maar sokker gaan voort !!!
Hoe werk dit nou?
Moet die lisensiebetaler nou opdok vir Korrupsie ?
SABC besture die afgelope aantal jare baie kortsigtig – eintlik soos alle ANC Kaders

Pieter ·

Broer moet ook nie jou geld mors op dstv nie hulle wys alles oor en oor goed van twee jaar terug wys hulle nou nog spaar jou geld

KrokodilBotha ·

SAUK lankal nie meer die selde nie, ook nie rugby nie. Gooi die tellie op die ashoop.

Gert van Wierdapark ·

Ons is oorgelewer aan nasionale uitsuiers wat darem groot sports op die Soustrein het! Gelukkig kan die SAUK darem daaroor verslag doen aan die nasie!

Gemaskerde Sopbeen ·

Die SABC kan nie die rugby uitstaai nie, want dit genereer nie vir hulle “wins” nie. Hoekom nie? Want lisensiehouers betaal nie, en is drasties aan die afneem, want daar is niks om te kyk daar nie, en as die kykergetalle daal, daal die adverteerders, want wat help dit om te adverteer op ‘n stasie waarna niemand kyk nie? Die top bestuur gryp miljarde in salarisse en smeek die regering vir nog…..maar kan om die dood nie die plek winsgewind kry nie. Hoekom nie? Want hulle verstaan nie waar geld vandaan kom nie. As jy meer uitgee as wat jy verdien, is jy? Jip….BANKROT!! Dis so eenvoudig soos dit….

Nico ·

Toe daar nie sokker op SABC was nie, was die ANC regering hou om saam met SABC na Multi Choice te hardloop en skielik is daar sokker op SABC. Hoeveel van daardie sokker kykers het ‘n geldige TV lisensie? Nou wat rugby betrokke is kan hulle niks doen nie. Regering bly ook tjoepstil. Die rugby kykers wat nou uit gesluit word is immers die kykers wat die meeste op datim is met hul TV lisensies. As dit nou wêreldbeker sokker was sou daar ook nie ‘n probleem gewees het vir SABC om dit te vertoon nie. Dus is dit beplan dat sokker op TV is maar nie rugby nie en dan moet daar jeansiis brûe gebou word! Ga!

Marinda ·

Myne ook, maar regte gehoop ons sal darem kon luister na die Rugby. Nou ja, laat dit maar daar.

Adam ·

Indien bekostigbaarheid die maatstaf is, kan die SABC nie eens ‘n swart skerm bekostig nie.

Frik Lotz ·

Die SAUK gaan nie die wereldbeker uitsaai nie en slegs DSTV kykers wat die premium pakket het sal die rugby kan sien, wat beteken DSTV intekenare wat ander pakkette het dit ook nie gaan sien nie. Meeste rugbyondersteuners gaan dus nie die rugbywereldbeker sien nie. Dis regtigwaar swak dat daar nie n plan gemaak kan word om die wereldbekeruitsending toeganklik vir almal te maak nie.

Hens ·

Haha bla bla bla

Een van die dae is daar te min geld om 7de laan yt te saai….

Esté Meyer Jansen ·

Hallo Valerie

Dankie dat jy die tikfout uitgewys het, ons het dit nou reggestel.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Stef ·

Dink net al die heerlike plaaslike musiek spasie daar gaan wees.

irma vd Berg ·

Daar is nie woorde nie. Maar sokker sal daar wees om te kyk. Want hulle word gedreig.

RATEL ·

Transformeer (afwaarts mars) rugby in sy maai in en dan kan nasionale tv nie vir die nuwe ondersteuners deliver! Wat n grap! #BananaRepublic

Johann van Cullinan ·

Al die klakouse oor rugby. Word wakker. Sport is ñ afgod. Dit is hoekom ons is waar ons is. Ons mensdom kyk eerder sport op Sondae as om Jesus te aanbid en jou bybel te lees om antwoorde te kry. Dit maak my siek. Ek het ñ ander huis van die Here gevind waar die pastore nie op ñ Sondag die Saterdag se rugby wedstryd oorvertel nie. Daar is nie meer tyd vir sulke onbenullighede nie. Vergeet van Rugby. Wat baat dit jou. Maak skatte in God se koningkryk bymekaar. Vat eerder ñ naweek en spandeer dit met jou huisgesin.

HouHoop ·

Stem 100% saam met jou Johann. Ja sport is lekker en goed vir mens. Maar in hierdie land is daar teveel afgode (geld, sukses, aansien, grond, sport, drank etc. etc. )wat mense prioritiseer boe tyd saam ons Here te spendeer. Ons moet as volk terugdraai en verootmoedig (om verskoning vra en nederig buig) voor ons God. Ons verhouding met die Here en sy kinders is die ENIGSTE ding wat saak maak. Al die ander goed is wereldse sake wat gaan vergaan. Prys die Here en aan Hom al die eer tot in die eewigheid.

Justice ·

Teen meer as R400 miljoen klink dit vir my asof DSTV wil he dat die SAUK sommer al hulle kostes ook moet delg.

Ano ·

Nou waarvoor betaal ek so getrou my TV lisensie elke jaar… Nou het ek klaar betaal, nie weer nie. My voordele word kort geknip agv hulle wanbestuur en ek as klient moet daaronder lei… nou kan hulle die regering gaan vra vir TV lisensie gelde wat nie meer betaal word nie. Ek het reeds my DSTV gekanselleer, nou ja dan hou ek op om my TV lisensie te betaal, want daar is nie dienslewering nie.. Kan nie juis kla oor die diens nie want daar is nie dienslewering nie… pateties verby

GL ·

Super Sport moet die kostes dra as die SAUK nie die fondse het nie. Hulle kan mos n skenking maak aan die publiek in “the spirit of the new SA”. Is dit nie hoe dit deesdae werk in die plek nie?

Chris Ws ·

As ALMAL wat ‘n tv het maak nie saak of hy SAUK TV of DSTV of Netflix of wat ookal kyk nie sy lisensiegeld betaal sal die SAUK rol in die geld.Dis feite.Die NP regering het destyd( 1976) die wet rondom TV lisensies baie duidelik omskryf en alle skuiwergate toe gemaak so as jy ‘n beeld kyk van watter stasie ookal op ENIGE skerm MOET jy ‘n TV lisensie uitneem. Maar die wet word nie toegpas nie.Net ‘n fraksie (ver minder as e-tol betalers!) van die Tv eienaars in die land betaal hul lisensies.Mense in swart woonbuurte en informele nedersettings betaal eenvoudig nie en kyk net hoeveel skottels sien jy as jy daar verby ry.Maar nou ja ek en my vrou is lankal niks meer gepla oor rugby nie so die hele fiasko skeel ons niks.

PJN ·

Dan gaan ek ook nie meer verder my TV lisensie betaal nie. No show …..No pay.

Wonner ·

Hoekom kan ons net sokker ens op DSTV Compact kyk??? Hoekom nie rugby ook nie, ons is net so behoeftig soos die mense wat sokker kyk maar ons moet die volle pakket he om rugby te kan kyk?? Diskriminasie teen die rugbykykers!!!!

Hoe nou? ·

35% van die rugby kykers is veronderstel om swart te wees!? DSTV not free!
100% van die sokker kykers is veronderstel om swart te wees!? SABC for free!
35% swart kan DSTV bekostig!
Al wat ek doen is laai drie ekstra op DSTV Now op een premium pakket en siedaar!!!! Hoop net die data lyne hou…

Erich ·

Dit is baie maklik vir die SABC om winsgewend te raak. Maak soos DSTV – jy moet n de-coder he om te kan kyk. Gee eenheid verniet weg wanneer mense hule lisensie betaal. Daarna moet hulle elke jaar betaal anders stop de uitsending. Polities sal hulle dit nooit doen nie want die massas gaan teen hulle opstaan. Ek sal bly wees as dit gebeur sodat een staats instelling ten minste kan gelyk breek.

LS ·

Oeps! nou lyk dit vir my daars mense wat nou ongelukkig is om nie ‘n stukkie van die speen te kry nadat hulle DSTV gestop of afgegradeer het. Dis soos om jou medies af te gradeer na ‘n hospitaal plan maar soek nog steeds in ruil die waarde vir die beste pakket.

Nico ·

Ja LS en elke blanke is skatryk in hierdie land sodat hulle DSTV kan bekostig. Hulle het net afgradeer en oor hul decoder en skottel gery om Steve te ondersteun. Daar is ook nie een blanke wat swaar kry nie wat ook op die straat bly nie of in ‘n plakkers kamp. Hulle swem in die geld. Vra vir ANC en Malema hulle sal dit vir jou kan bevestig. Swartes kan niks bekostig nie. Kyk om jou daar is nie een wat sy eie kar het nie of sy eie huis het nie en kan nie eens ‘n draagbare TV bekostig nie. SABC het orals big screens vir hulle verskaf om elke naweek die sokker te kyk om hulle te laat goed voel.

Ursula ·

Maar hulle saai sokker wereld beker uit waar Bafana nie eers deur is nie, Meeste sport kanale is net sokker . Nee wat hou maar die lesensie dan hou ek maar my geld

kolla ·

Sal maar die wedstryde van die internet aflaai. Gaan nou wel nie lewendig wees nie maar sal darem daarna kan kyk.

kolla ·

Daar’s eintlik maar bittermin openbare (publieke) tv stasies wereldwyd wat dit sal uitsaai. Dis ‘n geld-storie en net beskore vir betaalkanale. Dit gesê, SABC sal afgebrand word as hulle nie sokker wys nie.

Gert van Zyl ·

Ek sal maar soos met die drie nasies wedstryde kommentaar luister op die radio uit New Zealand op die internet met New Zealand kommentators.

ADRI SMITH ·

Die sauk sowel as die regering het lankal geweet dat die wêreldbeker in 2019 gaan plaasvind. Ons is een van die gunstelinge om dit te wen maar Suid Afrika kan nie vir sy mense die rugby wys tensy jy die duur pakket het nie. Ek betaal elke jaar my TV lisensie en wat kry ek daarvoor. Daar is soveel gemors op geen mens kan daarna kyk nie. Wat van ons ou mense wat graag op die radio wil luister maar daar is mos net een groep in die land wat arm is en swaar kry al ry “ONS” die nuutste motors op die mark. Hierdie regering is pateties en ek is spyt dat ek alreeds my lisensie betaal het. Moet ons ook nou maar begin staak en klippe gooi . Dit is mos hoe jy maak as jy nie jou sin kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.