#geeREG: Beveg armoede eerder só

dwelms-bedelaar

Foto: SAPD

Armoede groei teen ʼn kommerwekkende tempo. In Suid-Afrika word gereken dat 30,4 miljoen Suid-Afrikaners reeds in armoede lewe.

Dit is egter nie net ʼn Suid-Afrikaanse verskynsel nie; berigte uit lande soos Argentinië en Puerto Rico skets ’n soortgelyke prentjie. Daarom het die Verenigde Nasies (VN) die Internasionale dag vir die Verbreking van Armoede op 17 Oktober ingestel om wêreldwyd oplossings vir armoede byeen te bring in die hoop dat planne wat op een plek werk, in ander plekke ingestel kan word om sodoende oral ’n verskil te maak.

Deel van die oplossing is om nie vir mense geld te gee wat hulle sterk in hul kwaad nie. As jy iemand bly voorsien van lewensmiddele, weerhou jy hulle van onafhanklikheid. Jy dink jy doen goed, maar jou geld hou iemand eintlik onder.

Boeke soos Toxic Charity deur Robert D Lupton en When Helping Hurts deur Steve Corbett en Brian Fikkert wys daarop dat veral kerke eenmalige projekte of sopkombuise het wat die probleem net vererger. Die boeke verduidelik hoe om nie net te gee nie, maar ook reg te gee.

Foto: Adéle Changuion/Maroela Media.

Solidariteit Helpende Hand het begin kyk na die regte beginsels vir gee om op ’n volhoubare manier armoede te verlig, op te hef en te voorkom in Suid-Afrika. Die organisasie het in 2015 ’n veldtog van stapel gestuur met die naam #geeREG wat daarop toegespits is om mense bewus te maak van die leemtes in die manier waarop hulle gee.

“Daarin kon ons sien dat baie bedelaars in die strate van Pretoria en Centurion die geld wat hulle kry, gebruik om dwelms mee aan te koop,” het Marlien van der Westhuizen, mediaskakelbeampte van Helpende Hand, gesê.

“In 2017 het ons navorsing gedoen wat wys hoe ver die probleem strek en hoe dit selfs gegoede mense raak. Daar het ons geleer dat sommige bedelaars dwelms reeds aan 13 jaar oue kinders buite gegoede, welbekende skole verkoop. Hierdie kinders stel dan onskuldige kinders bloot aan dwelms en in baie gevalle is die onderwysers nie eens daarvan bewus nie. Deur die navorsing is kinders geïdentifiseer wat op 10 en 11 jaar betrokke geraak het by dagga en later sterker straatdwelms. Dit is kinders uit goeie huise, wat elkeen ʼn blink toekoms verbeur het weens eie onkunde en ouers se onbewustheid of onbetrokkenheid. Dit is nie slegte kinders nie. Dit is nie slegte ouers, of slegte skole nie. Dit kan letterlik vandag in jou kind se skool gebeur.”

Solidariteit Helpende Hand vra mense om te help om die bedelaarsprobleem oor die land aan te spreek.

“Deur nie jou geld deur jou motorruit vir ’n bedelaar op straat te gee nie, maar vir ʼn geregistreerde organisasie wat op volhoubare wyse bedelaars help, is al ’n goeie begin. Helpende Hand ondersteun met die #geeREG-veldtog ʼn rehabilitasiesentrum, Moeggesukkel, waar jong mans gehelp word om van die strate af te kom. Hier kry hulle ’n nuwe begin.

“Hulle word geleer wat dit is om hard te werk en ’n bydrae te maak aan die samelewing. Elke dag word jong mense teruggegee aan hul families. Dit is families wat al moed verloor het en baie moes opoffer vir ʼn kind wat hulle oneindig liefhet. Deur bedelaars en dwelmverslaafdes te help, voorkom ons die armoede van ’n groot groep jong kinders wat nie in dwelms sal verval as dit nie so geredelik beskikbaar is nie,” het Van der Westhuizen bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Niks sal help terwyl SA ñ regering het wat meer steel as wat hy werk skep nie
Elke mens in SA kon al gehelp gewees het van 1994 af tot nou as dieANC EN KADERS nie SA so besteel het nie HULLE HET DIREK VAN DIE ARMES GESTEEL

Eish ·

Alles goed en wel maar die twee genoemde organisasies is n druppel aan die emmer en konsentreer slegs op twee probleme, jongmense en rehabilitasie. Wat van die 600 000 verarmde blankes oor die land en die 7500 wat jaarliks bygevoeg word tot die getal?
Ons benodig blanke plakkerskampe of sentrums van laaste hoop waar diegene wat altyd goed genoeg was en n bydrae tot die samelewing gemaak het, met waardigheid kan bly todat hul omstandighede verbeter het. Ons mis die hele omvang van die probleem in sy totaliteit.

Leon ·

Ek ry al die afgelope 10 jaar dieselfde pad werk toe en merk op dat daar letterlik beroepsbedelaars is. Die man bedel in dieselfde omgewing vir 10 jaar lank al. Het daar letterlik in 10 jaar nog nooit een enkele geleentheid oor sy pad gekom om weg te breek van bedel af nie. Of is bedel sy werk soos wat my werk, my werk is. Dit is wat ek doen vir ‘n lewe en dit is wat hy doen vir ‘n lewe?? Ek hou van my werk en hy hou van sy werk. Ons altwee werk vir ‘n inkomste. Helpende hand weet julle dalk, is ek dalk te erg?

Lorraine ·

Jy’s reg Leon. Mense wil nie werk hê. My pa het ‘n ou man by ‘n robot eendag gekry en vir hom gevra of hy elke dag daar is. Ja sê die oom vir hom. My pa het sy eie besigheid gehad en vir hom gesê hy tel hom m.ogg op en sal hom weer terugbring aangesien hy “werk” soek. Die volgende dag kan jy net raai wat het gebeur… Die ou man was spoorloos en het seker ‘n ander plek gehad om te staan. Dalk het hul spesifieke plekke op spesifieke dae om te staan :-) Ek kry die idee dat dit makliker is om te ontvang as om by te dra tot die samelewing se werkersklas

honourable member ·

Daar word nie meer werk geskep nie so hoe wil hulle armoede beveg. Hierdie mense is te besig met hulle power fights. Die land is in n groot gemors maar lyk my nie hulle dink so nie.

CHRISTA ·

Ek het ook al bedelaars by ‘n robot gevra om in my tuin te kom werk. Ek sal hulle BETAAL en KOS gee!! Hulle was nie geïnteresseerd nie!!

SMR ·

Wel gedaan Solidariteit Helpende Hand! Ek het een jaar in Plett gekuier. Oral was plakkate op wat mense vra om nie vir bedelaars geld te gee nie. Jy kon ‘n boekie koop met kaartjies. As iemand by jou bedel, dan gee jy ‘n kaartjie en jy is verseker dat jy iemand op ‘n positiewe manier help. Die kaartjie het vir hulle kos en slaapplek gegee. Wat Solidariteit doen is ‘n meer langtermyn oplossing. Dankie!

Johan. H. ·

Eers as ons n regte Krimeneel vrye regering het sal ek ooiet weer daaraan dink om werk te skep of enige bydrae temaak, Praat nou nie van my my bydrae by afriform en ander afrikaanse wit instansies nie.

Aaitog! ·

Ek help 2 broers by verkeerslig naby my deur vir hulle gereeld brood, melk, seep ens. gee. Die een broer is baie erg gestrem. Hulle het my al pertinent gevra om liewer nie geld of n vleispastei te gee nie want die brood en melk hou langer. Hulle vra ook vir seep om te kan was. Ek maak liewer so n verskil as om vir organisasies te gee en die geld kom nooit by die regte mense uit nie. Daar is net te veel korrupsie selfs met heelwat welsynsorganisasies.

ECT ·

#geeREG is nou wel seker ‘n eerbare veldtog, maar ek glo in my eie veldtog …. en dit is #geeNIKS!!!

Spreuke
GAAN NA DIE MIER.
(Danie)

In Spreuke 6:6 sê juis: “Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys! Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.”

Nou ja …. wat sê mens meer? Ek werk hard om my ou salarissie te verdien elke maand, maar met stygende lewenskostes, kan ek skaars “make ends meet”. Ek is egter te trots om te gaan bedel in die straat. Ek wurg, maar ek WERK!!!

Eish ·

Armes is nie almal lui nie.
Dieselfde Boek waaruit so lustig aangehaal word sê ook die volgende:
Lukas 12:33
” Verkoop julle besittings en gee aalmoese;”
Psalm 9:19
” Want die behoeftige sal nie vir altyd vergeet word, die verwagting van die ellendiges nie vir ewig verlore gaan nie.”
Spreuke 31: 8-9
” Help liewer die mense wat nie self hul saak kan stel nie. Wees jy hulle stem. Kom op vir die hulpelose. Sê jou sê sodat die regte dinge kan gebeur. Sorg jy vir die armes en die onderdruktes. ”

Die probleem met ons is suiwer selfsug, en die vyand weet dit. Onthou wat Jesus vir die ryk jongman gesê het, nadat hy gesê het hy onderhou die wet. Gaan en verkoop alles wat jy het en gee dit (Nie vir die kerk of enige organisasie nie) vir die armes en jy sal n skat in die hemel hê.

snoefie ·

as alles aan uitlanders uitgedeel word, wat bly oor vir die gewone Suid Afrikaner? jy jan nie eers meer n winkel gaan oopmaak nie, want daar is n chinees oo elke hoek dan nog iral tussen in ook. watse “special skills” vat dit dat hulle toegelaat word? hulle gemors word ingevoer en dan slaap hulle nog in hulle winkels ook. kry bbbee afslag op munisipale dienste en dra dus bitter min tot die kand se ekonomie by. jaag hulle terug china toe.

Lodewyk ·

Stel `n perk op kinder toelaes. twee miskien drie kinders per gesin. op die oomblik het hulle meer as een kind vaarvoor daar `n toelaag geeis word. dit verminder die staatskas se geld en die bevolking groei net en word meer. dit om die toelae te kan eis.

zeno ·

Ja, ek stem saam, stel perk op kinders. Hoeveel Sassa uitbetalings word gedoen vir die doel, Dogter kry baba,pos dit na die Ma, Sassa betaal en nie lank dan is dit weer so. Ek glo in die land is daar vir elke mens `n werk of werkie vir die wat WIL WERK.

Handy ·

Goeie inisiatief, die probleem het begin toe hulle VAT van die een en vir die ander gee, wat beteken dié van wie gevat is, sit nou sonder ‘n inkomste en heenkome want BEE verhoed hulle om weer werk te kry. Tweedens skep die staat nie nuwe werk soos hulle belowe het nie, en raak die massas ongeduldig. Derdens word die grense steeds oopgegooi vir WERKLOSE mense om oor die landsgrense heen hierheen te stroom. ‘n Land wat nie vir sy ‘locals’ werk het nie, kan HOE werk verskaf vir onwettige immigrante, of selfs wettige immigrante? Vierdens word die kwessie van blanke armoede onder die mat ingevee, niemand wil daarvan weet nie, dit word nie erken nie, dit word ook nerens opgeteken waar dit enige aandag trek sodat daar georkestreerde hulp verleen kan word nie. Individue moet maar sorg, want netnou ‘offend’ jy as dit nie vir alle kleurgroepe is nie. Tog word daar duisende rande se goed in townships ingedruk sonder dat enigiemand ooit ‘n probleem met kleur het. ARMOEDE het geen kleur nie .. daar is swart en bruin en wit wat tans hongerly, maar daar word net een groep uitgesonder wat nog altyd die ontvangers van welsyn was. Dit is goed as daar beheer is maar TE VEEL beheer keer dat die hulp by almal uitkom.

Vermeende ·

Daar is genoeg werk in SA, die grootste demper op wekskepping is regerings wat die pupliek afhanklik van hom maak om te oorleef (as jy nie reg stem nie dan gaan jy honger)
Enige regering of party wat geld links en regs wil uitdeel as n mensereg om armoede te wil bekamp is in die proses om stemme te koop, dit sluit die DA ook in.
Skep n klimaat waar inkomste jou harde werk beloon en nie die straf is nie dan sal SA weer kan groei.

Koop by klein besighede ·

Ja hou op bedelaars geld gee, en koop by klein sakeondernemers, plaaslike besighede.

Wagter ·

Die plaaslike besigheid en klein ondernemers is twee keer duurder en se diens is op dieselfde vlak, so hoekom na hulle gaan ?

Koop by klein besighede ·

Nee, in meeste gevalle is kleiner besighede se pryse en veral diens beter, jy moet joe oe oopmaak. Die groot nasionale en multinasionale besighede manipuleer jou om te dink hulle is goedkoper. Hulle druk net ons eie entrepreneiurs uit besigheid.

hendrik ·

Wat van 17000000 parasiete wat elke maand n mooi bedrag (sassa) kry.

Oosie ·

Meer as 90% van die kommentare fokus op die kommentator se eie vertolking van die probleem en ‘n sommige is so oppervlakkig dat ‘n mens net kan lag vir die absolute onkunde en gebrek aan insig van sommige mense. Dankie Helpende Hand, julle doen wonderlike werk en het immers erens begin. Soos gewoonlik het julle eers uitstekende huiswerk gedoen en kan daarop voortgebou word!

Michelle ·

My stem gaan vir ECT, hier is instansies sal liewer nie die name noem nie wat daardie wat jy gee vir hul eie doeleindes gebruik. Ek gee nie geld vir een op straat nie, ons het ook 2 broers wat by verskillende plekke staan, as dit donker word le hy saam met ander kleuriges onder ‘n boom voos gedrink. Ander loop en gom suig, ‘n ma wat net vir die gemak in ‘n rolstoel sit en ‘n kind vashou terwyl 4 klein kinders onder 5 op ‘n besige straat tussen voertuie bedel, trap jy die vrou uit dat die pad te besig is vir die kleintjies slaan sy rolstoel op en gaan op ‘n ander hoek. Hier is kinders ouderdom tussen 11-15 steel goed van ‘n voertuie af om dit te verkoop vang jy hulle dan dreig daardie kind jou met ‘n mes soos hul se baie street wise. Kla die ouers aan laat hulle gestraf word want hulle het dit geskep. Vir die ouer een op straat sien jy dat hy vra kan ek jou voertuig was vir kos nee hy wil net bedel, en hul word net meer. Wat het geword van geen kinder arbeid maar mense verkoop alle snert op straat en hul kleintjies ook vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.