‘Geestesongestelde’ glo deur polisie doodgeskiet

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 49-jarige man, wat glo geestesongesteld was, is in ʼn polisiekantoor in Durban, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, het gesê die oorledene, Sihle Nkumbi, het glo polisiebeamptes by die KwaDabeka-polisiekantoor aangeval en eiendom beskadig. “Nkumbi, wat geestesongesteld was, het glo een van die polisiebeamptes met ʼn skerp voorwerp gesteek toe hulle hom tot bedaring probeer bring het.”

Mchunu het gesê volgens die polisiebeamptes moes hulle uit selfverdediging optree en Nkumbi is doodgeskiet. Nkumbi se familielede het ná Maandag se skietvoorval buite die polisiekantoor betoog en op antwoorde aangedring.

Volgens Mchunu sal daar ʼn volledige ondersoek na die voorval gedoen word. “Ons is baie besorgd oor hierdie ongelukkige verwikkeling waar ʼn man, wat glo geestesongesteld is, sy lewe verloor het. Ons wil ʼn beroep doen op die gemeenskap om kalm te bly terwyl die ondersoek na die voorval aan die gang is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ladybug ·

Geestesversteurdes hoort in die groendakkies nie op straat nie. Dit was al die jare so, maar ja, na 1994 het alles uit mekaar geval! Moordenaars kry R50 borg, Verkragters kry parool, rowers ontsnap met hulp van binne die tronke en polisieselle … lekker land hierdie!

Tammy ·

Hierdie man moes in n inrigting versorg word en nie op straat loop en kwaad doen nie. Hulle bly verniet in inrigtings wat die regering vir hulle voorsien en eet verniet. Waarom was hy nie waar hy hoort nie. Neem die betogende familie in hegtenis hulle stook oproer aan wat tot nog skade aanleiding kan gee. Of is dit hulle reg????

Charlene ·

Net een vraag.. Hoekom was hy uit op staat en nie in `n inrigting nie. Daar is mense wat ek glo regtig geestelik siek is – wat nie moor en verkrag nie. Dan is daar die wat voort ploender en moor en verkrag en mense aanval soos wt hulle wil en dan is hulle verskoning hulle is gestelik siek, “Nee, jy is dan siek in die kom en mal” Ek het nie simpatie met die man nie, sy family ook nie – hulle het geweet hy is nie “lekker” nie en hulle het hom die state laat invaar. Ek hoop net die polisie is ok wat hy aangeval het.

Ai tog ·

@ Ladybug ek stem saam met jou elkeen doen net soos hy leke voel dit word net erger by die dag. Harteloos, gevoelloos dit gaan my verstand te bowe as iemand dood gemaak word vir ‘n cellphone en die dodetal raak al hoer en daar word niks gedoen van die hoer gesag af nie absoluut niks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.