Gehalte van vraestelle ‘verbeter merkbaar’ – Umalusi

skole matrieks matriekeksamen

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding, het die bekendmaking van die 2021-matriekuitslae goedgekeur en sê daar is ’n merkbare verbetering in die algehele gehalte van vraestelle wat vir die afgelope matriekeksamen opgestel is.

Onverwerkte punte vir meer as die helfte van die vakke is vanjaar aanvaar, hoewel 28 van vakke se punte opwaarts aangepas is.

Umalusi is tevrede dat daar geen sistemiese ongerymdhede plaasgevind het wat die geloofwaardigheid van die eksamen in die gedrang kon bring nie. Tóg het daar sommige onreëlmatighede in die skryf en nasien van vraestelle opgeduik.

Dié onreëlmatighede sluit in voorvalle van ongemagtigde of vroeë toegang tot vraestelle by eksamensentrums in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die vraestelle van lewenswetenskappe en landbouwetenskappe is spesifiek in dié gevalle geraak.

Daar was ook weer geïsoleerde voorvalle van groepe leerders wat by mekaar afgekyk het.

Umalusi sê dié leerders se uitslae sal nie bekend gemaak word nie, hangende verdere ondersoeke deur die departement van basiese onderwys en verifikasie deur die raad.

Die raad het ook gewaarsku dat daar ernstige gevolge wag op “leerders, onderwysers of amptenare”, sou hulle skuldig bevind word.

Só is vakke aangepas

matrieks-wiskunde-affies-seuns-2017-10-27-01

(Argieffoto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media)

Altesaam 67 vakke is vir standaardisering aan Umalusi voorgelê wat die departement van basiese onderwys se Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-)eksamen betref.

Hiervan is die onverwerkte punte van 35 vakke (52% van vakke) aanvaar. Altesaam 28 vakke is opwaarts (42%) en vier vakke afwaarts (6%) aangepas.

Wat die onafhanklike eksamenraad (IEB) se eksamen betref, is die onverwerkte punte vir 44 vakke (68% van vakke) aanvaar uit die 65 vakke wat vir standaardisering voorgelê is. Die punte van 14 vakke is opwaarts aangepas en die punte van 7 vakke is afwaarts aangepas.

“Afgesien van sommige onreëlmatighede wat geïdentifiseer is tydens die skryf van eksamens, was daar geen sistemiese onreëlmatighede wat aangemeld is, wat moontlik die geloofwaardigheid en integriteit van die NSS-eksamen en die IEB in die gedrang geplaas het nie.”

Umalusi het ook geen wydverspreide ongerymdhede gevind wat die geloofwaardigheid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Omvattende Assessering (Sacai) se eksamen in die gedrang kon bring nie. Enkele administratiewe foute het wel hiér ingeglip.

Dr. Mafu Rakometsi, hoof- uitvoerende beampte van Umalusi, het Dinsdag daarop gewys dat die Covid-19-pandemie ’n belangrike rol in die afgelope akademiese jaar gespeel het en dat die matriekklas van 2021 die eerste matriekgroep was om die gevolge van die pandemie vir twee agtereenvolgende jare te beleef.

Die groep het dus meer akademiese ondersteuning as hul voorgangers benodig, het Rakometsi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jill Hill ·

Gehalte van vraestelle verbeter dalk maar die uitlsae beslis nie.

Dirk Mostert ·

O, beslis. Die slaagsyfer sal oudergewoonte 1% hoer wees as die vorige jaar.

Rooikopheks ·

Hoe kan jy goeie uitslae afwaarts aanpas? Die wat hard geleer het se punte moet verlaag word? Dis absotuut onregverdig!

piet ·

Dit gebeur op universiteit ook. Die dosente sorg gewoonlik dat die tendens van vorige jare gehandhaaf word anders word daar vrae gevra oor die standaard (te moeilik of the maklik). Ek het ‘n vak op universiteit gehad waarvan die slaagsyfer minder as 30% was die vorige jaar. Die dosent was uitgetrap deur die dekaan hieroor en hy het vir ons so gese. Beste wenke wat ek ooit ontvang het voor ‘n eksamen.

Swerwer ·

Eish ek is dom. Hoe is die slaagsyfer bepaal as daar onverwerkte punte vir meer as die helfte van die vakke is en dan 28 van vakke se punte opwaarts aangepas is. Wie het gebaat by hierdie gehalteversekering?

Kobus ·

Dis Covid, afstand tussen mekaar is 1.5m maar hulle kyk af? Hoe?

007 ·

Maw 70% matrieks het geslaag, die res kon nie eers 30% haal nie. En die wat dit wel gehaal het ken net 31% van hul werk. Dan glo ek daar is heelwat wat darem 50% gehaal het, wat dan net die helfte van hul werk geken het. Hoe moet ek nou skoolverlaters in diens neem wat net die helfte van hul skoolwerk geslaag het? So dan betaal ek ook net 50% van hul salarisse.

Dirk Mostert ·

Die verlaging in standaarde is ‘n wereldwye tendens. Die term is “dumbing down”.

JohanR ·

My gooiste hoekom speel daar soe met die punte? As die leerling darem nie 75% sien nie dan gaan skryf matriek tot jy 75% kry. Selfs 50% is swak swak swak……hierdie land gaan sit, as hy nie al sit, met 30 jaar van dommes!

Thelsa ·

Die swak matriekuitslae word in die werkplek weerspiëel waar hulle ook teen 35% funksioneer en 100% se salaris verwag.

Jaco ·

Die gehalte van die papier waarop die vraestelle gedruk is, het seker verbeter, maar die res….
Gaan luister net hoe praat nogal slim Afrikaanssprekende leerders Afrikaans: dis deurspek met Engelse woorde en uitdrukkings soos “awesome” en “ek love dit” en die alewige “ek doen”.
Dié sogenaamde “onderskeidings” van deesdae, is waarskynlik maar gelyk aan so 65-70% in die ou SA se standaarde.

Rooikopheks ·

En dan kan hulle nie eers woorde reg spel nie, laat staan nog lees en verstaan.

Pablo ·

Sit hulle net deur. Die hele onderwys stelsel is n grap. Alles moet verniet wees en daar is geen toelatings vereistes vir universiteite en Kolleges meer nie.

Harley Davidson ·

Dit is lagwekkend,hoe speel jy met onderwys wat jou land se toekoms gaan bepaal ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.