Geheime stemming: Baleka Mbete moet jawoord gee

Speaker Baleka Mbete. Foto: AP Photo/Denis Farrell

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope naweek gesê hy het ’n e-pos na Baleka Mbete, speaker van die parlement, se kantoor gestuur om ’n beroep te doen op haar gewete en te versoek dat sy die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma by wyse van ’n geheime stemming toelaat.

Dit volg ná hoofregter Mogoeng Mogoeng se uitspraak om die geheime stemming se besluit oor te laat aan die parlement en dus Mbete.

Guido Urlings, nasionale veldtogbeampte vir AfriForum, sê die finale besluit oor die geheime stemming lê nou by die speaker.

“Terwyl AfriForum nie oortuig is dat ’n geheime stemming wel tot ’n suksesvolle mosie van wantroue in die president sal lei nie, sal dit eens en vir altyd vir Suid-Afrikaners wys of daar ’n Jacob Zuma-probleem of ’n ANC-probleem in die land heers,” sê Urlings.

AfriForum sê hy glo dat ’n geheime stemming alle lede van die parlement sal toelaat om te stem volgens hul gewete, sonder vrees vir nagevolge en verteenwoordigend van die belange van hul kiesers en nie dít van hul politieke meesters nie.

Die organisasie het lede van die publiek aangemoedig om AfriForum se webwerf te besoek en ’n e-pos aan die speaker van die nasionale vergadering te stuur, wat haar vra om ’n geheime stemming tydens die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma toe te laat:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann Marx ·

En net hier gly Afriforum van die wal af in die sloot…..”om beroep te doen op haar gewete”? Sy kan nie laat haar “gewete” haar lei nie…..Dink daaroor: As sy NIE die geheime stemming toelaat nie, gaan almal haar beskuldig dat sy pro JZ is, en hom beskerm deur hom in plek te hou…en as sy die geheime stemming toelaat en hy oorleef dit nie….gaan hy en sy hele faksie dit op haar uithaal. Dit gaan interessant wees om te sien hoe sy haarself uit hierdie een gaan uitkry….maar by die vorige vrae-en-antwoord sessie het die alpha male alreeds mooi vir haar laat verstaan dat hy sewe mosies van wantroue oorleef het (met oop stemming) en dat dit nie nodig is om “dinge te verander nie”.

Basson ·

Ongelukkig skep die proses van ‘n geheime stemnming ‘n presedent wat ons erg kan benadeel in die toekoms – bv ‘kom ons hou nou ‘n geheime stemming oor grond, of om die grondwet te wysing’, ens ens.

Die proses kon voorkom gewees het as die ANC ondersteuners die durf gehad het om openlik op te staan vir wat reg is nie.

Sw ·

Goeie standpunt van Afriforum. Hoe meer paphandjies die ANC vir Zuma hanteer, hoe meer kom hulle onder verdenking.

SêNet71 ·

My gevoel is dat sy nie ‘n geheime stemming gaan toelaat nie, want as JZ uit is, is sy uit. Soos JZ tereg gesê het, hy het al hoeveel mosies van wantroue oorleef het, en hy gaan die “geheime stemming” ook oorleef bloot omdat hy “iets” op almal het. Hulle kan nie bekostig dat JZ nie meer koning kraai op sy eie mishoop nie.

John ·

Die ANC swaai altyd alles tot hul voordeel. Sou Zuma weer ontkom, soos dit nou sekerlik sal gebeur na soveel tyd verspil is, sal dit of as nutteloos afgeskryf word of net tot die voordeel van die ANC aangewend word. Die speletjie van beloftes, indien die ANC eengesind is, ken ons mos. Groot buit word nou nagespoor wat die partylede se oe laat blink. Vergeet van die mitiese verhaal dat die glo vryheidsbeweging so ‘n edele groepie met hoe morele waardes was met wonder-leiers en dat die kwaliteit weer sal herleef onder die ‘edele’ Zoeloe-Z’e …
ISIS glo ook dit bevry die mensdom van al wat sleg is en wil dmv moord en plundertogte ‘n edele kalifaat tot stand bring wat aan hul naaste glo hemelse rykdom en geluk sal bring.

Rupert Ashford ·

Dit verg nie hierdie besluit om te weet watse probleem ons het nie. Zuma is nie in 2007 verkies en sit nie waar hy sit oor hy so besonders is nie. Die ANC het nog baie soortgelykes waar hy vandaan kom.

Nico ·

Sy sal dit nie toe laat nie.Al die groot koppe sal gone wees wonder watter land vat hulle.

Scalla ·

Ten minste die helfte van kopdoek se salaris moet aan die regters oor betaal word want hul doen haar werk aangesien sy nie bevoeg is daarvoor nie. Dit is kommerwekkend om te dink sy moet so belangrike besluit neem.

Alida ·

Haar en die OB se salarisse moet aan die Regters betaal word want hulle doen hulle werk vir hulle. Useless verby !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.