Drie groot advertensieborde, wat die gek skeer met die ANC en die e-tolstelsel, is vandeesweek deur ʼn anonieme persoon of instansie langs Johannesburgse snelweë opgerig, het The New Age Vrydag berig.
Op die advertensieborde staan daar in wit op swart: “E-tolls. Proudly brought to you by the ANC”.
Die permanente strukture waaraan die advertensies opgerig is, behoort aan die buitemuurse advertensiemaatskappy, vanTill Outdoor. Die agentskap het geweier om te sê wie vir die advertensies betaal het en voer aan hulle het ‘n vertroulikheidsooreenkoms onderteken.
Die advertensieborde is langs die N3- en N1-snelweg opgerig.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Wel die ANC se Sanral het elke dag yslike groot advertensies oor e-tol in die koerante so hoekom kan iemand nie maar ‘n reuse advertensie langs die paaie aanbring nie. Wag en kyk teen more gaan die ANC wie dit ookal gedoen het hof toe sleep en dwing om die advertensies te verwyder. Hoera vir die mense wat dit aangebring het, moet nie dat die spul ANC julle intimideer nie
Mooi man! Give those men Bells!!!
Wens ek het die tipe geld gehad, dan het ek nog meer sulke borde opgerig!!!! Baie skerp!
Het gisteroggend ook gesien, net voor jy by Boksburg kom, het dit vreeslik geniet! LOL
Wel gadaan 10 uit 10 vir julle. dit is puik.!!!!!!!!!