Geheimsinnige stene in KZN toe blote kwarts

ʼn Groep vroue wat vroeër op soek was na diamante by KwaHlathi, KwaZulu-Natal. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die geheimsinnige stene wat mense na ʼn heuwel in KwaZulu-Natal laat stroom het in die hoop dat dit diamante is wat hul lot gaan verander, is toe blote kwarts.

Duisende mense is na KwaHlathi buite Ladysmith op soek na die stene wat aanvanklik deur ʼn veewagter ontdek is.

Maroela Media het vroeër berig foto’s en video’s van kristalstene wat soos diamante lyk, het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei en talle mense is na die gebied met die droom van rykdom.

Die stormloop het die regering genoop om ʼn span geowetenskaplikes en mynkenners na die gebied te stuur om monsters te versamel.

Die uitslae van die toetse het die delwers se drome gekelder.

“Die toetse het onweerlegbaar gewys dat die stene wat in die gebied ontdek is, nie diamante is nie,” lui ʼn verklaring van die regering.

“Wat ontdek is, is kwartskristalle.”

Die waarde van die kristalle, wat nog nie bepaal is nie, sal “baie laag” wees in vergelyking met diamante, lui die verklaring.

Die gebied waar die stene gevind is, is naby ʼn plaat vulkaniese rots genaamd doleriet, “wat nie in ʼn sone is waar diamante voorkom nie”.

Die diamantstormloop het die sosio-ekonomiese probleme van mense in die gebied benadruk, lui die verklaring, en plaaslike amptenare het onderneem om iets te doen aan die griewe wat inwoners oor veral die gehalte van paaie en toegang tot water tydens die besoek onder hulle aandag gebring het.

Die regering het ook ʼn beroep op mense gedoen om die gebied te midde van die derde vlaag Covid-19-infeksies te verlaat, terwyl die agteruitgang van die omgewing ook as rede vir dié oproep voorgehou is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

marius ·

Waarom het mantashe nie al op dag een soontoe gegaan nie ? Kyk hoe gaan daar belasting geld gebruik word om die mense te help . Hou maar dop .

Stephen ·

Nou wag ons op betogings omdat dit nie diamante is nie. Op n meer ernstige noot. Kwarts kan nogal n aanwysing vir Goud wees waar metale teenwoordig is in areas met kwarts

SwartBees ·

Oor n paar dae lees ons van n Ghupta myn wat daar delf en op diamante, goud EN steenkool af gekom het.

Pieter ·

Goud en doleriet is nie maats nie. Eerder goud en ‘n kwarts aar in ‘n ou tektonies aktiewe gebied.

Jr ·

Any fool knows diamonds are formed under pressure “deep in the earth”. Eish mens kan sien die pass rate is 30%

Francois Le Cochon ·

Ja, 150 km diep, en dit neem miljoene jaar om “opgestoot” te word na die aard oppervlak.

Jan Seerot ·

Geologie 101. Eerste semester, eerste week. Mineralogie. ‘n Geologie student kon maar gaan kyk het. Nie ‘n span mynkenners en manne van die ou “Opname” nie. Dis so maklik soos dit. Ek kon dit op foto’s sien.

Ek kan maar net dink hoe my ou Proffies lag en in my geestesoog sien wat hulle vir hulle studente beduie op die 1 : 1 000 000 kaart wat teen elke muur in die Departement van Geologie hang.

Francois Le Cochon ·

Die fotos wat ek gesien het, het my meer laat dink aan mense wat toesak op ‘n vragmotor wat sy vrag verloor het. Nie aan myners nie.

Misky ·

Van daai mense het honderde kilometers ver gereis, werk bedank en sak en pak op die gebied toegesak…… Nou wat nou en gaan hulle maar terug waar hulle vandaan kom of bly en plak hulle nou maar, want is platsak?

Francois Le Cochon ·

Op die plek plak en dienslewering ” demand”.

Francois Le Cochon ·

Tata my chance, tata my millions!!. As hulle 154 jaar vroer was, en in Kimberley omgewing, dan sou dit ‘n ander verhaal gewees het!

Jacobus ·

So, die ANC verkoop al jare lank hulle beleid as wonderlik!Wat is die verskil?

Pieter ·

Was kwarts te wagte. Indien dit piriet was, het hulle geglo dit is goud. Die wereld IK-kaart bly ‘n wonderlike vonds.

James ·

VREK snaaks!! Ai, Afrikane bly maar goed vir ‘n goeie giggel.

Hennie ·

Die de Beers het reeds al die diament velde in hul beheer. So, daai ma wat gedink het sy gaan gou ryk word en haar kinders in ‘n privaat skool sit (gewoonlik blanke onnies daar), sê droom is in sy peetjie in! Wanneer gaan julle leer?

Anoniem ·

Grapjas! Hoe kan hul noual sê dat die waarde gaan laag wees. Die “kwarts” moet mos eers ontleed word. Laat die klomp dit maar bymekaar maak en aan die regering terugverkoop as dit iets werk is, dan kry hul ten minste iets voor die regering weer alles voor hul neuse weg raap.

SjN ·

Hoekom word daar nie teen hulle opgetree nie, waar is die nodige prospekteerpermitte, lisensies, waarborge ens, of geld dit net vir die eerlike burgers.

marius ·

As dar wittes toesak op Schweizer en begin grawe is hulle binne 10 minute in die selle . Glo dit maar .

Rian ·

Wittes sou, en het nie, dasr toegesak nie weens ooglopende redes (logika).

Belinda ·

Eerlikwaar is ek eintlik speit dat dit nie waardevolle stene is nie, sodat die minder bevoorregte mense ook net hul stukkie in die son kon kry. Ek gun dit vir elke Suid Afrikaner. Dit sou die ekonomie mooi ge”boost”het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.