‘Gek om staatspensioene te gebruik om ondernemings te red’

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die VF Plus het in ʼn verklaring gesê hy sal alles moontlik doen om te verhinder dat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) die staatsdiens se pensioenfonds (GEPF) gebruik om openbare ondernemings mee te finansier.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare ondernemings, sê die VF Plus het reeds met senior regslui vergader wat bereid is om hof toe te gaan om enige misbruik te stop. Die regslui sal onafhanklik optree namens die pensioenarisse.

Alberts sê dit is “onlogies en gek” om die geld van die staat se pensioenarisse te gebruik om gekaapte openbare ondernemings te probeer red.

“Die VF Plus is trouens van mening dat die direkteure onder wie se toesig die openbare ondernemings gefaal het, persoonlik moet instaan vir geldelike verliese, selfs al moet hul eie pensioene daarvoor gebruik word. Ons sal dus nie toelaat dat dieselfde met die GEPF gebeur as wat met Transnet se pensioenfondse gebeur het nie,” sê Alberts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

John ·

?..of is die VF+-ooms eerder nou net bekommerd oor hul eie pensioene want daar is nooit veel getoi oor die talle ou spoorwegwerkers wat reeds graf toe is weens stres oor armoede nie? Dalk luister die ANC net en gryp dan die wit volk se polisgeld en belas witkapitaal en -winkels omdat dit so winsgewend is en swartes eerder daar koop as by die smerige bazaars vol rotte en vliee op ou kos. As ‘n regering die afgrond kies as uiteinde kan niemand hul stop nie en die goue raadgewers is gewoonlik van elders met paleise gereed vir die dag wanneer hul eie rioel deur hul eie diefwerings instink….

hiehie ·

Maak nie saak wie se pensioengeld dit is nie, dit bly verkeerd. En ai hul probeer darem nou iets doen. Jy kon miskien ook n toi-toi gereel het v spoorwegwerkers??

Domvraag ·

John die VF+ is nie staatsamptenare nie en hulle pensioengelde vorm nie deel van die regering se pensioenfonds nie.

Pieter ·

John,
Die VF+ is die ouens wat nou al vir jare veg om die Transnet pensioenfonds te red. Doen die moeite en gaan kyk self wie dryf die saak voor jy sulke ongegronde stellings maak.

Hendrik ·

Ek dink dat as jy ‘n onderwyser is wat aftree en jy ondek dat jy nie meer ‘n pensioen fonds het nie dat dit nie net ‘n grap gaan wees nie.

Ander Annie ·

John, daar is baie swart en wit amptenare se pensioen in GEPF. Dit is fundamenteel verkeerd om aan GEPF te raak. Dit is eintlik krimineel. Dankie aan die VF+ wat dit aanspreek.

jakoba ·

Nou wat wil jy he moet hulle doen. Handjies gevou sit en hulle self bejamer soos jy of opstaan en iets omtrent die saak doen. Jy is gou om te sit en vinger wys, wat het jy al gedoen wil ek graag weet.

m ·

En die GEPF sweer hoog en laag ons pensioen gelde is baie veilig. …….Kry heeldag omsendskrywes wat ons “gerusstel”……

Johann Marx ·

Hoe kry jy ‘n politikus om sy hande uit die kasregister te hou? Jy maak seker daar’s NIKS in nie, om mee te begin….

marous ·

Dis die laaste nessie met nog ‘n klein eiertjie wat hulle kan plunder …die res le op die grond uitmekaar gepluk. Wat ‘n spul verorberaars….

jan van riebeeck ·

dit is asof hierdie regering alles in sy vermoe doen om n burgeroorlog te ontketting ?

Skelm ·

Staatspensioene is gebruik om die duur TOLHEKKE in Gauteng te bou ook, dit is hoekom die regering nie kan ingee op die afskaffing van tolgelde nie. Hulle vra nie eers die persone wie se pensioene dit is nie, en nou wil hulle SAL ook nog ‘red’ met pensioengeld. Almal vertel altyd hoe ‘veilig’ mense se pensioene is, NIE in die huidige regering se hande.

Elsa ·

ons sal nie vrees nie… God is groter as die regering wat aan die tuimel is….

al ·

Presies – ons moet nie toelaat dat die Bose ons lewe regeer deur vrese nie. Ons moet ons oë en fokus gevestig hou op die Here, dan sal Hy ons paaie gelyk maak.

Eish ·

Dis op pad. Indien dit nie nou moontlik is nie sal wetgewing vinnig deurgevoer word ten einde dit moontlik te maak.

Twakkie ·

En politieke korrektheid keer ons nou al sedert 1994 om te erken dat tradisionele Afrika nooit die kuns van welvaart-skepping en waarde-toevoeging bemeester het nie. Hulle gebruik alles op wat beskikbaar is, vat ander mense (stamme) s’n as hul eie op is en beweeg aan as daar niks meer naby is om te verbruik nie. Dit is hoe tradisionele Afrika al millennia funksioneer. Zuma is ‘n tipiese tradisionele Afrikaan, daarom begryp hy en sy ondersteuners glad nie al die nonsens van “korrupsie” nie. Kry die geld uit hulle hande uit op enige moontlike manier, al moet almal op vroee pensioen gaan, want dit sal gesteel en opgevreet word so seker as die son opkom. Enigiemand wat enigiets anders van tradisionele Afrika en dus die ANC glo, ken nie die geskiedenis soos ek dit nog op skool geleer het nie.

Mathys ·

In Bfn word GEPF-gelde gebruik om ‘n woonbuurte (Race Park) te ontwikkel langs die Thaba Nchu-pad (N8)

Oom Piet ·

Wat sê die Grondwet van die pensioenfonds , is hulle by magte om dit te doen volgens die reëls van die fonds.

Johann Marx ·

Hahahahaha, Oom Piet? Van wanneer af steur enige Afrika analfabeet hom aan “reels van die fonds”? Afrika politici het hulle eie reëls…..en dit lyk as volg: Als wat ek het is myne, en als wat jy het is ook myne….en as jy ‘n problee daarmee het dan elimineer ons jou…en dan is als myne. Wat verstaan jy nie?

Scalla ·

Is die etol stelsel nie met staats pensioengeld gefinansier nie?

KP ·

Die geld is alreeds gebruik om SANRAL te finansier en niemand kon hulle stop nie. Siener van Rensburg het voorspel dat die pensioen fondse gaan leeg loop.

Freud ·

Hoeveel van my pensioen is nou weer in die etoll stelsel in?

Godeon van Dyk ·

Ek betwyfel dit of die bestaande wetgewing wat die GEPF reguleer so iets toelaat/ magtig. Indien hulle nuwe wetgewing indien om hul hande op ons geld te lê moet Afriforum, die VF+,ens hulle grondwethof toe vat want dit sal neerkom op gewettigde diefstal.

Wonder ·

Ek dink nie siener het n pensioen geken nie.Hy was miskien goed maar nie so goed nie!

Helizna ·

Again, Mike Smith called it! mikesmithpoliticalcommentary.blogspot.co.za/2017/05/how-zuma-plans-to-radi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.