‘Gek om staatspensioene te gebruik om ondernemings te red’

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die VF Plus het in ʼn verklaring gesê hy sal alles moontlik doen om te verhinder dat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) die staatsdiens se pensioenfonds (GEPF) gebruik om openbare ondernemings mee te finansier.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare ondernemings, sê die VF Plus het reeds met senior regslui vergader wat bereid is om hof toe te gaan om enige misbruik te stop. Die regslui sal onafhanklik optree namens die pensioenarisse.

Alberts sê dit is “onlogies en gek” om die geld van die staat se pensioenarisse te gebruik om gekaapte openbare ondernemings te probeer red.

“Die VF Plus is trouens van mening dat die direkteure onder wie se toesig die openbare ondernemings gefaal het, persoonlik moet instaan vir geldelike verliese, selfs al moet hul eie pensioene daarvoor gebruik word. Ons sal dus nie toelaat dat dieselfde met die GEPF gebeur as wat met Transnet se pensioenfondse gebeur het nie,” sê Alberts.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
John

?..of is die VF+-ooms eerder nou net bekommerd oor hul eie pensioene want daar is nooit veel getoi oor die talle ou spoorwegwerkers wat reeds graf toe is weens stres oor armoede nie? Dalk luister die ANC net en gryp dan die wit volk se polisgeld en belas witkapitaal en -winkels omdat dit so winsgewend is en swartes eerder daar koop as by die smerige bazaars vol rotte en vliee op ou kos. As ‘n regering die afgrond kies as uiteinde kan niemand hul stop nie en die goue raadgewers is gewoonlik van elders met paleise gereed vir die dag… Lees meer »

m

En die GEPF sweer hoog en laag ons pensioen gelde is baie veilig. …….Kry heeldag omsendskrywes wat ons “gerusstel”……

Johann Marx

Hoe kry jy ‘n politikus om sy hande uit die kasregister te hou? Jy maak seker daar’s NIKS in nie, om mee te begin….

marous

Dis die laaste nessie met nog ‘n klein eiertjie wat hulle kan plunder …die res le op die grond uitmekaar gepluk. Wat ‘n spul verorberaars….

jan van riebeeck

dit is asof hierdie regering alles in sy vermoe doen om n burgeroorlog te ontketting ?