Gekaapte Durban-voertuig gevind

Foto: Facebook via Reaction Unit South Africa

Foto: Facebook via Reaction Unit South Africa

Die voertuig wat Donderdagoggend in Mount Edgecombe in Durban gekaap is, is sowat 12km verder verlate in die Waterloo-gebied gevind.

Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die voertuig wat gekaap is, is ʼn Isuzu-bakkie en nie ʼn vragmotor soos voorheen deur paramedici aangedui nie.

“Die bakkie was op pad om goed af te lewer toe ʼn wit Toyota Corolla met drie insittendes die bakkie van die pad af gedruk het. Die kapers het uitgespring en op die bakkie losgebrand,” het Gwala gesê.

Foto: Facebook via Reaction Unit South Africa

Foto: Facebook via Reaction Unit South Africa

“Die verdagtes het die bakkie, wat vol gelaai was met sigarette, asook die veiligheidswag se vuurwapen afgeneem en op die vlug geslaan.”

Gwala het vorige berigte bevestig dat een veiligheidswag op die toneel dood is, terwyl ʼn tweede veiligheidswag ook skietwonde opgedoen en na ʼn hospitaal gehaas is.

Aanklagte van moord, poging tot moord en kaping word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.