Gekaapte man kritiek in veld gelos

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man in sy 30’s is Woensdag in die vroeë oggendure met verskeie skietwonde in ʼn veld in Johannesbrug opgespoor.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die man is na bewering vroeg Dinsdagaand gekaap, waarna hy verskeie kere geskiet en in die veld langs die Goue Hoofweg in Vlakfontein gelos is.

“Die man was in ʼn kritieke toestand toe paramedici hom ondersoek het. Hy is op die toneel behandel en na ʼn hospitaal geneem,” het Bodasing gesê.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

charmaine ·

“Die polisie ondersoek die saak” Newsflash….die saak gaan bly ondersoek word en so word ons maar net nog n statistiek….Awesome land die.

Johann ·

Is dit nie ongelooflik dat met elke voorval van absolute disrespek vir lewe; dit al hoe nader aan jouself kom? En dit sluit in die polisie se “erns” tydens die “ondersoek”. En in statistieke glo ek NIKS…so; behalwe ons normale kommentare; wie op hierdie platform het al SELF in n geweer se loop moes vaskyk? Begin by my: 2 KEER!

Asjas ·

En die probleem word vererger deurdat maak nie saak hoeveel veiligheids maatreels jy instel of nakom nie, jou dag is jou dag in die land.
Ons doen alles, is selfs bewapen ten alle tye maar ons het in Mei maand maar net nog ‘n statistiek geword. Die lot word al hoe makker en wreeder want hulle sien daar gebeur niks en die regering doen die moeite om hulle te vang nie. Hulle doen die ANC se “vuil” werk en die buit is seker hul beloning!!

Wern ·

Ons moet maar net hard word, nie maklike teikens nie. Hulle raak al erger ja maar ons moet maar net nog harder word, geen keuse.

Koningskind ·

Staan stil ..vra God sê beskerming vir elke asemteug elke sekonde so vir elke Koningskind. Wees nugter paraat versigtig en nederig.

Cherokee ·

En dan verskyn Vicky Momberg vandag un ‘n Randburgse hof oor ‘rassistiese uitsprake’.

Ongebalanseerd ·

Ja, en dan word rassiste daar uitgesoek deur van ons eie DA lesers, wat doodstil was in gister se artikels waar witmense die slagoffers van rassisme was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.