Gekaapte Maserati steeds skoonveld

‘n Maserati Levante-model, soortgelyk aan die een wat gesteel is. Foto: Via Car and Driver

Die luukse Maserati-sportnutsvoertuig, wat Saterdag in ʼn skynbare ontvoeringsdrama by ʼn handelaar in Johannesburg gesteel is, is steeds skoonveld.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale woordvoerder van die Gauteng polisie, het Sondag aan Maroela Media gesê die voertuig is nog nie gevind nie en die soektog na die voertuig en die verdagtes duur voort.

“As enigiemand die motor opmerk, moet hulle die polisie op 0861 10111 bel,” het Makhubele versoek.

Maroela Media het vroeër berig twee werknemers van die Maserati-handelaar in William Nicolweg, Bryanston, in die noorde van die stad, is omstreeks 11:00 ontvoer toe een van dié luukse voertuie glo by die handelaar gekaap is.

“Die werknemers was op die perseel en op pad om twee voertuie se brandstof te gaan opvul, toe vyf gewapende mans hulle genader het. Die mans het die werknemers gedwing om agter in ʼn wit Maserati Levante te klim en het met hulle weggejaag, terwyl die ander voertuig op die perseel agtergelaat is,” het Makhubele vroeër gesê.

Die werknemers is sowat ʼn uur later in die veld in Bassonia in die suide van die stad vrygelaat. Die werkers is ongedeerd en kon daarna hul werkgewer bel en hulp ontbied.

Die mans het hul verklarings aan die polisie afgelê toe hulle veilig terug by hul werkplek was.

Die polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Mickey Ritter ·

Hoe dan nou? Op die tv nuus van gisteraand is dan gewys en berig dat die motor gevind is ?

Phillip ·

Dagsê Mickey

Ons volstaan met die inligting wat ons vanoggend by die polisie ontvang het.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Rabes ·

Hierdie voertuie het ‘n ingeboude gps en kan opgespoor word deur die data op te volg. Ek dink die probleem lê by die ondersoek beamptes.

Ai tog! ·

Dit is nou as die GPS al gedownload was, want die klient moet die GPS download.

Mariska ·

Duidelik is die voertuig op bestelling gesteel. Ek dink hy is lankal oor die grens.

Eben ·

Stem saam. Die persoon wat hom koop gaanbaie stupid wees. Parte word verkoop as jy die onderstelnommer verskaf en die motor sal ook op Maserati se rekenaars as gesteel sirkuleer. Die voertuig sal een of ander tyd onderhoud nodig hê. Die kaping klink ook verdag.

niel ·

ja so n duur motor moet defnitief n opsporingstelsel hê wat skrik vir niks

Chaparel ·

Rabes, ek stem saam met jou d.m.v die GPS sisteem wat ingebou is kan die voertuig opgespoor word en dit maak nie saak waar in die wereld dit is nie.
Net die fabriek waar die GPS ingebou is weet waar in die voertuig dit is so die diewe sal die hele voertuig moet strip om agter te kom waar die GPS is en ek glo nie die diewe is lus daarvoor nie.

Scalla ·

Inside job, versekering sal seker weer moet hoes , hoop hul ondersoek deeglik

Mads ·

Ek het juis Saterdag vir my kinders ‘n mooi spierwit Maserati uitgewys wat in Brooklyn Mall se parkeer area gestaan het. Mens sien hul mos nie gereeld nie.

Sputnik ·

Sjoe! Daar kan sekerlik nie só baie van dié motors op ons paaie wees nie. Almal wat dieselfde kleur Maserati ry sal woes onder verdenking wees. Dié motor is waarskynlik op bestelling gesteel en soos iemand gesê het, reeds oor die grens. Hul probleme sal seker kom wanneer hulle onderdele benodig.

Tanya ·

Hulle kan maar begin om intern te soek. Hulle sal die antwoorde kry by die werkers.

Johan ·

Ek wonder of did nie dark die nude amps motor van Tony Yengeni gaan wees nie. Hy is most die Maserati man.

Marsha ·

Hoekom loof die Masrati – handelaar nie ‘n R100000.00 beloning uit nie.Kan jou waarborg die motor sal binne 10 minute gevind word.

Adriaan ·

Ek lees tussen die lyne!!! ‘Skynbare ontvoeringsdrama’. Dink die polisie het bietjie meer kwytgeraak aan Maroela. hahaha

John ·

… is beslis nie op die skoonveld nie, tensy die gras lanklaas gesny is… Met die baie ryk-armes deesdae op die paaie kyk niemand meer verbaas op as ‘n nuwetjie verby suis nie…

wicus ·

LEES EK REG OF MOET EK MY SKOLGELD TERUG VRA, 5GEWAPENDE MANS EN 2WERKNEMERS IN DIE MASERATI …………………………………………………………………………………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.