Gekaapte motor met verkoolde liggame in Hartbeespoort opgespoor

Hartbeespoortdam (Argieffoto: Wikipedia)

Hartbeespoortdam (Argieffoto: Wikipedia)

ʼn Motor wat in Gauteng gekaap is, is Sondagoggend met twee verkoolde liggame in die motor in Hartbeespoort opgespoor.

“Owerhede het die motor verlate aangetref,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie in Noordwes, aan Maroela Media gesê. “Die twee liggame is onherkenbaar verkool.”

Volgens Mokgwabone was die twee persone op die agterste sitplek van die motor.

Mokgwabone sê dit wil voorkom of een van die slagoffers ʼn skietwond het, maar ʼn nadoodse ondersoek sal dit bevestig.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Mokgwabone kon slegs bevestig dat die motor in Gauteng gekaap is. Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, het aan Maroela Media gesê die polisie kan nog nie bevestig dat die motor oorspronklik in Lonehill, Johannesburg, gekaap is nie. Daar is gerugte dat ʼn pa en seun in Lonehill gekaap is en dat dit moontlik hulle liggame in die motor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Drieks ·

In ons mooi land, waar die dood ons so wreed in wag. Swak regering….

Gerhard ·

Hierdie was so min n kaping as wat ek n kaper is…hierdie ou het iewers iemand kwaad gemaak…maak dit nie minder tragies nie

Irma ·

Dit laat my wonder hoe effektief die strafreg stelsel is. Sou die barbare nog so opgetree het as hulle geweet het dat hulle aan die pen gaan ry? Dan is hulle nog lafaards ook, want hulle kom in groepe by weerlose ou mense aan, en val mense in voertuie aan, en doen die wreedste dinge aan die mense.
Tree opgevoede mense so op? Ek wonder wat sou hul reaksie wees as hulle so aangerand en gemartel word. Papbroeke…… dit is wat hulle is, onopgevoede papbroeke

Sarie ·

Ek is redelik skepties oor die “kaping”. Waarom die 2 persone vermoor & op die gekaapte motor se sitplek los? Hulle wou duidelik nie die “motor” gehad het nie… Daar is moontlik ‘n ander motief vir DIE moorde.

Elmarie ·

Dis net so tragies dat hierdie moorde en gruweldade nie end kan kry nie onskuldige landsburgers word onnodig uitgewis vir wat?? Mense ons land is besig om in n bloedbad te verval en die regering gee nie n vlenter om nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.