ʼn Vragmotor wat 24 ton staal vervoer het, is in Brakpan in Gauteng opgespoor.
“Die berede eenheid van die Ekurhuleni metropolisie het Saterdagoggend vroeg die vragmotor op die R23 Heidelberg-pad opgespoor,” het hoofsuperintendent Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni metropolisie, in ʼn verklaring gesê. “Die vragmotor was verlate en die vrag was steeds op die voertuig.”
Die gekaapte bestuurder is in Balfour in Mpumalanga afgelaai. Die eienaar van die vragmotor het bevestig dat sy bestuurder Saterdagoggend vroeg in Vereeniging gekaap is voordat hy in Balfour afgelaai is. “Die 24 ton rolle staal op die vragmotor is nie gesteel nie,” het die eienaar gesê. “Die oortreders het vermoedelik kouevoete gekry en die vragmotor verlaat.”
Hulle kon seker nie ‘n afsetmark vir daai vrag kry nie. Moontlik nie eens geweet wat dit was toe hulle dit gesteel het nie