Gekanselleerde fees kos Tshwane miljoene

tshwane Ongeveer R65 miljoen van die Tshwane-metropool is verkwis nadat die TribeOne-musiekfees Donderdag gekanselleer is, berig City Press.

Verskeie plaaslike en internasionale kunstenaars sou volgende naweek by dié drie dae lange fees in Cullinan opgetree het. Een van die musikante wat sou optree tydens die fees, die Amerikaanse sanger Nicki Minaj, is ‘n nie-terugbetaalbare fooi van R10 miljoen betaal.

Hoewel die stad die organiseerders van die fees wil dwing om voort te gaan met die fees, is die organiseerders van mening dat die stad nie voldoen aan die infrastruktuur-vereistes nie.

Die munisipaliteit het voorheen bekendgemaak dat daar R40 miljoen spandeer is op infrastruktuur-opgraderings by die gronde in Cullinan waar die fees gehou sou word.

Die woordvoerder vir die TribeOne-fees, Derrick Kaufmann, het aan City Press bevestig die stad het R25 miljoen aan die organiseerders betaal om die deposito’s vir die kunstenaars te verseker. Die koerant het egter ook berig dat sommige van die kunstenaars nie betaal is nie.

Volgens die munisipaliteit is die saak sub judice en daarom wou hulle nie kommentaar lewer nie. Daar is egter vroeër ʼn verklaring uitgereik waarin die stad sê hulle het moontlik gronde vir skadevergoeding indien die fees nie voortgaan nie.

Die feesorganiseerders en die stad sal Maandag in die hooggeregshof in Pretoria teen mekaar te staan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Amanda ·

Die munisipaliteit kan nie eers ‘n stukkende asblik vervang nie…..en ons krag is op!! Ons liewe president maak soos hy wil so dit is niks snaaks nie

Babs ·

Daars nie geld vir die noodsaaklike dienste maar daar is geld om te mors op ‘n fees. Kry julle prioriteite reg. Vandat die naam na Tshwane verander het werk alles agteruit.

Andre Visagie ·

Diefstal en korrupsie het al in dermate die werkswyse geword, dat die polisie by voorbaat ‘n diefstal/korrupsie dossier kan open. Dit sal die “ondersoekers” verlos van die versoeking om toe te smeer! Indien die mislukte musiekfees R65 000 000 kos, wat sou “n werklike fees gekos het? Dit is mos nou ondenkbaar dat ons mense saam met hierdie verkwisters een nasie moet vorm! Gaan julle oos en ons sal wes gaan – dan kan ons sonder bloedvergieting die onverenigbaarheid van die onderskeie volkere in SA kan oplos!

meisie ·

Wat `n belaglikheid!! Hylle kan 10 miljoen betaal vir daai kunstenaars om hier te kom optree, wat in elk geval totaal belaglik is, maar alles om hulle verval!! Hulle sal ook nooit soveel betaal vir ons eie kunstenaars nie, gaan wonder almal wat NOOIT voorheen in SA sou optree nie , staan nou tou om hierheen te kom nie, dit is net omrede hulle nou soveel betaal word!! Hulle weet dat geldmors nou een van ons nasionale sportsoorte is!! Genade waar gaan dit eindig!!

Jurie ·

Watse ge-Tshwane-tshwane is dit met julle??? Het die hof nie al verskeie kere gesê die naam is PRETORIA nie?!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.