Geklede geraamte langs pad gevind

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Geraamte is onder ʼn boom langs die Brandfort-pad buite Bloemfontein in die Vrystaat gevind.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, het gesê die geraamte is Donderdagmiddag deur konstruksiewerkers wat besig is om ʼn heining langs die pad op te rig, gevind. Die geraamte het ʼn beige broek, grys T-hemp en swart Lacoste-skoene aangehad.

Volgens Maroke is daar deur voorlopige ondersoek bepaal dat die oorledene vermoedelik ʼn man is en dat hy al sowat twee jaar gelede dood is. Maroke het gesê DNS-toetse sal gedoen word om die oorledene te identifiseer.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen. Die Parkweg-polisie het enigiemand met inligting versoek om die ondersoekbeampte, ao. Khaile Mathibela, by 082 779 8868 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Michiel ·

2 jaar gelede al oorlede? Niemand het hom gemis? Niemand het gesoek na hom nie? Wat word van die land?

annette ·

Ek stem saam met jou Michiel….mense gee nie meer om vir mekaar nie, nie eers families nie. Hoe kan iemand twee jaar weg wees en niemamd soek hom nie?

HFC ·

Hoe weet jy hulle het hom nie gesoek nie. Daar is baie mense wat soek is en nooit gevind word nie. Hierdie een is wel darem na twee jaar gekry maar moet nou eers vas gestel word watter een van die gesoektes hy/sy was.

Michiel ·

HFC ek saljou sê hokom ek so vra – daar is HOPE mense wat noit ge-eien word nie, gaan kyk by staatslykhuise ou maat. Ek weet ‘n vrou wat soms vir my werk het vertel hoe hul begrafnis gereel het vir ‘n ou swarte wat naby hul gewoon het. Sy familie het ook nooit navraag gedoen en selfs na hy dood is nie eers moeite gedoen om hul te bedank of enigiets nie – so dit gebeur. Ruk terug was daar ook ‘n berig in Maroela van ‘n wit man wat oorlede is en hoehul die familie soek. Niemand het eers moeite gedoen na meer as ‘n week om navraag te doen so hulle het hom nooit eers gekontak of net nou en dan gebel omt e hoor hoe dit gaan anders sou hul geweet het daar is fout en kom soek het. Gaan hoor maar by die polisie hoe gereeld gebeur sulke goed! Mense gee nie om nie, dis ‘n feit. En voor jy slim raak ek sê nie alle mense nie…

nig ·

HFC daar is gereeld mense wie se familie/vriende hul nooit soek nie. Gaan gerus na ‘n lykshuis of polisiestasie en jy sal jou verbaas hoor

Peet Schabort ·

Ek weet van ‘n onlangse geval (verlede Woensdag) van ‘n jongman wat deur sy stiefpa weggejaag is en nou op ‘n ander dorp ronddwaal. Sy ma is goed genoeg vir die stiefpa maar haar kind nie. Hoeveel ander sulke gevalle is daar nog waar selfs eie familie mekaar haat soos die pes.

Eliza-beth ·

Ai Peet, ek moenie sulke goed hoor nie. Kan JY nie maar bietjie aandag aan die kind probeer gee en hom vertel hy is iets werd en dat hy wel geliefd is nie? Ai dis moeilik, dan lees mens van die dogter in Pretoria se selfdood – hoe dink mense om so met ‘n ander te maak? En wat se ma laat toe dat ‘n stiefpa haar eie kind, haar eie vlees en bloed wegjaag?

Peet Schabort ·

Eliza-beth, ek verstaan daar is iemand onderleg in hierdie tipe van dinge wat wel aandag gee.
Ek sal moontlik doen wat gedoen behoort te word maar dit sal nie met oordeel geskied.

Paul ·

En wie sê dis nie ‘n buitelander nie of word daar net aangeneem dis ‘n Suid-Afrikaner.

Marie ·

Op Police Forum Maandae 6uur op Sauk1 is daar vermiste persone wat soek is. Sommige meer as 2 jaar?

V ·

En watse siek pa of stiefpa doen seksuele misdade met sy dogter.!!!!?????Die wereld is absurd!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.