Gekloonde voertuig binne ure opgespoor

Die gekloonde motor is verlede jaar in Pretoria as gesteel aangemeld. (Foto: Verskaf)

Die AfriForum-buurtwag in Hluhluwe en die private veiligheidsmaatskappy Alpha Sekuriteit het Dinsdag binne ure ʼn gesteelde motor met ʼn gekloonde lisensieskyf in dié klein dorpie aan die noorde van KwaZulu-Natal opgespoor.

Dit nadat owerhede al maande lank sloer om die betrokke motor op te spoor. Die motor is verlede jaar in Pretoria as gesteel aangemeld, voordat ʼn ander motoris se motorlisensieskyf gekloon en daarop geplaas is.

Die slagoffer wie se lisensieskyf gekloon is, het glo eers by die polisie om hulp aangeklop. Daar is glo vir haar gesê om eerder nie haar voertuig te gebruik tot die saak opgelos is nie.

Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder, sê die vrou het toe vir AfriForum genader, aangesien sy sedert Februarie sukkel om haar motorvoertuiglisensie te hernu en dus nie die motor kon gebruik nie.

Dit is omdat dié vrou se voertuig volgens die verkeersdepartement onder iemand anders se naam geregistreer is.

Nadat AfriForum hiervan in kennis gestel is, het hulle inligting ontvang dat die gekloonde lisensieskyf op ʼn voertuig in KwaZulu-Natal opgemerk is. Min wetende dat die gekloonde lisensieskyf aan ʼn voertuig geregistreer is wat maande gelede gesteel is, is die burgerregteorganisasie se plaaslike veiligheidstrukture en Alpha Sekuriteit genader om die voertuig op te spoor.

Die voertuig is binne ure gevind en die plaaslike polisie is oor die gekloonde lisensieskyf in kennis gestel. Die voertuig is daarna geskut.

“Dit is ʼn algemene verskynsel dat gesteelde voertuie op slinkse maniere herregistreer word en die lisensieskyf van ʼn soortgelyke motor, wat wettig geregistreer is, dan gekloon word. Die gesteelde voertuie kan dan weer gebruik word sonder dat die lisensie of nommerplaat gekoppel word aan ʼn gesteelde voertuig,” sê Broodryk.

“Dit gaan my verstand te bowe dat ons gemeenskapsveiligheidstrukture en ʼn private maatskappy binne ure kon werk maak van die probleem, terwyl wetstoepassers al maande lank sloer met die saak.”

Die slagoffer, wat liefs anoniem wou bly, het AfriForum bedank vir sy voortgesette pogings om wet en orde in die land te handhaaf.

“Sonder julle hulp sou ons waarskynlik nooit weer ons motor se lisensie kon hernu nie en sou ons elke oomblik wat een van ons die motor gebruik in vrees lewe dat die bestuurder in hegtenis geneem kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Mens mag seker wonder oor sommige polisiemanne…. Veral diegene wat lede van die ANC, EFF en SAKP is..

domheks ·

Vertel die vir ou cele – sy ‘mag’ doen nie hul werk behoorlik nie!

Herman L ·

‘n Verdere bewys dat baie amptenare net daar is om salarisse te kry en nie om hulle werk te doen nie. Afriforum is tops!

Louis ·

Raak ontslae van die polisie en hul ministers en laat privaat sekuretitsmaatskappye hul werk doen saam afriforum dan sal dit baie beter gaan in die land.

Ian ·

Baie mooi. Trots op julle. Hou so aan. Ons het julle baie nodig.

AJ ·

Die motordiefstal sindikaat het lede in die polisie? Wat die ondersoeke dwarsboom?

Miena ·

En wat van die VIN en enjin nommer wat moet ooreenstem? Ai hier is net te veel in die storie aangaande die tipe bedryf wat net nie lekker klink nie. dit gaan my verstand te bowe dat ek sukkel om my eie kar lisensie te hernu en ander mense gaan deur die proses soos n warm mes deur botter

Niklaas ·

Soms wonder ek of daar enige trots oorbly in hierdie SAP mag. Is hul enigste ambisie om sonder teveel probleme of harde werk van hom skof af te kom ?

Shakespeare ·

Dra by mense. Selfs R10 per maand gaan Afriforum baie help.

Frank John ·

Ons leef in ‘n land wat gangsters kingdom is. Die wets toepasers aangestel as die leiers en die maakers van krimineel beskermings wette.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.