Gekoopte onderwysposte: ‘Sadou ʼn giftige invloed op skolestelsel’

Angie Motshekga tydens 'n vorige geleentheid. Foto: DOC

Angie Motshekga tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: DOC

Die DA het gesê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, moet verseker dat die beamptes en onderwysers wat betrokke was by die koop en verkoop van onderwysposte onmiddellik vervolg word.

Motshekga het Vrydagaand laat die sogenaamde “Poste vir kontant”-verslag bekendgestel oor die SA Demokratiese Onderwysunie (Sadou) se omkopery en korrupsie in skole.

Gavin Davis, woordvoerder van die DA, het gesê die party is verheug dat die verslag uiteindelik bekendgestel is, al is dit eers kort voor middernag gedoen. “Motshekga het uiteindelik opgestaan teen die ANC-belynde Sadou. Nou moet sy nog net een stappie verder gaan om te verseker dat die beamptes en onderwysers wat by die 38 voorvalle van die koop en verkoop van onderwysposte betrek word, die volle impak van die reg ervaar,” het Davis gesê.

Die verslag toon hoe Sadou in ses van die nege provinsies beheer geneem het oor die onderwysstelsel en toegelaat het dat militantheid in sy range hoër geag word as professionaliteit. “Dit is tyd dat Sadou se base verantwoordbaar gehou word. Vir te lank al saboteer Sadou ons skolestelsel vir sy eie politieke gewin,” het Davis gesê.

“Ons hoop dat hierdie verslag die katalisator sal wees om Sadou se houvas op skole in agtergeblewe gemeenskappe te breek. Dit is glad nie toevallig dat die onderwys agteruitgaan in die provinsies waar Sadou domineer nie.”

Altesaam 16 aanbevelings is in die verslag vervat, onder meer dat Motshekga al die sake van omkopery en korrupsie na die SAPD moet verwys, dat onderwysers verhoed moet word om ook ampsdraers van politieke partye te wees en dat daar ʼn aparte vakbond vir skool- en kantoorgebaseerde onderwysers op die been gebring moet word. Die verslag stel ook voor dat maatreëls ingestel word om kaderontplooiing in die departement vir basiese onderwys se kantore en in skole te voorkom, en om die magte van skole se beheerliggame te verwyder om aanbevelings vir poste vanaf vlak 2 en hoër te maak.

“Ons sal elke aanbeveling in die verslag bestudeer en ons posisie oor elk daarvan bevestig,” het Davis gesê. “Ons moet veg teen Sadou se giftige invloed op ons skolestelsel, maar ons moet ook seker maak dat die gevolge van die voorgestelde wysigings nie die openbare skolestelsel nog verder verswak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Ja…as skole nie afgebrand word nie; word eie gewin en verryking voorop gestel bó die geleentheid om vir eens die agterstand in opvoeding te oorbrug. Skaam jy jouself nie om terwyl jy blootgestel word aan jou eie korrupte denkwyse; wal te gooi vir presies dit nie? Nog n buite beheer “stelsel” wat die ANC nou lekker in sy eie boude byt. En wie suffer? The “people”…

Stoney ·

Kyk aan hierdie klomp is daar geen salf te smeer nie. Bedrog, bedrog, bedrog. Op elke terrein in hierdie land word daar gesteel, gemoor, noem op. Ek is nou stadig besig om GV te raak vir mense wat maak soos hulle wil. Waar is wet & orde? Kinders gaan skooltoe om te leer nie om elke dag aan ‘n klomp 3de rangse kamma onderwysers blootgestel te word nie. Waar is die kamstige demokratiese reg in hierdie panana republic? Help my reg as ek soos Rip v Winkel aan die slaap was!

Janneman ·

Hier is nou n uitdaging vir die DA en Afriforum!

Noem dit asb by die naam – dit is die uitkoms van n “transformed and decolonised” gemeenskap. Die DA kan dit natuurlik nie noem nie want dit sal swart kieser vervreem wat hulle enigste hoop op groei is. In die proses gaan hulle wit kiesers verloor. Hel, vir wie stem ons en het ons nog enige betekenis in die politieke opset? n verset stem vir die DA en ondersteuning vir Solidariteit se “Ons Bou” lyk vir my ons enigste uitweg in hierdie stadium.

Hoe gaan ons die hoe standaarde en ons Afrikaanse skole behou? My hoop is op Afriforum om n teenfoeter vir die Lesufi’s en hulle ideologiese agendas te vind. Julle kan staat maak op ondersteuning!

uhmmm ·

Moenie dink aan immigreer nie. Die wereld is in chaos en ons het dit nog lekker teen EU state.

Sarie ·

Die een na die ander skaadaal tref ons land. Wie sou nou ooit kon dink dat iemand wragtig met so iets voor die dag sou kom? Waar kry die ou nasie tog al die idees van lieg en bedrieg en om bedrog te pleeg vandaan. Hoekom wend hulle nie hul denkvermoe op ander maniere aan tot voordeel van ons land. Ek se mos al jare vakbonde moes nooit in die land toegelaat gewees het nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.