Geld, bottel whisky om hoës om te koop

Argieffoto (Foto: Pixabay)

ʼn Luitenant-kolonel van die Valke (45), departementshoof van menslike nedersettings in Mpumalanga (51) en ʼn senior lid van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) (52) is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering derduisende rande aan omkoopgeld aanvaar het om ʼn saak te laat verdwyn. Die NVG-lid het ook onder meer ʼn 18-jarige bottel Skotse whisky ontvang.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê na wat beweer word, het die Valke-lid sowat R28 000 van ʼn algehele bedrag van R100 000 ontvang om die saak teen ʼn beskuldigde terug te trek. Die saak is toe by die Valke se hoofkantoor aangemeld en ʼn ondersoek is van stapel gestuur.

In die proses is die senior lid van die NVG ook genader met ʼn soortgelyke versoek om die saak teen dié einste beskuldigde terug te trek. “Die NVG-amptenaar is ʼn bedrag van R5 000 en ʼn 18 jaar oue bottel Glenfiddich-whisky aangebied en oorhandig,” sê Mogale.

Die drie sal na verwagting Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

henndrik ·

Ek is seker dit is baie meer algemeen as wat ons van hoor

Grassie ·

‘n Senior offisier van die Valke en ‘n senior lid van die NVG. ‘n Mens wonder hoe diep loop die stroom van korrupsie, van kriminaliteit, van rampokkery werklik in ons regstelsel. Waaraan word die landsburgers, die gewone mense, die belastingbetalers, ek en jy, blootgestel wanneer ons op hierdie mense moet staatmaak om ons regte te beskerm. Soos met die mense wat die afgelope naweek deur skurke in Witrivier se polisiestasie aangerand is terwyl die polisie goedkeurend toekyk. Is dit dan nie anargie in ‘n redelik gevorderde stadium nie?

JM ·

Korrupsie en anargie het al so deel van die samelewing geword dat baie dit as normaal beskou. Ken nie die verskil tussen eerlikheid en bedrog nie, want ‘n behoorlike opvoeding ontbreek by die meeste. Siek verby!

pompies ·

Nou weet ons ook hoekom adjunk hoof regter Zondo nog nie een van die aangeklaagdes in die tronk kon kry nie, want die NVG en Valke moet die ondersoeke doen en nou ja nou weet ons wat daar gebeur. Ek hoop hoop net Me Bathoi roer hierdie menere goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.