Geld moet terugbetaal word ná korrupsie by tronk

Kutama Sinthumule- korrektiewe sentrum (Foto: Kensani Capital)

Die voormalige adjunkdirekteur by die Kutama Sinthumule- korrektiewe sentrum in Louis Trichardt, Clement Raphalalani (57) en drie maatskappye is opdrag gegee om die geld terug te betaal ná hulle skuldig bevind is op aanklag van korrupsie.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê Raphalani het tussen 2017 en 2018 in sy persoonlike kapasiteit as ʼn aanskaffingsbeampte by die gevangenis met drie maatskappye saamgewerk en tenders aan hulle toegeken om verskillende items teen verhoogde pryse te verskaf.

Die maatskappye sluit in Clemenson Carrier, Pengson Manufacturing en Vhalenda Zwashu Trading Enterprise.

Die beskuldigdes het Woensdag in die Giyani- gespesialiseerde handelsmisdaadhof verskyn:

  • Clement Raphalalani is opdrag gegee om R569 500 terug te betaal
  • Clemenson Carrier moet R369 380 terugbetaal
  • Pengson Manufacturing moet R1 000 000 terugbetaal en
  • Vhalenda Zwashu Trading Enterprise is opdrag gegee om R450 000 terug te betaal.

Die datum van hul vonnisoplegging moet nog bepaal word.

Sake teen ander beskuldigdes op soortgelyke aanklagte duur steeds voort, het Maluleke bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

KB ·

Nog R2 miljoen belastinggeld vermors!
Dis tyd dat die korrupte ANC gaan.

Strandloper ·

Nog n anc sukses verhaal. Die rampoker piet en kie moet gestop word!

Jackie ·

Hoe eet n mens n olifant op? Happie vir happie. Ek hoop hierdie en soortgelyke hofuitsprake is die spreekwoordelike happies van die misdaad olifant in staatsgeledere.

Marthinus ·

Wanneer jy dink jy gaan skotvry weg kom……dan haal oneerlikheid jou in

koos ·

Ek sê mos, die grootste misdadigers loop nog los buite rond. Gaan kyk maar net in die Unie-gebou, as jy wil weet wie dit is. Hierdie is maar net ‘n rookskerm om die aandag van die waarheid af te lei.

Rich ·

Gaan hul net die geld terug betaal en geen tronkstraf kry nie…dis die nuwe SA

Tanniepetoors ·

Ek hou baie van hierdie uitspraak. Hoop daar kom nog duisende sulkes. Pay back the money you thieves!

Johnny ·

Vraag is of die ou afgedank gaan word en of die maatskappye verder mag sake doen met die owerhede . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.