Geld verhaal van maatskappye wat skole teen miljoene ontsmet

‘n Skool word ontsmet. (Argieffoto: Ayanda Ndamane/ANA)

Die spesiale tribunaal het altesaam 49 diensverskaffers wat met die opspraakwekkende skole-ontsmettingskandaal verbind word, beveel om die geld wat deur onreëlmatige kontrakte ontvang is, met rente terug te betaal.

Die spesiale tribunaal het Donderdag bevind die departement het nie die behoorlike verkrygingsprosesse gevolg met die toekenning van kontrakte aan dié diensverskaffers – om skole aan die begin van die Covid-19-pandemie te ontsmet – nie.

Gauteng se departement van onderwys het binne net drie maande R431 miljoen bestee aan die ontsmetting van skole in die provinsie.

Luidens ʼn verslag wat vroeër vanjaar aan die provinsiale wetgewer se komitee vir onderwys voorgelê is, het die departement slegs enkele miljoene vir die ontsmetting van skole begroot, maar meer as R400 miljoen is daaraan bestee, terwyl die lys van diensverskaffers eindelik meer as 200 was.

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het die tribunaal genader om die geld te verhaal. Die tribunaal se statutêre mandaat is om siviele herstelverrigtinge in te stel oor aangeleenthede wat deur die SOE ondersoek word en om toepaslike bevele uit te reik.

Die tribunaal het Vrydag gesê om te verseker dat die winste ten volle bereken en verhaal word, het die tribunaal gelas dat die diensverskaffers ’n verklaring en uiteensetting van hul rekening ten opsigte van hul aanstelling moet indien. Dit is sodat die SOE die waarde van die verkrygde winste kan bepaal.

“Indien die rekeningkunde en die som van die wins deur óf die SOE óf die diensverskaffers betwis word, sal die partye die tribunaal nader vir ’n toepaslike bevel oor aanvullende dokumente soos nodig is,” het die SOE Vrydag gesê.

Die tribunaal het beveel dat die winste binne 15 dae aan die SOE betaal word, sou daar geen dispute oor die rekeningkunde en die som van winste wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

H.A. ·

Ons sal maar sien of die geld met rente terug betaal sal word. Die kaders het goed geskep. Dit kan jare vat.
.

efjy ·

Hier kom nou nog ‘n R200,000,000 rekening vir kommissies en regkostes, en op die ou einde word net R10000 terug gekry.

Lourens CFG ·

En skielik gaan ‘n klomp hulself insolvent verklaar, en geen geld word terug betaal.

domheks ·

Daar sal DADELS van kom. Dagvaar die goed, hoekom met handskoentjies hanteer? Is julle bang vir die skelms?

Wakkerslaper ·

Wonder wat gaan hulle met die geld maak wat hulle kamstig gaan terug vat? Dalk ‘n universiteit of twee bou soos die Boere? O nee wag…. my fout….

Anel ·

Wat van die amptenare wat wat die toekennings gedoen het? Hulle het mos ook ‘n deel gekry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.