‘Geldprobleme’ lei tot tragedie

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn 60-jarige man het Woensdag glo twee mense geskiet voor hy homself om die lewe gebring het.

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Bethelsdorp, suid van Port Elizabeth, plaasgevind.

Volgens Rheeder het die man, Ronald Vogelstruis, glo geweldige finansiële stres ervaar oor die aankoop van ʼn eiendom.

“Volgens die man se vrou was hy nie in ʼn goeie finansiële posisie nie en het hy ook nie vandag goed gevoel nie,” het Rheeder gesê.

Rheeder het gesê Vogelstruis het na bewering omstreeks 06:00 na sy bure naby die Broadway-winkelsentrum gegaan en lukraak op die twee mans, onderskeidelik 40 en 52 jaar oud, begin skiet. Hulle is gewond en moes na ʼn hospitaal geneem word vir behandeling. Die motief vir die skietery is onbekend.

“Ná dié voorval het hy ʼn ander vuurwapen gaan haal en na sy broer se huis gegaan wat sowat ʼn kilometer verder was. Niemand was by die huis nie en hy het homself daarin toegesluit.”

Die polisie is na die toneel en het vir twee en ʼn half uur probeer om Vogelstruis te oortuig om uit die huis te kom.

Rheeder het gesê die polisie het omstreeks 09:00 ʼn skoot in die huis hoor afgaan.

Die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord en ʼn doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die polisie het ook beslag gelê op twee geregistreerde vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

johnny_walker ·

maak nie saak hoe erg dit gaan nie , jy doen mos nie so iets nie , glo in die Here Hy sal jou help en Hy sal die wraak neem , nou moet jy alles oordoen

Anoniem ·

johnny_walker Waar kom jy daaraan dat God wraak neem. God is n God van liefde en Hy bring geen seer oor niemand nie. Hy bring nie eers ernstige siektes oor ons as mens nie, dis goed wat gebeur. Hy bring nie eers moord, verkragtingof wat ookal oor n mens nie. Jy dien verseker n ander God as ek. Ek raak moeg dat mense God die skuld gee vir alles. God gaan jou ook nie uit n situasie help as jy nie jou deel doen nie.

Cheryl ·

Johnny Walker ek dink dis maklik vir mense om vinnig ñ eierjie te lè as hul nie self deur daai finansiële stres gaan nie….en te sè dit was nie nodig nie op daai staduim wat dink jy was vir die man nodig??? Jou antwoord sal seker wees mens gee nie net op nie mens bid en God sal jou antwoord….nou wat as daai man net nie meer gevoel het hy kry nie antwoorde nie….depresie is nie maklik nie jy val al dieper in daai donker gat tot dit te laat is….sy omstandighede sal nie jy of ek weet nie so hoe kan ons as buitestaanders sè “jy doen mos nie dit nie” nee wie is ons om te oordeel???

johnny_walker ·

cheryl ek kan praat want ek was al daar , molestasie , boelie , erge skuld , geen inkomste , uitbuiting , depresie moedverloor , aanranding , al jou vriende verloor ag ek kan seker n dag lank opnoem , die feit bly staan ek het baie dinge verloor maar nooit my geloof in God nie , en dinge gaan nog steeds effens swaar , maar ek baklei nog , want ek weet wat die alternatief is en ek hou ander mense om my in gedagte

Paplepel ·

@Vryheid – Lees Lev.19:18, 2Sam.4:8, Jes.34:8, Jes.35:4, Jer.11:20, Jer.46:10, Eseg.25:14, Rom.12:19

Anoniem ·

Dankie, Paplepel. Ek het net so vinnig aan Romeine 12 vers 19 kon dink. Jy het dit baie deeglik gedoen.

“Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: ‘Dit is my reg om te straf; Ek sal vergeld,’ sê die Here.”

Aj ·

Geld is niks, liefde is alles, vertrou 100% op God en Hy sal vir jou sorg. Hy sal jou ook genees, alles weer nuut maak, jou nuut maak. Hy sal jou help.

KAREN ·

Dis verskriklik hartseer. Ek kan nie dink hoe verskriklik alleen hy moes voel so desperaat dat hy net oorgegee het en einde gemaak het. Glo jy vir my Johnny Walker jy weet niks van sukkel. jou antwoord wys hoe rustig jy nog in jou comfort zone verkeer. Duidelik het jy geen idee hoe hulpeloos mens voel wan jy so magteloos sien hoe alles net “verdwyn” en gewoonlik is die vriende en familie waarop een kan staatmaak eerste. Nee bly liewer stil – jy weet niks …..

Skuld ·

Cheryl,ek stem saam jou. Ekself is n baie erge depressie leier en het al twee keer probeer selfmoord pleeg. Op so n diep donker oomblik dink jy aan niks anders as die dood vir n uitweg. Wat my baie kwaad maak is dat die banke te gou geld leen vir huis koop. Op ou einde is dit jy wat met daai groot premie sit,al het die bank se “finansiele adviseur” jou “gerus” gestel. Ja,die keuse is joune om op die ou einde te maak en jou sommetjies te bereken vir die “badget” om te klop. Ek los die vraag,het die “finansiele advisiseur” sy of haar werk regtig gedoen tot voordeel van die klient.

johnny_walker ·

en ek is jammer , maar selfmoord , en ek ken baie wat selfmoord gepleeg het , is die mees lafhartige en gevoelose daad, want jy maak die wat jou lief het die meeste seer , ek het geen simpatie met iemand wat sy geliefdes so in die gesig skop nie , selfmoord is die topunt van selfsugtigheid , o ek kry so swaar o ek word so getrap , o ek , ek , ek , ek , dit gaan net oor jouself en niemand anders nie , jammer my ou maat maar as jy dink jou lewe is so erg gaan lees bietjie oor die lewe van Christus dan praat ons weer

Adele ·

Ek stem 100% saam! Gaan lewe bietjie in een van die vervolgde lande en probeer ‘n Christen wees! Daar is jou lewe minder werd as jy ‘n hond s’n! Ek het nog NOOIT van een van daardie Jesus-kinders gehoor wat aan depressie ly nie! Hoekom nie? Want “ek” het reeds saam met Jesus aan die kruis gesterf en is dit nie meer ek wat leef nie, maar Jesus in my! So maak nie saak WATSE hel op my pad is nie, ek het net een doel voor oe en dit is Jesus en Sy opdrag!

Michael ·

Ek voel vir sulke mense dit is nie hulle skuld dat die land se ekonomieë deur sogenaamde leiers vernietig word nie nou gaan dit swaar en daai storie van reël met jou debiteure probeer dit en sien hoe ver kom jy dit is n bose kringloop.

Landi ·

Ek se ook, selfmoord is n lafhartige en selfsugtige daad want jy maak die mense wat lief is vir jou bitter seer. Ek het my eie opinie oor depressie, maar ek los dit net daar. Nee jammer die banke gee nie maklik lenings vir huise nie, SKULD, dis meestal hierdie mense wat so maklik persoonlike lenings toestaan wat die probleem veroorsaak met hulle buitensporige rente en dan self die ou wat daai geld gaan leen, as jy regtig al jou inkomstes en uitgawes eerlik verklaar behoort daar nie n probleem te wees nie. Meeste van ons middelklas mense het baie skuld deesdae want die ekonomie is baie sleg maar alles in die lewe gaan oor keuses. Wat ek wil tuisbring, daar is maniere om gehelp te kan word, finansieel, persoonlik, geestelik, moenie net opgee en jou lewe neem nie. Daar is so baie mense wat veg vir hulle lewens en graag wil lewe

LS ·

Ek voel vir mense met probleme en mense wat sukkel en depresief is, regtig ek doen, ek ken al hierdie gevalle en is self deel daarvan. Ek dink net, NIE EEN PERSOON is dieselfde as ‘n volgende persoon nie. Geen persoon kan sê hulle weet presies hoe ‘n ander ou voel nie, want hulle was al daar nie. Elke persoon is uniek op sy eie en sy probleme is sy EIE !!! Mens kan dalk sê dat jy dink jy weet hoe ‘n persoon voel as jy in dieselfde omstandighede was of is, maar jy kan nooit sê jy weet presies hoe die ander ou voel nie. Sterkte aan sy familie en vriende, God sal julle hande styf vashou in hierdie moeilike tyd.

Suzie ·

LS – ek stem saam met jou, Daar mag dalk baie dinge wees wat ooreenstem, depressie ensovoorts, maar daar is tog net daai EEN klein ietsie, wat elke geval anders maak. Dit is so dat die wat agterbly swaar trek, maar selfs dit verskil van mens tot mens se sterkte en geloof.

Se net ·

You will have to walk a mile in this man’s shoes and then perhaps a worthy comment can be made. Just saying…

Madison ·

My man is tans in diep depressie omdat hy nie werk kry nie en dis baie hartseer om hom so te sien en ek bid elke dag dat dit nooit so erg vir hom sal word nie. Sterkte aan die familie

Anoniem ·

Ek wil nie oordeel nie. Wil net as ‘n feit stel: dis vir ons almal baie erg om ‘n geliefde aan die dood af te staan. Die geliefdes wat agterbly nadat iemand hom/haarself om die lewe gebring het, kry selfs nog swaarder.

t ·

Ek was ook al daar. Ek het met die pistool in die hand gesit en gedink, “Drie skote, dan is al die probleme opgelos.” MAAR ek het op daardie oomblik ook aan die stukkie gedink van die twee mossies. In Matheus êrens. Nie een sal iets oorkom as dit nie die wil van die Vader is nie. Ook het die gelofte by my opgekom wat Hy gemaak het dat Hy my nooit meer sal beproef as wat ek kan hanteer nie. M.a.w. die moord/selfmoord gedagtes is my manier van uit”chicken”. Ek het opgestaan, die pistool gaan bêre en die Here gevra om my asb. te wys wat moet ek volgende doen. Dit was 25 jaar gelede. Nog ELKE keer daarna het Hy my die pad gewys sodra ek myself uit die besluitneming uitgehaal het.
Ongelukkig is dit nie altyd moontlik vir ‘n persoon in depressie om die wonderlike liefde van die Here te aanvaar en dan te ervaar nie. Jy moet die pad met Hom daagliks stap dan sal die swaar tye nie traumaties wees nie. Hy SAL jou die weg wys voor die donker oorneem.

Piet Pompies ·

Afwyking van geestes toestande is ‘n siekte net soos liggaamlike siektes, partykeer maak medisyne verkoues en griep gesond, ander kere gaan die siekte deur sy volle siklus en die persoon word nie gesond. Geestestoestande is dieselfde, medikasie werk maar nie altyd en soos enige siektes kies ons nie om siek te wees, omstandighede veroorsaak dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.