Geldskieter glo met Sassa-kaarte, ID’s betrap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Geldskieter van Matolesville in Roodepoort, Johannesburg, is by ʼn Absa-kitsbank in die middestad van Roodepoort in hegtenis geneem nadat sy met 46 Sassa-kaarte, R12 748 in kontant en 49 identiteitsdokumente betrap is.

“Die vrou word tans by die Roodepoort-polisiestasie aangehou en sal Maandag in die Roodepoort-landdroshof verskyn vir haar aansoek om borgtog,” het die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) in ʼn verklaring gesê.

“Ons doen ʼn beroep op die publiek om bedag te wees en hul Sassa-kaarte en persoonlike kodes veilig te hou en nie met enigiemand te deel nie. Hou ook in gedagte dat dit onwettig is om jou Sassa-kaart vir enige geldskieter te gee in ruil vir ʼn lening.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Bets ·

Ek Weet van n man hier by ins rond wat die mense skuld gee en hy hou al die kaarte by hom. Betaaldag trek hy die geld en gee hulle n toelae?

Christa ·

Rapporteer hom, Bets!! Jy kan hom selfs “anoniem” rapporteer. Jy hoef nie jou naam te gee nie!!! Moenie stilbly nie, dan kom hy weg met finansiele moord!!!

Johanna Geustyn ·

Waar meld mens hierdie onwettige praktyke aan? Ek weet van iemand wat dit ook doen.

Sarel Strydom ·

SASSA het ‘n annonieme lyn waar dit aangemeld kan word so niekan jy dir annoniem aanmeld by die SAP se Stopmisdaad. Hierdie geldskieters opereer onwettig en buit mense uit As jy weet meld dit aan.

joanie ·

Waar meld mens dit aan???hier n cashloan wat dit ook doen met pensionarisse,

Yolandy ·

Hi, ek weet daar is baie mense wat pension kry, ek weet van n cash loan plek, my vraag is net hoekom besluit die pension trekker self om aansoek te gaan doen by sulke plekke vir skuld as hulle al klaar weet hulle het nie genoeg nie. Baie keer as ek in die middag verby die plek loop dan staan hulle in lang rye om n lening te maak. As jy pension min is moet eenvoudig nie by sulke plekke gaan staan en skuld maak in die eerste plek nie. Julle kry al klaar swaar moenie dit vir jouself swaarder maak nie al is dit hoe min

ken benoni ·

Geen borg vir hierdie geldskieters.
Meld hulle aan by STOP CRIME.

John ·

SA is ‘n unieke land waarin dooies salarisse verdien, pensioen trek en inkopies doen, gaan stem en HOP-huise besit. Spoke ry ons swartsakke weg en word in hospitale verpleeg. Medisyne beland in spoke se dooie hande wat dit weer aan ander spoke verkwansel. Inderwaarheid ry talle spookmotors met dooie bestuurders op ons paaie rond, dikwels onder die invloed van spookagtige visoene. Spoke kom en gaan oor ons grense met vele name en bankrekenings. En dan is daar natuurlik die vele voorvaderspoke in die parlement… ‘n riller…

Jaco Grobler ·

Ek wonder of die nie die primêre rede is hoekom ons bejaardes afgemaai word nie, daai is ‘n 50 tot 60 k ‘paycheck’. Elke maand..

nannie ·

Het al hoeveel keer agter bejaardes gestaan in die winkels of bank en as hul hul geldjies trek dan vat die persoon wat saam is alles uit hul hand. Verslae uitdrukking op die gesiggie. Maak my baie opstandig.

Leon Nel ·

Daar is verskei NPO`s wat mense mense. vir wie hul kamma goedsmoeds help met verblyf wat die mense gebruik en aanhou vir hul SASSA, mense word gestuur vir sielkundige evaluasie, word as Bi-poler geklassifiseer, dan word aansoek gedoen vir SASSA, die NPO`s is in besit van mense se kaarte en trek maandeliks honderd duisende, elke sent van die mense. Wonderlike liefdadigheids gebaar van NPO`S. Arme mense het geen ander heenkome of keuse as om dit net te moet aanvaar nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.