Geldwa buite Malelane opgeblaas

Foto's: SAPD

Foto’s: SAPD

Nagenoeg 10 rowers het Dinsdagoggend ʼn geldwa van die veiligheidsmaatskappy G4S naby Malelane in Mpumalanga opgeblaas.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die rowers met ʼn onbekende bedrag geld op die vlug geslaan. Mohlala het gesê personeel van G4S het kontantgeld by ʼn winkel in Schoemansdal opgelaai. “Hulle was op pad na Malelane, toe swaar gewapende, gemaskerde rowers op hulle losgebrand en hulle gedwing het om stil te hou.”

Volgens Mohlala is die geldwa opgeblaas nadat die veiligheidswagte ontwapen is. “Die booswigte het daarna die kontantgeld in die voertuig gesteel en in ʼn Mazda CX7 en ʼn Ford Ranger gevlug.”

Mohlala het gesê albei voertuie is later in ʼn suikerplantasie langs die pad gevind. Die Mazda is glo in Edenvale in Gauteng gesteel.

“Die veiligheidswagte het ongedeerd van die voorval afgekom. Die polisie is op die spoor van die vermeende rowers,” het Mohlala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

DPJ ·

Dit is opmerklik dat veiligheids wagte niks oorkom nie maar dat die geld vermis word.

Terblanche ·

Die CIT Personeel het nie n kans teen die aanvallers nie, hulle was “out numbered” en wie in sy regte verstand sal die 10 rowers aanvat wat gewapen is my R5 / Springstof……..

CIT rowwer het in die afgelope jare so wreed geword, enige tee stand van die CIT Personeel, en hy word eenvoudig dood geskiet.

Net vir jou info. Een van die CIT Personeel is beseer. Hy het skrapnel in sy rug.

DPJ ·

Dit is opmerklik dat veiligheids wagte niks oorkom nie maar geld is wag.

Gesiggie ·

Ja hierdie was n te maklikke rooftog?? sekerlik moes die veiligheids wag?? voorsorg tref vir sulke tippe gevalle?? Hoe maklik het hul weggekom met die rooftog??? laat mens wonder???

Retief ·

Mens sien gereeld die kamtige “veiligheidswagte” met yslike vuurwapens waar met groot geld gewerk word, maar dan wonder jy wat se opleiding het hierdie mnense ooit gehad om in ‘n noodsituasie op te tree. Die kanse is myns insiens eerder dat die geld én hul wapens afgeneem word. Die hele storie klink in elk geval verdag.

anon ·

n paar jaar trug in limpopo ok n geldwa beroof di barbara di wagte vermoor was n inside storie wagte dood gebrand het 2 van di wagte geken

Terblanche ·

Wonder net hoeveel van die mense wat klagtes en kommentaar lewer oor sekuriteits wage wat soos hulle dit noem
“betrokke en inside info “is , bereid sal wees om die werk te doen… om dag vir dag hulle lewens in gevaar te stel om teen die beste van hulle vermoë besighede se geld te beveilig. Ek glo regtig daar sal nie een wees wat dit sal doen nie. Moet dus nie die mense kritiseer wat bereid is om dit te doen nie.!

Charlene ·

Shoe maar die mense is onsensetief en kan maar lekker oordeel…
Ek is baie bly die wagte is ongedeerd. Dit gebeur baie min. Maar die rowers het die geld gesoek. As die wagte iets moes doen en hulle vermoor is, sou die geld hulle terug bring na hulle families toe?? Ek is baie bly die wagte het nie probeer baklei nie. Dis net geld hulle lewe is meer werd vir hulle families. Die hefte van die geld is klaar gespend.
Die meeste van ons sit lekker in ons kantore, onder aircon veilig… die mense is elke dag op die pad (en die laaste paar dae in bloedige hitte) nou kom so baie en oordeel net. Sies skaam julle!!!!!!!

Ahooy ·

Ek is baie opgewonde!!! – Die polisie is op die rowers se spoor!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.