Geldwa buite Polokwane aangeval

Die polisie se forensiese-eenheid op die toneel. Foto: Verskaf

Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn groep swaar gewapende mans wat ʼn geldwa Maandagoggend buite Polokwane beroof het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die groep verdagtes het omstreeks 05:35 op die geldwa op die pad tussen Polokwane en Matlala toegeslaan.

“Die groep het vanuit ʼn wit Isuzu-dubbelkajuitbakkie en ʼn blou Rav4 op die transitovoertuig geskiet. Hulle het die geldwa se bande stukkend geskiet en die voertuig tot stilstand gedwing,” het Ngoepe gesê.

Die aanvallers het hul gewere op die veiligheidswagte gerig en springstof gebruik om die kluis in die geldwa oop te blaas. Hulle het met ʼn onbekende bedrag geld van die toneel gevlug.

Twee van die veiligheidswagte het geringe beserings tydens die voorval opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het intussen ʼn spesiale taakspan aangewys om die groep verdagtes op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Daan ·

Die is in my oe toegelate misdaad en kla. Wanneer jy aangehou gepeper word met misdaad gaan jy verseker voorkomende maatreels in plek kry, en met hierdie misdaad gladnie, die gebeur oor en oor oor en oor … Baie baie verdag hierdie geldwa aanvalle.

Willie ·

Ek ruik iets so groot soos riet rotte… Maak nie sin nie?

Willie ·

Ek was in die lugmag, n groot ondersteunings basis, an sllan krag…

Mike Stander ·

Die Weermag waarna jy verwys, bestaan nie meer nie…

Michael ·

Kyk op die foto. Wie stuur n geldwa op so n verlate pad alleen met so n klomp geld.????

Diklizzy ·

Uhm, jan publiek? Hulle wat kontant benodig en spandeer……. Hoe stel jy voor word die geld vervoer van punt A na punt B? Per moltrein dalk?

Alweer ·

Hulle het inligting gekry dat daai voertuig daai tyd van die oggend op die roete sou wees. Wat anders het die rowers daai tyd op n Maandag oggend daar gesoek? Gaan kyk hoe die son op kom? Als is inside jobs, net soos die voriges.

Stem Alweer saam! ·

Stem Alweer saam!
Alles in die binnekringe beplan ja.

Natasha ·

Na soveel rooftogte hierdie jaar al, laat hulle nog steeds hier voertuie geld aflewer sonder enige beskerming? Hoekom huur hierdie geldgiere geld maatskappye nie gewapende konfooie nie, of is dit net makliker om van die versekering te eis want dan hoef hulle nie meer geld uittegee nie. Ons wil nie eers meer ry waar daar geldwaens is nie, want hulle kan enige tyd begin skiet en dan is ons in die middel. Ons het nou die dag verby ‘n geldwae gery wat 4 gewapende karre agterhom gehad het, 4 mans in ‘n kar met groot gewere.

Neewat ·

Neewat julle wil nie luister nie, julle moet maar voel. Ondersoek die DYE PACKS dat die moorde en aanvalle ‘n einde kry, maar iemand maak erens nog ‘n ton geld uit die misdade uit . dis hoekom dit nie sommer gestop kan word nie.

Bok Bok ·

Nou weet ons waar kom al die geld vandaan waarmee hulle stemme koop en kospakies uitdeel.
Daarom sal eers rustiger word na die verkissing.
Die taakspan van transito rooftogte kan dan ook op die been kom!!!

Wim ·

En weereens skiet die wagte nie n skoot nie. As n man met sprinfstof na my voertuig toe aankom skiet ek hom. My lewe is mos ingevaar. Net te maklik.

Michael ·

Ja Wim jy is reg .nooit hoor jy die wagte skiet terug nie. Ek weet nie wat is die wapens wat hulle gebruik nie maar dit lyk na n swaar kaliber en hulle skiet nooit terug nie 2 dinge hulle weet nie hoe om daai wapen te gebruik nie of dis vir hulle gese moet nie terug skiet nie julle kry julle stukkie van die pie vanaand

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.