Geldwa in Rosebank beroof

Argieffoto.

Argieffoto.

Drie gewapende rowers het Woensdagoggend op ʼn geldwa in Rosebank losgebrand en die wagte van ʼn aansienlike bedrag geld beroof.

“Drie verdagtes in ʼn BMW het omstreeks 09:00 die geldwa op die hoek van Oxford- en Bakerweg genader en begin skiet,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het die geldwa se agterkant oopgemaak en ʼn aansienlike bedrag kontant gebuit voor hulle gevlug het.”

Die polisie is steeds op soek na die rowers. Niemand is tydens die aanval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.