Geldwa in verkeer opgeblaas

Foto: African News Agency

ʼn Transitovoertuig is Saterdagoggend tydens ʼn rooftog op die R24 naby Barbaraweg aan die Oos-Rand ten aanskoue van motoriste opgeblaas.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn onbekende hoeveelheid rowers het op die voertuig toegeslaan en die veiligheidswagte uit die voertuig gedwing. Hulle het daarna plofstof gebruik om die voertuig op te blaas voordat hulle met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug het.

Volgens Dlamini het die rowers ook een van die veiligheidswagte se vuurwapen geroof.

Foto: African News Agency

Werner Vermaak, kommunikasiebestuurder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied, maar die veiligheidswagte was nie beseer nie. ʼn Motoris wie se voertuig deur ʼn stuk metaal getref is nadat die transitovoertuig opgeblaas is, is ook deur paramedici ondersoek, maar was ook ongedeerd.

Intelligence Bureau SA het ʼn video* van die voorval op sy Facebook-blad gedeel. In die video kan gesien word hoe die rowers in druk verkeer op die transitovoertuig toeslaan. Skielik ontplof die voertuig en stukke metaal trek deur die lug. Die meeste motoriste, waarvan sommige uit hul voertuie geklim het om te kyk wat gebeur, spring ná die ontploffing terug in hul motors en probeer om van die toneel af weg te ry.

Dlamini het gesê ʼn saak van gewapende roof word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

*NEEM KENNIS: Maroela Media se redaksie kies om nié die video te publiseer nie weens die kru taalgebruik in die video. Hieronder volg wel skermskote uit die video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Johanna Botha ·

Diewe rowers en verkragters helder oordag oral in SA …dankie anc !

John ·

Well done to that policemen. South Africa need more men like that.

Pastoor ·

Geweld het absoluut hand uit geruk. Here ons bestraf hierdie werk van die vyand in die Naam van Jesus.

André ·

Amen….
This is the way we go…we don’t seek God no more…
All this relate back to The Word of God… ‘AMEN’!
VIOLENCE…DAY AND NIGHT!
(Genesis 6:11 & 13 / Matthew 23:37)
*SHALOM!*

foxi ·

GOEIE GENUGTIG!!!!!Sommer net so………….het die mens nou mal geword……..????

Nico ·

So gaan dit in land waar GOD nie meer koning is nie. Byna al die inwoners het ander belange eerder as om GOD te dien.

jaco ·

interessant dat iemand toevallig ‘n video gemaak het. Dalk ‘n medepligtige???

Asjas ·

Of ‘n Dash Cam? Almal het deesdae een om onskuld te bewys in geval van ‘n ongeluk met ‘n Taxi.

Iemand ·

Inside job…. plofstof in die voertuig, maar geen besering aan die sekuriteit nie en die wag oorhandig nog sy wapen ook.

jaco ·

die voorkoms van ‘n geldwa LOK DIE ROWERS UIT om dit te kaap en te beroof. Vervoer die geld in ‘n doodgewone Hyunday Getz 1600 en niemand sal weet wat daarin is nie. As die geldwaens nou al opgeplaas word, WAT moet dan nog gebeur voordat maatskappye wat geld vervoer besef hulle het regtig vinnig behoorlike kamoeflering nodig?

Koos ·

As jy ‘n Getz gebruik is jy weer blootgestel aan inside jobs. Gebruik 5 Datsun Go’s of Getze wat heeltyd bymekaar vebygaan sodat jy nie weet in watter een die geld is nie.

humor ·

Dit is daglig duidelik hierdie mense kry iewers kundige opleiding. Kan die nes dan nie oop gekrap word nie.

Cherokee ·

Julle het geen sin vir humor nie. Dit was dalk nie ‘n werklike rooftog maar ‘n Aprilgek grappie.

Ilise ·

Dit is wanneer mammon eerste in mens se lewe is en nie GOD nie!

Gus Dry ·

Nuwe SuidAfrika.totale wanorde .maar nou ja hoe anders.??

Hannetjie ·

Nope dit word day light robbery genoem. Ek wil net weet hoe het die plofstof binne daai voertuig gekom in die verkeer.

Pik ·

Ek verstaan dit nie het almal gedink dis n vuurwerk vertoning tussen al daai mense kom niemand n skoot skiet nie in pad geweld skiet mense sommer maar hier staan almal en kyk wanneer raak ons betrokke

Paraat ·

Stem saam Pik. As elke burger gewapen en opgelei is om die situasies te hanteer sal dit nie plaasvind nie.

humor ·

Lyk my die mense is nie juis lus vir n Aprilgek – grappie nie. Die dinge in die oombliklike tyd is net te ernstig.

Ada ·

Daar gaan dalk nog kom want dis mos die uitbetalings van sassa. Die skelms gaan “a fieldday” he .

Swanna ·

Inside job maar julle wou mos ja stem. Dit kom nog eger as dit. Hierdie is nog maar nog net die begin.

Wessie ·

Dankie Swanna, jy het so positiewe uitkyk op die lewe dit maak my sommer van vooraf optimisties oor SA !

Ben ·

SWANNA: As jy nee gese het is ek bly jy leef nog vandag,Se dankie die JA het gewen vir jou familie , daai manne het n plan, kom wat wil.Hulle soek geld kom wat wil, vir hulle tel verlede nie

Hallo Oom Swanna ·

Ek kon noe ja of nee gestem het nie. Ek was 8 in 1992 en dus kon ek nie stem nie. My ma em pa het 50-50 gestaan met die ja/nee ding en daar was stryery wat gegaan het JA en NEE! So ek en baie ander 42 en onder pleit onskuld in julle referndum. Maar ongelukkig suffer ons saam, as nie meer nie. Meeste van ons het nie werk nie. En dus geen hoop vir pensieon wanneer ons eendag “groot” is. Ek is onderandere te hoog gekwalifiseer en dan o, ja my vel kleur. En ek dink nie die was n april gek grap nie. Dink april gek is bankrot en gevlug vir die vallende rand.

Cherokee ·

Jou teregwysing aan Oom Swanna is natuurlik in die kol maar swartes doen dieselfde ding wanneer hulle verwyte slinger oor apartheid en dan was hulle nog nie eens gebore in 1992.

Chris ·

Kyk na die video op facebook wat deur die Intelligence Bureau (privaat ondersoekers as ek dit nie mis het) verskafis,met hulle kommentaar oor die insetsel,dat hull die Here se naam so ydelik kan gebruik is vir my erger ss die opblaas van sekuriteits wa ,skaam julle

Amelda ·

Die skelms en moordenaars se arrogansie het geen perke nie.

Martie ·

En dit vreesloos en gewetenloos ten aanskoue van die publiek!

Nuuskierig ·

Maroela, ek waardeer dat julle nie die video wil wys nie agv kru taal, maar sal dit nie beter wees om die video te wys en kru taal uit te doof nie?

Mariné Lourens ·

Dagsê Nuuskierig

Dankie vir jou navraag. Die video is deur Intelligence Bureau SA op Facebook gedeel en Facebook se privaatheidsverstellings verhoed ons om die video af te laai en te wysig deur die klank uit te doof.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Oom Klasie ·

Dit is net die begin.Siener het geskryf die land gaan omgedolwe word.Dit is net die begin.Dis die waarheid. Julle hoef dit nie te glo nie.Maar hou dit in die agterkop.

Michael ·

Hoekom wil die maroela redaksie nie die feite weergee soos dit is nie .Dit is hoe dit gebeur het gee ons die feite soos dit is

Anoniem ·

Ergste nog – ‘n ruk terug kom haal hul geld by Rensburg, Spar, atm’s en poskantoor. Ek sit en toekyk toe hy by poskantoor uitkom. Hy bêre geld agterin, sluit en begin weg trek. Die deur swaai agter oop toe hy uit parkering probeer draai. Ewe terloops klim hy uit, en maak deur ewe toe. Dit was baie, maar baie agterlosig!

Ruben ·

Ek dink dis holywood se skuld hierdie tipe goed sien jy net op die grootskerm goed om te weet niemand is ernstig beseer

Altie ·

Ek dink die geld is al voor die tyd uit gehaal…..want met daai hoeveelheid plofstof moes die geld die hele oor rand vol gelê het…

nieBAFUnie ·

Stem heelhartig saam met “IEMAND” se kommentaar verder boontoe.. Die perfekte manier hoe die geldwa se bakgedeelte oopgeskiet is wys dat kundiges daarby betrokke was. In die besige verkeer nadat die geldwa tot stilstand gebring is was daar definitef nie tyd vir plasing v/d plofstof om so perfekte oopskiet te bewerkstellig nie. As jy wil kyk hoekom die boom/plant vrek grawe tot by die wortels se punte en jy SAL op die wurms afkom.

Rosie ·

Ek stem saam met oom Swanna. Julle wat ja gestem het moenie nou kla nie. En julle wat 42 en jonger is, (soos ek) wat onskuldig is, moet maar julle ouers verkwalikvir die gemors waarin ons land is. En vir Ben wil ek vra, hoekom moet oom Swanna bly wees hy lewe nog? Jy moet bly wees jy lewe nog en bly wees jy het nie ook maar net nog n statistiek geword v geweld en moord nie.

Nanda ·

“Krutaal” is te wagte. Wat sal Maroela-media gesê het? “Glorie halleluja”. Regtig. Kru-taal bestaan nie. Dit is woorde wat ‘n situasie daadwerklik beskryf. Dit verwyder selektiewe rassisme. Ander kulture gebruik dit sonder enige nagevolge. Tog praat almal so. Hulle noem dit mens wees. Probeer dit gerus.

Oosie ·

Nanda, as jy die mense wat die video gemaak het se taalgebruik goedkeur, het jy duidelik geen ontsag of respek vir jou Skepper nie…

Swanna ·

Dankie Rosie vir jou ondersteuning aan “Hallo Oom Swanna” ek is nie jou Oom nie want ek is nie met jou Tannie getroud nie as ek was sou jy nie so oningelig gewees het oor baie gebeure nie ek voel vir jou regtig. Ek wil net by laas by Oom Klasie dat wert ons hoe ruik ‘n omgeploegde skaap kraal. Wel dit is hoe ons pragtige land ruik ooral waar jy ry verby spruite ens. Dit ruik soos rioolwerke. Groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.