Die polisie in Ritavi buite Tzaneen in Limpopo het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn groep gewapende verdagtes wat ʼn transitovoertuig beroof het.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die groep verdagtes het Vrydag omstreeks 06:00 tussen Khujwana en Lephepane op die voertuig toegeslaan.
Volgens Ngoepe was die voertuig op pad na ʼn betaalpunt vir maatskaplike toelaes in Lephepane. “Die verdagtes het op die voertuig losgebrand voor hulle dit met plofstof oopgeblaas het. Hulle het met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug.”
Ngoepe het gesê die verdagtes het ook gevlug met twee vuurwapens wat hulle van die voertuig se veiligheidsbeamptes geroof het. “Hulle het met twee BMW’s, een wit en een swart, van die toneel gevlug in die rigting van Hoedspruit.”
Volgens Ngoepe is niemand tydens die voorval beseer nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Enigiemand met inligting oor die verdagtes word versoek om kapt. Richard Boshomane by 079 894 5501 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.
Maklike teiken, inligting en hulp van binne? Niemand is beseer terwyl plofstof gebruik is? Klim almal eers uit en gaan staan in die veld voor die ontploffing? Klink nie reg nie.
This happens at almost a daily basis. I fail to understand why these vehicles are not accompanied by police or army vehicles. The criminals must get the info regarding the routes somewhere. Inside information?
Regte tyd ,regte plek en regtig ryk.
Herverdeling van sosialisme
Hehe…. daar word op die voertuig losgebrand…. wat beteken daar was verskeie skote gevuur….dan word plofstof gebruik…. en nie ‘n enkele besering nie… makes you think !!
ai die manne doen gevaarlike werk , of hulle kan goed (organize)…………
En so gaan dit dag na dag in SA
Watter tyd,watter roete en watse voertuig.Als binne inligting.Kom SAP lees julle Maroela Media? Nou toe kry lewe!
Leen geld by landbank want hulle het R900 miljoen gekry by duitse bank. Wanneer sassa eers deur die poskantoor betaal gaan worf gaan poskantore geteiken word.
Wonder of die CIT Forum nog bestaan. Ons het n daadwerklike verskil gemaak in CIT rowe in 2005 tot 2007.
Hoekom is ek nie verbaas nie? Vooraf beplan verseker.
die vraag moet gevra word waar kry hulle die plofstof wand so ver ek weet is dit nie te koop oor die toon bank nie en daar moet rekord gehou word op dit wie koop en herverkoop aan hulle sapd dit is tyd dat julle die boeke op plofstof meer gereeld na gaan lyk vir my daar is geen control oor dit nie
“You are as good as your leader” . Ons president stel die voorbeeld.