Geldwa opgeblaas, gewapende bende buit kontant

(Foto: SAPD)

Die polisie is op soek na minstens 10 verdagtes in verband met ʼn transitorooftog wat Vrydag in die  Bosbokrand-gebied in Mpumalanga plaasgevind het.

ʼn Groep van minstens 10 gewapende rowers het omstreeks 07:00 op die geldwa toegeslaan op die R40 naby Dwarsloop.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die een groep verdagtes in ʼn wit Mercedes-Benz in die rigting van Bosbokrand aangery gekom waarna hulle reg van voor teen die Fidelity-geldwa gebots het. Die bestuurder van die geldwa het beheer oor die voertuig verloor en dit het omgeslaan.

(Foto: SAPD)

“Die res van die groep verdagtes het ook op die toneel aangekom en die vier veiligheidswagte oorval en van hul vuurwapens beroof. Die verdagtes het hierna springstof gebruik om die geldwa oop te blaas voor hulle sakke kontant uit die voertuig gesteel het.”

Die verdagtes het die Mercedes-Benz aan die brand gesteek voor hulle in ʼn wit bakkie van die toneel gevlug het.

Een van die veiligheidswagte het geringe beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jack ·

Terroriste groepe wat gemobiliseer word om toe te slaan waar hulle geld en wapens kan buit om hul bedrywighede te versterk. Die sapd is in totaal oorskadu deur hulle. Die land is amptelik in anargie en die president moet nou wakkerskrik en krygswet afkondig. Dalk sal daar dan n toekoms vir land kom op lange duur. Dalk is die gebuite fondse nodig vir die stembus in 2024.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.