’n Geldwabestuurder is Saterdag doodgeskiet toe ’n groep rowers in Diepkloof, Soweto, op die transitovoertuig losgebrand het.
Volgens lt.kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het ’n groep van sowat 20 rowers met ’n ander voertuig in die geldwa vasgery en dit op die hoek van Chris Hani- en Collinder-weg tot stilstand gedwing.
Die bestuurder van die transitovoertuig is noodlottig gewond. Volgens berigte is nog twee veiligheidswagte ook tydens die voorval beseer.
“Polisiebeamptes wat in die omgewing gepatrolleer het, het op die toneel gereageer en ’n skietgeveg het uitgebreek. Geen polisiebeamptes is tydens die skietery beseer nie.”
Netshiunda het gesê die verdagtes het in verskillende wegkommotors met ’n onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Transito besighede sal moet begin geld spandeer en hulle werks se veiligheid eerste te stel, moet gevorderde wapen en taktiek opkeiding ontvang.Ekstra volg motor met gewapende wagte om die trok te begelei.
Die transito ondernemings moet ophou om profeit voor lewens te plaas.
Dis oorlog ,ons moet begin opstaan teen al hierdie wetlose gemors in ons land
Liefde vir geld is die wortel van die kwaad.
En noteer die feit dat Cele skitter in sy afwesigheid met n werkbare plan om misdaad te voorkom. Briljant.
N slagting van die onskuldiges.
Die nommer 1 gevaarlikste werk wat daar is. Die ergste van als is die skrander salarisse wat hierdie geldwagte verdien.