Geldwag tydens rooftog in kop geskiet

Argieffoto

ʼn Veiligheidsbeampte is oor die naweek tydens ʼn wilde skietery buite Durban in die kop geskiet.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het Maandag gesê die voorval het Saterdag omstreeks 13:00 in Mandelaweg in KwaMashu plaasgevind.

“Volgens inligting vanaf die toneel het ʼn groot groep swaar gewapende mans op veiligheidbeamptes losgebrand terwyl hulle besig was om geld van hul gepantserde voertuig na ʼn winkelsentrum te dra,” het Dollman gesê.

Netcare 911 is na die toneel ontbied nadat die 28-jarige veiligheidswag in die kop geskiet is. “Die man is in ʼn kritieke toestand aangetref. Hy is behandel, op ʼn ventilator geplaas en op die toneel gestabiliseer, waarna hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Irene ·

Jammer dat die een wat sy werk doen altyd die swaarste daarvan afkom en die skelm kom weg

jaco ·

Na meer as 30 jaar lyk hierdie geldwaens PRESIES dieselfde. Dis mos nou net logies dat diewe nou almal weet WAT in daardie voertuie is. Vreemd dat tegnologie en menselike denke in 1969 al ver genoeg gevorder was om n 2 mense op die maan te laat loop en veilig terug te bring aarde toe, maar iets so eenvoudigs om die vervoer van geld behoorlik te beveilig is nog nie uitgedink nie. Laai die geld in pick n pay sakke en beweeg een vir een met tussenposes na n doodgewone Hyudai Getz. Of dink n ander plan uit ook met n eenvoudige voertuig wat NIE uitstaan waarvoor dit gebruik word nie.

Helene Heyns ·

Jaco, tussen daai wat een vir een gaan uitstap met n sakkie sal daar altyd een wees wat informasie sal laat uitlek en deel in die buit. Jy kan eenvoudig nie mense vertrou nie.

Michael ·

Swaar gewapende mans is dit die beste beskrywing van almal wat dit aanskou het???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.