Geleentheid oor omstrede standbeelde eers van die baan

‘n Standbeeld van oudpresident Nelson Mandela. Foto: Ter illustrasie/Nardus Engelbrecht/SAPA

Die eThekwini-munisipaliteit het ʼn mediakonferensie wat Donderdag sou plaasvind rakende die oprigting van standbeelde van oudpres. Nelson Mandela en Oliver Tambo onbepaald uitgestel.

Die munisipaliteit het vroeër gesê hy sal Donderdag die jong beeldhouer wat die tender gekry het vir die maak van die twee nuwe standbeelde bekendstel. Moontlike ontwerpe vir die standbeelde en hul plasing in Durban sou ook bekend gemaak geword het. Dit is ook verwag dat Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, die geleentheid sou bywoon.

Die munisipaliteit het egter Woensdagmiddag ʼn ommeswaai gemaak en in ʼn verklaring gesê die mediakonferensie word onbepaald uitgestel.

Dit het vroeër aan die lig gekom dat die twee standbeelde R20 miljoen gaan kos. Dit het egter tot hewige kritiek gelei met sosialemediagebruikers wat meen die geld kan eerder vir diensleweringkwessies aangewend word.

Thembinkosi Ngcobo, hoof van parke in eThekwini, het in ʼn onderhoud met eNCA kritiek oor die prys van die standbeelde as nie tersaaklik nie afgemaak en gesê die standbeelde verteenwoordig kulturele identiteit.

Dit is intussen bevestig dat Lungelo Gumede die beeldhouer is wat die tender ontvang het om die twee standbeelde te maak. Gumede het al talle standbeelde van politieke figure gemaak en het in 2016, toe hy nog redelik onbekend was, ʼn lewensgrootte wasstandbeeld van die ontslape gospelsanger Sfiso Ncwane bekend gestel by sy begrafnis by die Moses Mabhida-stadion in Durban.

Die munisipaliteit het vroeër gesê die twee reuse-standbeelde sal die perfekte voorbeelde van Durban se toeriste-aantreklikhede wees wanneer hulle onderskeidelik in Julie en September onthul sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JG ·

Daar is ALTYD geld beskikbaar vir hierdie tipe van uitgawes, maar NOOIT geld beskikbaar vir noodsaaklikhede soos welsyn, gesondheid, onderwys, openbare werke, polisie dienste, ens, ens, ens…. Is dit maar n Afrika ding ?

Heksie ·

Daar sal altyd geld wees om te mors op gemors, maar geld om die infrastruktuur in ons land instand te hou, is nie belangrik nie.
Iemand kry seker weer ‘n “kick back” op daai R20 miljoen bokke!

John ·

Hoekom sou Mandela dan sy vuis swaai as daar nie armoede in die land is nie, so rig standbeelde op en spandeer al die geld daarop. Nog baie standbeelde… Ons straat het ook nog nie een nie…

Andrew ·

So is nie tersaaklike uitgawes altyd meer belangrik as om die armstes te help met mediese sorg.

Chris ·

Ek dink hulle wou die jong beeldhouer wat die standbeelde gemaak het help om vinnig ‘n geldjie te maak, als in die naam van erkenning van wat hul eie mense kan vermag en natuurlik sou dit punte by hul inwoners tel om hul eie so by te staan. Hulle soek mos elke geleentheid vir sulke uitgawes en wat is makliker om dit te verkoop as Mandela se naam daaraan gekoppel word.

wonder ·

Dink net hoeveel Staats hospitale kan hulle biekie soon maak en verbeter vir arm patiënte met R20 Miljoen. DOM

HPV ·

Hierdie mense het nie ‘n benul wat die woord miljoen beteken nie, tipies Afrika, armes en siekes sterf van ellende maar miljoene word op nuttelose goed spandeer.
Afrika sal nooit verander nie!

Mariana ·

Standbeelde en nog standbeelde. Is daar nie nou al genoeg van die goed nie? Is daar nie al genoeg geld gemors nie. Did tyd dat die geldmorsers vasgevat word. Mense krepeer van ellende, soveel belangrike goed wat aandag kort. Maar nog standbeelde moet daar wees.

Bekommerde ·

NEE – wend die geld assebleif aan
om skole op te rig
om onderwysers op te lei vir moedertaal onderrig
om kinders kos te gee wat honger is by skole
om kinders te help wat mishandel word
om kinders te help …………

Suzette Geringer ·

Verteenwoordigend van kulturele identiteit, wat dan van blanke mense se kulturele identiteit – al ons standbeelde word oral oor verwyder want dit geen aanstoot.
Geld is lyk my nie ‘n probleem nie- kom ons mors en mors. As dit op is dan print ons gou nog ‘n paar miljoen.

Piet parys ·

Wonder wat cyril hier oor sal se . Hy run mos die show of nie?

Tara ·

Waar kom die geld vandaan? Waarom word dit nie vir belangriker dinge aangewend nie, soos die opgradering van skole, hospitale en die bou van huise?

Penny ·

Gaan kyk in Angola selfde storie.elke blygemaakte generaal het n standbeeld ha ha

Peter Simpson ·

Hoeveel beelde nou nog van een persoon? Hoekom verander ons nie sommer die land se naam na Uncle Nelson’s Kraal en sit sy gesig op die vlag en kry klaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.