‘Geliefd, gerespekteer’; huldeblyke ná traumachirurg sterf

Dr. Vicky Jennings. (Foto: Facebook)

Talle huldeblyke en boodskappe van medelye het ingestroom na dr. Vicky Jennings, ʼn internasionaal gerespekteerde en plaaslik geliefde traumachirurg, Sondag skielik dood is.

“Dr. Jennings, kliniese hoof van traumachirurgie by die Netcare Milpark-hospitaal, was die verpersoonliking van onbaatsugtige, sorgsame en toegewyde diens. Sy het haar lewe as ʼn chirurg gewy aan haar pasiënte in die private en openbare sektor,” het dr. Richard Friedland, uitvoerede hoof van Netcare, gesê.

“Ons is dankbaar vir dr. Jennings se buitengewone lewe en loopbaan en betuig ons diepste medelye met haar kinders, lewensmaat, familie en almal wat vir haar lief was.

“Sy was lief vir haar werk en wat sy bestempel het as haar bevoorregte lewe en het haar kollegas, pasiënte, vriende en geliefdes dikwels geloof omdat hulle haar reis ʼn besonderse een gemaak het.”

Luidens ʼn inskrywing op Facebook het Jennings, die ma van twee jong kinders, ʼn hartaanval gehad.

“Die verlies aan ʼn mentor soos jy is onmeetbaar en ons gedagtes en medelye is by jou familie, vriende en kollegas in hierdie ongelooflik moeilike tyd. Jou wysheid, leiding en onwrikbare steun sal diep gemis word. Jou nalatenskap leef voort in die talle lewens wat jy aangeraak het,” lui een van die huldeblyke op sosiale media.

“Die mediese gemeenskap het ʼn meester van die bedryf verloor. Mag haar naam verewig word deur diegene wie se lewens sy verander het,” lui nog ʼn boodskap.

Dr. Vicky Jennings is beskryf as die toonbeeld van ʼn traumachirurg en is plaaslik en internasionaal vir haar uitsonderlike werk vereer. (Foto: Netcare)

Jennings het eers aan die Universiteit van Pretoria en daarna die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gestudeer. Sy het haar as geregistreerde subspesialis-traumachirurg bekwaam en het onder meer by die Milpark- en Chris Hani Baragwanath- akademiese hospitaal gewerk. Sy was ʼn hoogs aangeskrewe lid van die Vereniging van Chirurge van Suid-Afrika en is internasionaal as chirurg erken.

“Nie net was dr. Jennings ʼn mentor vir diegene wat die voorreg gehad het om saam met haar in Suid-Afrika te werk nie, maar ook vir die dokters en nooddienswerkers in verskeie lande wêreldwyd waar sy haar passies deur haar lesings gedeel het,” sê Friedland.

Prof. Ken Boffard, traumadirekteur by die Netcare Milpark-hospitaal se akademiese traumasentrum, het Jennings beskryf as die “toonbeeld van wat ʼn chirurg moet wees: sorgsaam, geesdriftig en vaardig. Sy het altyd haar beste gegee en is hoogs aangeskryf deur almal wat sy behandel het, wat saam met haar gewerk het en wat die voorreg gehad het om haar te ken.

“Altyd entoesiasties, altyd besorg en spesiaal vir almal met wie sy in aanraking gekom het. Dr. Jennings was plaaslik en internasionaal ʼn uitsonderlike dosent, ʼn gesogte mentor en ʼn rolmodel vir die volgende generasie traumachirurge. Sy gaan diep gemis word,” sê Boffard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Kloekie ·

So jonk. Jammer vir haar kinders, familie en pasiente. Sy laat n groot leemte????

piet ·

Tragies en ironies. Traumachirurg en toe sy self die traumageval is, toe help al die kennis en ondervinding niks.

Delia ·

Ag laat ek dit maar sê…wonder of sy die C vaksien gehad het.

Fritz ·

Ons almal weet waaraan die toename in hartaanvalle onder jonger mense toegeskryf kan word. Gehoorsaamheid aan die regering.

DJ ·

So jammer dat sulke kong talent volle jongmense op so ‘n wyse moet sterf.

bolletjie blom ·

‘n Hartaanval vra nie ouderdom nie. Sy kon dalk ‘n onderliggende hartkwaal gehad het.
Maar aan die anderkant dit is nie te betwyfel dat baie mense na die vaccine allerlei probleme begin ondervind het nie. Baie sterkte vir haar familie

africangrey ·

My innige medelye vir haar man kinders en verdere familie,
Rip

Sê maar net ·

Tragies. Jonk, geliefd. So hartseer.
Baie sterkte aan al haar familie en vriende.

Toergids ·

My innige meegevoel met die familie van Dr Vicky Jennings se familie, sy het diep spore in mediese kringe getrap en heelwat mense se lewens direk positief beïnvloed

Wondermaarnet ·

Wat ‘n tragedie dat so ‘n ywerige dokter so jonk moes sterf. Voorspoed aan die familie en haar lewensmaat.

Amelia ·

Laat ek ook maar my stem voeg by die koor. Op een of ander manier gaan daar rekenskap gegee moet word vir die verskriklike euwel wat die mensdom aangedoen is c. 2020 – 2023. Twee kindertjies moederloos gelaat – vir wat?!

Zandra ·

RIV dr Jennings
jammer dat julle ook gedwing was om sekere middels te neem
net nog ‘n bewys

Skappie ·

Sterkte aan haar gesin, vriende en almal wat haar geken het. Mag onse Liewe Heer julle almal styf in Sy arms vashou in hierdie moeilike tyd wat nou vir julle voorle.

KwaaiRooikop ·

Jammer Zandra…maar sy was een van die wat wyd op sosiale media adverteer het dat almal die vaccine MOET vat en dat ons na dokters moet luister en nie na “google” nie. Sy was beslis nie gevorseer nie. That being said, dit bly tragies en hartseer..

Veldskoen ·

Hartaanvalle by dosyne deesdae onder die jonges. Baie jammer.

Dandeleen ·

Mens hoor al hoe meer van mense wat die een oomblik niks makeer en die volgende oomblik dood neer val. Elke keer hartaanval. Drie weke terug met my vriendin gebeur en sy was ook maar 43. Laat mens wonder.

Gaitsigubib ·

Dis nie net die laaste 2 jaar wat stress n faktor geword het nie, tog het hartaanvalle noemenswaardig, die hoogte in geskiet. Die meeste mense het al begin oplees oor moontlike oorsake, maar ander wag vir die gekookte syfers van “excess deaths “, sodat hulle mens kan vertel waar jy die “feite” moet gaan oplees………

Marietjie ·

Sjoe!! wat ‘n verskeidenheid van medelye?!! Ek is werklik verstom!!
Daar is familie, vriende en kollegas wat ‘n rou hartseer het oor ‘n geliefde wat hulle verloor het op ‘n skokkende jong ouderdom.
Blykbaar het die entstof ook ons breine aangetas. Sowat van geen empatie, gissings en menings oor die Covid entstof en dat die betrokke medikus op sosiale media “wyd adverteer het, dat almal die enstof moet neem”
Op die aarde, regtig!!

Sterkte aan Dr Jennings se familie, vriende en kollegas in hierdie baie hartseer tyd. Mag julle troos vind in al die mooi herinneringe wat julle van haar het.

Gaitsigubib ·

Ek hoop nie die hartseer en skok van die verlies maak dat naasbestaandes nie sou belangstel om n moontlike oorsaak te bepaal nie. Dalk kon mens uitvind of daar n opbou van vreemde rubberagtige protiene in haar are is en of mens iets daaraan kan doen.

Vriendelike Frikkie ·

Hou op spekuleer. Dalk is sy weens iets heel onverwant oorlede. Op hierdie stadium kan dit enigiets wees, selfs moord of ‘n ongeluk.

Koen ·

Die ou volkie is maar lief om te skinner. Geen mens jonger as 90 is vroeer aan natuurlike oorsake dood nie. Ja ell no fine. Skinner, skinner en nogmaals skinner.

Kloekie ·

Die vaksiene is een ding, maar weet mense hoeveel skade aan die hart , brein, longe Covid self kan maak? Baie mense het covid gehad en vaksiene. So hoe kan mens net die vaksiene skuld gee?

Vriendelike Frikkie ·

@Buks – Dis nie nodig nie. Dit het niks met die saak uit te waai nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.