Geliefde ‘7de Laan’-aktrise (70) sterf

Themsie Times. (Foto: Verskaf)

Die aktrise Themsie Times, alombekend vir haar rol as Maria in die SABC 2-sepie 7de Laan, is Donderdag oorlede.

Times was 70 jaar oud.

Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie. Kayleen Bessit, woordvoerder van 7de Laan, het aan Maroela Media gesê ʼn verklaring sal binnekort in samewerking met die SABC uitgereik word.

Times het 13 jaar lank die rol van Maria, oom Oubaas (Pierre van Pletzen) en sy vrou, Hilda (Annelisa Weiland), se geliefde huishulp en skoonmaker van die Hillside Heights, in 7de Laan vertolk. Sy het die sepie in 2016 verlaat.

Times het ook in die rolprente Cry, the beloved country en Beat the drum verskyn en was in die eerste reeks van die SABC 1-reeks Yizo te sien.

Times is gebore in Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap. Sy het egter ten tyde van haar afsterwe in Johannesburg, Gauteng, gewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chantel ·

Sjoe dis hartseer. Sterkte aan haar gesin. Het haar altyd geniet in 7de Laan.

Misky ·

Sy en Oubaas was ‘n ware “treat” doerie jare terug toe 7de Laan nog werd was om te kyk. RIV Themsie

Skappie ·

Jammer om te hoor. Sterkte aan haar familie in hierdie moeilike tyd.

Lekker in SA ·

Rus in vrede “Maria” n mens het altyd so lekker gelag vir jou karakter in 7de laan jy gaan gemis word

Claudette ·

My innige simpatie aan haar familie…goeie rol gespeel as Maria

Onnie ·

Maria, Oubaas en Moeksie van Rondomskrik, dit was nog 7de Laan! Nie die twak wat hulle deesdae wys nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.