Geliefde Afrikaanse skrywer pleeg glo selfmoord

Karel Schoeman (Foto: kykNET)

Die Afrikaanse skrywer van Bloemfontein, Karel Schoeman (77), is Dinsdag in die Noorderbloem-aftreeoord oorlede ná hy glo selfmoord gepleeg het.

Schoeman se prokureur, Carl van Rensburg, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Van Rensburg sê hy het glo ʼn tyd gelede ʼn verklaring van Schoeman ontvang waarin hy vertroulik bekendgemaak het hy wil selfmoord pleeg.

Volgens hom het Schoeman die moontlikheid van “verhongering” oorweeg, maar “ʼn sin in die verklaring blyk dat hy ʼn ander uitweg gevind het”.

“Meer besonderhede kan in dié stadium nie bekend gemaak word nie, maar dit blyk selfmoord te wees. Schoeman se wens was dat die verklaring ná sy dood uitgereik word,” sê Van Rensburg.

Schoeman woon al sedert 2008 in dié aftreeoord. Hy het 19 romans geskryf, waaronder Na die geliefde land, Die uur van die engel en Verliesfontein.

Volgens Van Rensburg het hy geen familie nie.

Lees ook: Afrikaanse skrywer sê hoekom hy selfmoord pleeg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Estie ·

So baie jammer om te hoor van sy afsterwe. Hy was een van my mees geliefde skrywers. Rus in ewige vrede Karel Schoeman.

Gerhard de V ·

Daar was min soos Schoeman en daar sal in die toekoms nog minder sulkes wees in hierdié land. Afrikaners, wat trots is oor hul herkoms, is wyle Karel baie verskuldig.

Niel ·

ai, jammer om te hoor van sy besluit tot daardie stap. op so ‘n ouderdom sonder enige familie kan ‘n mens dalk in ‘n mate dalk verstaan? Sal moet soek tussen al my baie boeke of ek iewers ‘n boek het van hom. Het so 800 boeke wat ek reeds gelees het, en toe so ‘n paar maande gelede so nog 400 boeke gekry wat my sus gekry het by iemand.

Deonette Haggard ·

Sal groot leemte in Afrikaanse Letterkunde laat. Rus in vrede.

Jaco ·

Ja, dis baie tragies.
Dis jammer dat ons land nie ‘n stelsel het waarvolgens iemand wat nie meer wil leef nie op ‘n beskaafde en vreedsame manier sy/haar lewe tot ‘n einde kan bring.
Nie een van ons is op hierdie aarde uit ons eie wil nie, maar vanweë die die toedoen van ander. Hoekom moet almal gedwing word om te bly lewe? Elkeen behoort die reg en meganisme te hê om sy/haar lewe te beëindig indien h/sy so voel, maar nie saak wat die rede i nie. Daar kan ‘n prosedure wees van berading met sielkundiges, dokters, predikante, prokureurs, bankbestuurders, politici, familie, vriende en wie ook al. As die persoon dan steeds so voel, moet h/sy die geleentheid hê om sy/haar lewe te beëindig.
Die lewe is nie noodwendig beter as die dood nie. Daar kom dikwels ‘n tyd dat die dood verkieslik is. Hierdie is maar net een geval. Ek is seker daar is talle ander wat dieselfde sou wou doen en sal wil gebruikmaak van ‘n manier of diens as daar is.

Naomi Schulze ·

Ek stem 100% saam met die selfdood-idee as die sg. Lewe vir ‘n ou mens ondraaglik geword het en hy/sy nog eie besluit kan neem om met waardigheid, vrede en vreugde te kan afskeid neem. Dit verg natuurlik ongelooflike dapperheid en deursettingsvermoë, asook perfekte beplanning

jean ·

Kon die eensaamheid wat slegs deur die mens ervaar word dit meegebring het?……al is jy so omring deur duisende en selfs die woorde “ek gee om en is lief vir jou” daagliks hoor maar dit absoluut geen betekenis het nie?……Hoe bitter hartseer

SARIE VAN HEERDEN ·

Jao en Jean , beide van julle slaan die spyker op die kop want beide kommentare het meriete. Dat hy GEEN naasbestaandes nalaat nie laat my dink dat hy nie meer mense gehad het wat omgegee het nie wat tot Jean se kommentaar lei dat die eensaamheid hom getref het. Eensaamheid by ouer mense is ‘n baie groot probleem want wat is vir hul oor om te bly leef? Miskien ‘n hondjie of miskien ‘n katjie of ‘n voeltjie? En gewoonlik vind mense eers NA die betrokke mens se dood uit van die depressie van eensaamheid wat hy probeer deurleef het.

Oupa ·

Hoekom gebruik n mens die woord “glo” in so n geval? Maak seker van die feite.

Harry Hawkes ·

Die tragiese einde van onvervulde liefde so tipies van ons gay gemeenskapslede. Briljante skrywer, ofskoon die heengaan onnodig en apaties.

Sad ·

Stem heeltemal saam met Jaco. ..ek self het weer naby familie lid Wat so so swaarkry. ..sy wil net nie meer lewe nie. ..n vrou wat net oor 95 kg geweeg het is nou nie eers 30 kg nie. ..meer in hospital as uit

Bubbel ·

Dis vir my ongelooflik hoe onkundige mense is…. En dit sal hulle ondergang wees… “Suicide is still a act of murder… weather it be your own life or the life of someone els” It is NOT our choice when a life should end!!!
In die bybel staan wel dat jou liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees… Jy is nie jou eie nie, jy is gekoop vir ‘n prys… so EER DIE HERE deur jou liggaam… 1 Cor 6: 19-20

Jan ·

Dankie vir die plesier wat ons uit jou romans kan put. Jy was een van die beste skrywers ooit, wat wereldwyd en ook in menigde tale waardeer word.
Totsiens.

Nicolaas ·

Sien die verskil in die heengaan van twee mense. Die verskil tussen geloof en wanhoop. Twee briljante skrywers, een gelowig en een nie: TT Cloete en Karel Schoeman

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.