Volgens Mike Vonk, stasiebevelvoerder van die NSRI Wildernis, het die vierpotige Rex saam met sy eienaars – en drie van hul ander honde – op die strand gaan stap toe die voorval plaasgevind het.
“Die eienaars – wat nog nie lank in die gebied woon nie – het The Barnyard Kennels gekontak om raad te kry. Die personeel daar het hulle aangeraai om die NSRI te kontak,” sê Vonk.
NSRI-lede is dadelik na die strand ontbied en het Rex op die strand aangetref. Hy kon nie stap nie, maar was in ’n stabiele toestand.
“Die lede het besef die hond is al oud en ly aan ’n chroniese siekte. Dit lyk asof dié siekte daartoe kon bydra dat hy inmekaargesak het.”
Die NSRI-lede het hom op ’n draagbaar vasgemaak en met behulp van die eienaars na die parkeerterrein gedra.
Rex is na ’n plaaslike veearts geneem vir verdere mediese behandeling. Hy is dieselfde dag huis toe en volgens sy eienaars is hy goed op pad na herstel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Rex, ek is só dankbaar dat dit nou met jou beter gaan!
Salute aan die NSRI. Beterskap Rex. Hoop jy gaan nog vele uitstappies op die strand geniet.
Wel gedaan NSRI!!!
Ahhh, julle is helde in my boekie
Mooi gedoen NSRI. Min mooi stories nog in die land. Hoop Rex word gou beter.