Geliefde brak gehelp wat op strand inmekaarsak

Die hond het inmekaargesak toe hy en sy eienaars gaan stap het [Foto: NSRI]

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Saterdag ’n hond gehelp wat op die Kleinkranz-strand by Wildernis in die Suid-Kaap inmekaargesak het.

Volgens Mike Vonk, stasiebevelvoerder van die NSRI Wildernis, het die vierpotige Rex saam met sy eienaars – en drie van hul ander honde – op die strand gaan stap toe die voorval plaasgevind het.

“Die eienaars – wat nog nie lank in die gebied woon nie – het The Barnyard Kennels gekontak om raad te kry. Die personeel daar het hulle aangeraai om die NSRI te kontak,” sê Vonk.

NSRI-lede is dadelik na die strand ontbied en het Rex op die strand aangetref. Hy kon nie stap nie, maar was in ’n stabiele toestand.

“Die lede het besef die hond is al oud en ly aan ’n chroniese siekte. Dit lyk asof dié siekte daartoe kon bydra dat hy inmekaargesak het.”

Die NSRI-lede het hom op ’n draagbaar vasgemaak en met behulp van die eienaars na die parkeerterrein gedra.

Rex is na ’n plaaslike veearts geneem vir verdere mediese behandeling. Hy is dieselfde dag huis toe en volgens sy eienaars is hy goed op pad na herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JL ·

Salute aan die NSRI. Beterskap Rex. Hoop jy gaan nog vele uitstappies op die strand geniet.

Barry ·

Mooi gedoen NSRI. Min mooi stories nog in die land. Hoop Rex word gou beter.

Swerwer ·

Wat ‘n wonderlike positiewe stukkie nuus ! Beterskap wense vir Rex.

Realis Thailand ·

deesdae het berigte oor diere wat swaarkry vir my meer aantrekkingskrag as die ellende in die agtergeblewe gebeide. Dier kan nie vir hulself sorg maar die klomp in die agtergebelwe gebiede kan wel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.