Geliefde Brakpan-polisieman se vrou sterf ook

Sonja en Jan Roos. Die egpaar is binne dae van mekaar weens Covid-19 dood. (Foto: Tessa’s Photography/Facebook)

Net enkele dae ná die dood van AO Jan Roos, ʼn bekende en geliefde polisiebeampte van Brakpan in Gauteng, het sy vrou, Sonja, ook haar stryd teen Covid-19 verloor.

Die 58-jarige Sonja is Maandag in die N17-hospitaal in Springs dood nadat sy die afgelope ruk daar behandel is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn roerende huldeblyk is Donderdagaand aan Jan, die bevelvoerder van die teenkapingstaakspan by die Brakpan-polisie, gebring. Honderde mense het in hul voertuie deur die strate van Brakpan gery in ʼn laaste eerbetoon. Hulle is daarna na die hospitaal waar Sonja vir die koronavirus behandel is en het buite die hospitaal vir haar gebid.

Sonja was ook jare lank ʼn toegewyde polisiebeampte by die Brakpan-polisie en het sowat drie jaar gelede afgetree. Sy was deesdae “voltyds ouma” vir die egpaar se kleinkinders.

Jan en Sonja laat hul kinders, Neil, Danielle, Alison en Julian, asook hul gesinne agter.

“Die son het gesak op twee wonderlike en toegewyde polisiebeamptes,” het ʼn huldeblyk op Facebook aan die egpaar gelui.

“Rus in vrede, Sonja, jy is nou by Jan. Julle was van onskatbare waarde vir ons dorp. Mag julle in die skuiling van die Almagtige rus. Ons innige simpatie met hul familie, vriende en kollegas en al ons inwoners van Brakpan.

“Jul skoene sal nie maklik gevul word nie,” het nog ʼn boodskap gelui.

Mass Ride vir Jan en Sonja Roos. Die SAP en Brakpan het twee wonderlike mense verloor. Niemand Sal julle skoene Kan vol…

Posted by Magda De Beer Kruger on Monday, July 26, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Faraway ·

Tot die dood ons skei . . . Kry nuwe betekenis
Verskriklik hartseer!

Belinda ·

Ai dis so hartseer om te sien hoe n man en vrou so kort na mekaar sterf. My innige simpatie aan die familie. Hierdie virus ruk nou erg hand uit, my ma se bure is ook so na aan mekaar oorlede en so paar weke haar suster, wie ook in dieselfde tyd gesterf het, se man is ook oorlede. Net die kinders bly oor. Dis verskriklik en my innige simpatie aan al die mense daar buite wat hul geliewes verloor het. God was nog net goed vir my familie. Ek dank Hom elke dag dat hy al my sussies, boetie en ma sover nog gespaar het…

Magda ·

Almal gaan hul mis. Nou is hulle weer by mekaar. R. I. V. Jan en Sonja.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.