Geliefde broers sterf saam: ‘Hulle was manne van God’

Arend Keulder. (Foto: Verskaf)

“Die gentlemans van Zeerust.” Só beskryf vriende die geliefde twee broers, Arend (65) en Joubert (63) Keulder, wat Saterdag in ʼn trompop botsing op die N4 buite Rustenburg in Noordwes gesterf het.

Arend en Joubert is twee van die oorledenes van dié grusame botsing wat vier mense se lewens geëis het. Die bekende sakevrou, dr. Thandi Ndlovu, en die bestuurder wat saam met haar in die voertuig was, het ook gesterf. Die bestuurder se naam is nog nie bekendgemaak nie.

Annalize le Grange, Arend en Joubert se suster, verduidelik dat Arend onlangs ʼn knieoperasie gehad het en dat Joubert hom vermoedelik gaan haal het om dokter toe te neem. “Ek is nie seker of hulle op pad Pretoria toe was en of hulle op pad terug van Pretoria af was toe die ongeluk gebeur het nie,” sê sy.

Le Grange sê volgens inligting wat sy gekry het van mense wat op die toneel was, moes die voertuig wat met Arend en Joubert se voertuig gebots het, teen ʼn baie hoë spoed gery het. Die presiese omstandighede van die ongeluk is egter nie duidelik nie en sal deel vorm van ʼn polisieondersoek.

Arend en Joubert is albei op slag dood. “Hul liggame sal vandag deur familielede uitgeken word,” sê Le Grange.

Arend het ʼn paar jaar gelede as lt.kol. in die gevangenisdiens afgetree waarna hy by Groot‑Marico met beeste begin boer het. Joubert was ʼn vooraanstaande hoogspanningselektrisiën wat in Zeerust gestasioneer was. Hy sou in September afgetree het.

“Ek sal altyd onthou hoe mooi hulle kon sing,” sê Le Grange. “Hulle het albei ongelooflike stemme gehad. Ons het as kinders op ʼn plaas naby die Botswana-grens grootgeword en as jy vroegoggend die Fordson-trekker hoor dreun, kon jy maar net luister wie se stem jy hoor sing om te weet wie dit was. Dit was óf my pa óf hulle twee.”

Joubert Keulder. (Foto: Verskaf)

Sy beskryf Arend as iemand wat sy lewe gewy het aan die opdrag wat die Here vir hom gegee het om te doen. “Hy het elke dag van sy lewe voluit gewerk, dit was sy passie. Alles wat hy gedoen het, het hy met oorgawe gedoen. Daar was nie vir hom iets soos iets half doen nie,” sê sy.

Joubert was op sy beurt ʼn perfeksionis, maar ook ʼn grapjas wat altyd die komiese in alles kon raaksien. “Hy het ʼn diploma in sang verwerf, maar het nooit die kans gehad om dit as loopbaan te doen nie. Nietemin het hy die wêreld vol gesing. Daar was nie ʼn geleentheid in Zeerust waar hy nié gesing het nie. Hy het ʼn geweldige sterk tenoorstem gehad,” sê sy.

Sy voeg by die boodskappe van troos en huldeblyke wat op sosiale media ingestroom het sedert die nuus oor die ongeluk bekend geword het, is aanduidend van hoe geliefd die twee broers was. “Die gentlemans van Zeerust,” skryf iemand.

“Hulle was nie vooraanstaande mense nie, net gewone manne. Manne met gesinne, maar ook manne van God. Manne wat die Here gedien het,” skryf ʼn ander. “Zeerust is in rou.”

Arend word oorleef deur sy vrou, Maggie, sy dogter, Nicolene, en sy seun, Kobus. Joubert word oorleef deur sy vrou, Alta, en sy seuns, Arend jr. en Francois.

Die Keulder-broers sal Sondag om 12:00 uit die NG Kerk Buhrmansdrif begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

belinda ·

baie tragies, sterkte aan die twee gesinne, almal bid vir jul

Susan Kruger ·

Sterkte aan die families. Het jare gelede oom Arend Keulder geken.

christine ·

BAIE STERKTE aan die vrouens en kinders so tragies om deur so iets te gaan .

Penelope ·

RIV Keulder broers. Dit is so onnodig, en dit omdat ‘n gevoellose nalatige persoon met ander se lewens gedobbel het. Dit maak ‘n mens so ongelukkig. Dis nou kamtig hooggellerdes, maar hul weet nie hoe om by spoedgrense en padreels te hou nie. So jammer vir die familie.

leser ·

tragies om te verneem van 2x manne wat hul lewe gewy het aan die Here
ek ken hulle nie, maar bid vir vertroosting vir die families

Lollie ·

Hartseer om 2 boeties saam te verloor. Groot verlies! Sterkte aan due familie.
Spoed is die rede vir meeste sterftes op die pad. Ons dorp, Klerksdorp, het heelwat verkeersmanne maar het al gedink hier moes een of ander tyd ń massa begrafnis vir hulle gewees het en die publiek weet dit nie. Hulle is nêrens te sien waar hulle werk nie maar op verlate parkies onder die bome sit hulle en eet en kuier! Ry op die N12 deur die dorp en kyk hoe word oor rooi robotte gejaag. Stop tekens word verontagsaam. Noem maar op. Dit gaan dol en nêrens is verkeersmanne in sig nie!

Joubert ·

Maak my woedend. Sekere mense het die vermoë gehad om motors uit te dink. Hulle mag bestuur. Ander nie, hulle moet loop.

Annelize ·

Nee, dis omrede die algemene “attitude”, soos ek dit al beleef het is: “hoe smarter die wiele waarmee ons ry, hoe harder ry ons, en hoe minder is padreels op ons van toepassing”. Ek is by bitter verby oor hierdie ongeluk.

Corinne ·

Dr Thandi het nie die kar bestuur nie. Wie se die drywer was hoogs geleerd.

Linda ·

Ek hoor gisteraand op die nuus op RSG hoe President Cyril Ramaphosa sy medelye uitspreek oor die dood van die sakevrou. Nie een woord van simpatie oor die twee broers nie en die ongeluk was nie eens hulle skuld nie. My innige simpatie aan die families van die oorledenes.

Annelize ·

En volgens my kennis is die ongeluk veroorsaak deur die sogenaamde “sakevrou” se bestuurder. Ek praat onder korreksie, maar hoe spoed en verontagsaming van ‘n sperlyn het hierdie broers hulle lewens gekos.

CT Botha ·

Corrine as ek in n voertuig as passasier sit en daar word so verskriklik gejaag maak ek onmiddelik beswaar. Die Blouligbrigade is mos verhewe bo die wet. En die sg hoogeplaasde wat dood is ook!!!!

Penelope ·

Ek lees in ‘n volgende artikel dat die drywer van die Dr se voertuig ‘n spoed van 217km ph gery het tydens die botsing. Geen mens het ‘n kans nie. So jammer vir die onskuldige broers.

Kitty ·

So, so hartseer! Baie sterkte aan die familie! Mag God julle dra in die seer en deurmekaar tyd.

Pensioenaris ·

Uit eindelik word daar oor die 2 broers berig. Dit was mos net Dr wat belangrik was, so as of ander mense se lewens nie belangrik is nie. Sterkte aan hulle familie.
,

JohanR ·

Ja nee. My broer is woonagtig in Miami VSA, en ons Skype maar, en e-mail. Hy is nou 68 en ek kan op Skype sien hy word nou rerig oud. Wat te maak? Dis maar die lewe. Baie sterkte aan al die familes en vriende wat geraak is deur hierdie aaklige ongeluk.

Stefan Kruger ·

Hoekom word voertuie gebou om so vinnig te kan ry, terwyl die spoedgrens 120 km/h is?

Susan ·

Kan net bid vir hierdie gesinne vir die genade van die Here vir vertroosting en berusting. Bitter, bitter hartseer sterkte aan elke familielid! RIV Arend en Joubert ????

Mariaan ·

Presies!!! Motors moet nie so vinnig KAN ry nie…dit is mos teen die wet! Laat enjin op 140km uitsny…BAIE lewens sal gespaar word

Lou ·

Die Dr se bestuurder was seker nie ‘n hoog geleerde persoon nie soos iemand hier vra :
Maar die bestuurder het hopenlik n geldige bestuurders lisensie gehad wat aandui dat die houer daarvan kan lees en padtekens verstaan en die vermoe het om die voertuig veilig te bestuur en beheer. Die geleerde Dr behoort ook van beter te weet as om haar bestuurder toe te laat om teen so ‘n onverantwoordelike spoed te jaag. Eis van haar boedel vir nalatiheid en pyn wat nou ervaar word deur die broers se familie.

Hanlie ·

Ai dit is so, so hartseer. Baie sterkte vir die Families wat agterbly. Hulle almal oortree die padreels. Hoekom, omdat hulle dink dat hulle bo die gereg is en niks sal oorkom nie. Nou moet ander mense boet vir hulle nalatigheid.

M ·

Lou, ek stem, as die voertuig op haar naam gerigestreer is, moes sy tog die persoon toestemming gegee het om dit te bestuur. Sit nou net so en dink, as die dr. se voertuig teen 217 km/h gery het en die broers by die spoedgrens gehou het (120 km/h) is die impak spoed van die ongeluk 337 km/h, vreeslik!!
Nie te min, dit is ‘n baie tragiese insident, my medelye aan die Keulder Familie.

Hennie ·

Wat n voor reg moet dit nie wees, om manne van God genoem te word nie, as ek eendag moet heen gaan sal dit n voor reg wees om so beskryf te word, want daar is min mense watse lewens waarlik hulle geloof weer spieel, ek het nog baie werk nodig voordat so iets van my gese kan word, maar dis n ideal om na toe te beweeg. Vir die families is dit nbgroot terug slag maar hullr kan darem berussting vind met die wete dat die manne by God is

CT Botha ·

Corrine as ek in n voertuig as passasier sit en daar word so verskriklik gejaag maak ek onmiddelik beswaar. Die Blouligbrigade is mos verhewe bo die wet. En die sg hoogeplaasde wat dood is ook!!!!

Corinne ·

Sy het seker agter geslaap of gewerk op haar rekenaar. Sy was n eernare persoon en sou nie daai spoed toegelaat het as sy wakker was nie.

wonder maar net ·

Wonder maar net was die dokter nie weer laat soos gewoonlik maar die geval is nie…. en toe moet die bestuurder haar by haar besteming kry … ongeag WAT!!Ek dink ook alle voertuie moet gestel word dat hulle net die spoed grens ry en klaar… de hel met jou of jy nou die preseident is of ‘n biljoenêr is of nie…!!

Rian ·

Arend was vir baie jare ‘n goeie vriend van my. ‘n Stil, nederige, opregte en lojale mens. So tragies en hartseer. My innige simpatie met sy vrou, kinders en familie. Rus sag ou maat

marous ·

Meer as 200 kpu en aan die verkeerde kant van die pad en die sakevrou sit doodsluiters terwyl haar drywer soos ‘n maniak tekere gaan ? Simpatie met die twee broers se
geliefdes .

Leon ·

Dit is tragies op ons paaie.
Ek was voorverlede week in die Oos-Kaap vir twee dae. Het van Oos-Londen na Queenstown gery. Die bestturders van voor af gaan net verby. Op enkel en dubbel witstrepe. Hulle voel vere. jy moet uitswaai want hy is op pad. Flits self ligte dat jy uit die pad moet kom vir hom. Ongelukkig doen AARTO niks aan die mense nie. geen wonder die dodetal op ons paaie is so hoog nie.

Yolandi Pienaar ·

Ek het vir oom Arend en tannie Maggie geken. Ons het 4 jaar op Groot Marico gewoon. Dit is vir my so hartseer! Wonderlike nederige mense! Baie sterkte aan al die geliefdes wat agterbly.

Henk Stander ·

Sterkte aan die familie. Dit moes besonderse manne gewees het om so pragtige huldeblyk op MM te ontvang.

Bossie ·

Ja, Henk hul was. Ek het nie elke dag met hul te doen gehad nie maar ek kon enige tyd vir oom Joubert bel en vra vir hulp en as hy naby was het hy my gou kom help hul gaan altwee verseker gemis word

Johan ·

Ja, wat kan ons se. So jammer vir die familie van die 2 broers. Die vroue Dr behoort van beter te weet as om laat te wees vir afsprake en as professionele persoon liewer verskoning te maak of reelings vroegtydig te moet tref. Glo die kentucky het haar weer te besig gehou. In elk geval die afspraak was n begrafnis, sou die oorledene omgegee het? (sic en miskien hardvogtig van my?) Die bestuurder mag dalk n lisensie he maar dit verskaf jou nie die vermoeens en intelek om besluite onder druk en teen die spoed van lig te kan maak nie. Dit is ingebore by n paar persone en meeste ander met die vermoeens verwerf dit eers met jare se oefen en ervaring. Sulke persone sal gewoonlik n profesionele sport soos baanrenne of F1 of tydren verwante sporte beoefen, MAAR jy sal hulle nie kry jaag op openbare paaie nie. Spoed self is nie n probleem op die regte plek en deur regte persone nie, maar deur onkundigheid en op openbare paaie en ook verkeerde soort voertuie sal dit weer en weer gebeur. Die verkeersowerhede moet direk verantwoordelik gehou word vir jaagduiwels, deur hulle eie vergrype en onoordeelkundige uitvoering van hulle pligte, of beter gestel die versuim om hulle pligte uit te voer oor laaste 2 dekades het n geslag van rebelse jaagduiwels, met geen respek vir enige vorm disipline of reels, gekweek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.