Geliefde dokter op plaas doodgeskiet

Drs. Werner en Mariette Emslie. Foto: Via Facebook

Dr. Werner Emslie (55), ʼn geliefde algemene praktisyn van Lephalale (Ellisras) in Limpopo, is Woensdagaand op sy plaas buite die dorp doodgeskiet.

Brig. John Masia, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê vier mans, waarvan twee met pistole gewapen was, het Emslie en sy vrou Mariëtte (55), wat ook ʼn dokter is, omstreeks 20:00 op hul plaas in die Afguns-omgewing oorval.

Emslie is tydens die aanval doodgeskiet terwyl hy buite sy huis gesit het en sy vrou is in die maag gewond. Die egpaar se dogter, ʼn student, was ook tydens die voorval in die huis. Die aanvallers het met twee vuurwapens en die egpaar se bakkie gevlug. Die bakkie is later ʼn paar kilometer van die plaas af verlate gevind, vanwaar die aanvallers glo in ʼn ander voertuig verder gevlug het.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die veiligheidstrukture is omstreeks 20:45 geaktiveer.

“Die vrou is na die Mediclinic Lephalale gehaas. Die koeël het haar lewer getref en sy moes by die hospitaal ʼn noodoperasie kry om die bloeding te stop. SA CAN (Community Action Network) en AfriForum het ʼn helikopter van Netcare 911 uit Gauteng laat kom om haar na ʼn hospitaal in Pretoria te neem vir behandeling. Haar toestand is tans ernstig maar stabiel,” het Müller gesê.

Volgens hom is die egpaar se dogter, Barbara, erg getraumatiseerd en by haar familie. Sy het nie ernstige beserings opgedoen nie. Müller het gesê AfriForum sal reël dat familie berading ontvang.

Masia het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord. ʼn Volskaalse soektog is na die verdagtes van stapel gestuur. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Müller het al die rolspelers, waaronder die Heritage Protection Group (HPG), SA CAN, AfriForum-buurtwaglede en die polisie, bedank vir hul samewerking.

Barbara, Mariëtte en Werner Emslie. Foto: Via Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Annie ·

Sterkte aan die familie – so so onnodig – DOODSTRAF moet terug want nerens is mens meer veilig nie.

Hettie ·

Stem 1000% saam! Sterkt aan sy familie. Dis hartseer om te hoor!

Michiel Erasmus ·

Op 6-apr-2019 republiekwording. Eie wette. Eie volk. Geregtigheid. Welvaart. Werner, het ek geken van skool .Ek was in st 6 en hy was matriek.

Jolanda ·

Berigte rakens hierdie voorval is teenstrydig. Ander nuus-agentskappe berig dat die dogter ook gewond is?

Nietemin, sterkte vir die familie. Ons dink aan julle.

Madelein ·

Die dogter was daar. Sy is ook gewond. My suster se skoonseun werk daar.

Korreksie ·

Ek staan onder korreksie, hierdie is van ons mense. Ons woon ook in Ellisras. Die dogter was nie daar nie. Sy is nie gewond nie.

Ekwilibrium ·

Nou is ons ontneem van ‘n mediese dokter én ‘n boer wat heenkome aan werkers verskaf het. Gaan jy by die begrafnis jou beloftes besweer, mnr. Mbalula? Sterkte aan die gesin en veral mev. Emslie, mag sy spoedig herstel.

Ella ·

Ek se nog steeds….as hul gevang word moet daar uitgevind word van watter politieke party hul is en die party moet ook verantwoordelik gehou word…BLF, EFF en ANC huts die dinge aan. Sterkte aan familie

n ·

Dit is hoogtyd dat die regering pa staan en die beseerde boere families na die beste hospitale te stuur. Ek weet van iemand wat nie medies gehad het en na so ‘n aanval in staats hospitaal gelê het en familie desperaat fondse bymekaar probeer kry het om hom na privaat hospitaal oor te plaas. Dit is ongelooflik wat die kostes beloop en dan het die beseerde uiteraard nie daarvoor gesoek nie.

botterblommetjie ·

Ek stem dat alle mediese koste en onderhoud vir die families…. marakane (skuus spelling) se “slagoffers” (al was hulle gewapen en het self gaan moeilikheid soek) se families word miljoene uitbetaal. Hierdie mense is voorsieners, versorgers, ouers, staan hul plek vol in die gemeenskap en verskaf werk en leef in vrede en word vermoor.. sinneloos… wie kyk na hul families.. Ek voel dit regverdig ‘n hofsaak (wonder ook of die sekuriteitbeamptes wat afgemaai word se families versorg word…

Madelein ·

Maroela Media. Barbara was ten tyde van die aanval saam haar ma in die sitkamer. Dit is sy wat die ander boere laat weet het hul word aangeval.

LODEWYK ·

En so sal dit aangaan en aangaan totdat daar geen blanke afrikaners oor is op hierdie donker kontinent nie. Vandag is dit ek, more is dit jy, maar wat maak dit saak solank dit my net nie raak nie.
Moet nie dink dit kan nie met jou gebeur nie, die moordenaars dink nie soos ek en jy nie, hulle lewensdoel is om te moor. Dit maak nie saak of dit dag of nag is, of jy in ‘n veiligheidskompleks woon of op ‘n plaas. Wat ook al jou omstandighede is, as hulle wil, sal hulle jou van die gras afmaak.

Lalla ·

Dr Werner rus sag in vrede….dit was so onnodig. Dr Mariette ons Bid vinnige herstel vir jou. Sterkte aan jou, kinders en familie.

Jolanda ·

Dankie Madelein! Dit is bitter hartseer. Sterkte aan hulle almal.

Nie nog een nie ·

Ondersoek poging tot moord? Dit IS verdomp MOORD en nog ‘n plaasmoord!!! Mens is nou al raadop met ons SAPD ….. Hier gaan ook gee arrestasie wees nie…

lollie ·

Die polisie vervolg nie, dis die nasionale vervolginggesag (regsgeleerders) wie besluit wie word vir wat vervolg al dan nie. Polisie moet wet en orde handhaaf en sake ondersoek.

john samuel ·

En…? Dis wat “hulle” wil hê. Is jy moontlik nog geskok oor…?

Vanessa Scanlen ·

Wanneer gaan dit eindig?
Wie verdien om so te sterf?
Hierdie mense het gewerk vir die gemeenskap…en nou dit..

Gaie Botha ·

Landbou is die Hoofslagaar van die land,die regering kan nie toelaat dat die gaans wat die goue eiers le,so uitgedin word,sal moet wetgewing versterk/verander in Landbou gebiede ,betreffend persone wat doeloos rondlenter en plase betree sonder toestemming,of op die punt staan om n plaas te betree,in verdagte omstandighede! Indien die regering geloofbare simpatie het met die ‘Plaasmoorde/aanvalle!” Sal hulle toesteemming moet gee vir die herinstelling van die Komando stelsel!

Veronica ·

Nog n Plaasmoord !!!
Wat op aarde kan ons doen om dit te stop?
Is persoonlike lyfwagte die antwoord of dalk bullet proof klere . . .
Bring die doodstraf terug vir Plaasmoorde asb

jannie ·

ai so hartseer hoeveel onskuldige boere gaan nog gemartel en vermoor word dit is noe heeltemaal te erg

Hartseer ·

Woorde ontbreek ons. Nog n pragtige gesin verwoes en gebreek deur satan se werke. Alle moordenaars ens se dag kom vinnig nader. Vreeslik om te val in die hande van die Lewende God.!!!!!!!

Erick ·

Almal wat ore het luister :verlaat die land indien jy kan. Ons het soveel hoop en ondersteuning in RSA soos wat die Portugese destyds in Mosambiek gehad het. Ons het ons erfenis weggegee met geen hoop om dit ooit weer terug te kry nie. Geen rede om te bly nie.

Haan ·

Geen rede om te bly nie… Waar anders kan n mens langs n oop vuur in die bosveld kuier? Waar anders kan n mens die warm suidwester teen jou gesig voel waai? Waar anders kan mens kreef duik langs die Weskus? Waar anders kan mens saans gaan slaap met die klank van n jakkals wat tjank en soggens opstaan met die geroep van n tarentaal? Waar anders kan mens n karooskaap tjoppie op n mieliestronk vuur geniet? Waar anders kan mens van die Kaap se beste rooi in die skadu van Paarlberg geniet? Waar anders kan mens jou kinders leer hoe om n mierleeu met n grassie te vang, of hoe om n bosduif met n windbuks te skiet? Waar anders kan mens Sondag na kerk n lekker bord boerekos saam met jou familie geniet?… En jy sê vir my daar is geen rede om te bly? Ek sê jou wat… Daar is geen rede om VERDEELD te bly nie. Laat dié wat wil gaan, gaan. Maar ék… Ek gaan nêrens.

Erick ·

Bly as jy wil bly. MM plaas nie my kommentaar aan jou. Sterkte

Johan ·

Ek verskil. Ons het nie ons erfenis weggegee nie. FW de Klerk het te same met sy bende die land weg gelieg.

Erick ·

Johan, ons het toegekyk hoe dit gebeur en niks gedoen nie. Soos ons nog steeds niks doen soos wat alles van ons weggesmyt word. So ja, ons het dit weggegee.

Liedie Odendaal ·

Sulke berigte maak my woedend, al wat jy lees is hoe ons boere afgemaai word en mense wat op plase bly. Dit is so hartseer, hoeveel nog???? Wat doen die regering om ons Boere te beskerm, absoluut niks!!!!!!!!!!!! Sterkte aan die familie en gesin, julle is in ons gebede, bid dat God julle styf teen Sy bors sal vasdruk en vertroos.

JC ·

AFRIKANERS SE AVONTUUR IN HIERDIE VERVLOEKTE LAND IS KLAAR.
DIE WETTELOSES EN HAATDRAENDES HET GEWEN. 1994 WAS ‘N MITE. ONS GEE OP. ONS WIL TERUG EUROPA TOE, UIT HIERDIE HEL UIT.

Jakoba ·

As jy vlugteling status kry mag jy nie daar werk nie en ook word jy dalk ook nog in ‘n vlugteling kamp gesit.

Cherokee ·

In Suid Afrika woon jy buitendien in ‘n vlugtelingkamp agter jou eie tralies.

Tom ·

Praat gaan nie meer die probleem oplos nie. Ek stel voor gegewe dat plase is afgesonder. reaksietyd is krities daarom n oplossing dat Afriforum deur sy Werknet op internet in samewerking met die boere gemeenskap n databasis/keurings proses begin op jong werklose matrieks ens. wat tans sukkel om werk te kry te begin werf en te keur vir opleiding as veiligheidswagte op plase. n werkskeppingsfonds kan begin word. As elke plaas 4 tot 5 afhangende van omstandighede permanente wagte het wat opgelei is in radio prosedure noodhulp, wapenhantering ens. sal ons oor n jaar of twee n afname sien . Hoekom hierdie aanvallers is lafhartig en hulle sal gou weet as plase goed beveilig is en as die reaksietyd vinniger is en hulle weet hulle gaan nie wegkom nie. Dit gaan egter baie goeie organisasie Bestuur verg om so n veiligheidsnetwerk te vestig.

Rooi Jan ·

Hi Tom jy mag dit nie doen nie want dan bewapen jy n private weermag. Die ANC onder Thabo Mbeki het al seker gemaak met wetgewing dat hierdie opsie van die tafel af gehaal word. En mense se steeds dit is nie n voorafbeplande en meedoënloos uitgevoerde plan van die ANC nie.

Manie ·

Die man wat n bespotting geword het van die wit liberalis nl Eugene Terre’Blanche het gesê die Witman sal nog gejag word in sy eie land. Wyse woorde

Jan ·

Ek het hom so April maand in sy spreekkamer ontmoet. Ons het lekker gesels, aangename man. Sterkte aan sy familie. Verder wil ek niks sê nie, want dit gaan haatspraak wees.

zebra ·

Jongmense mag in Kanada en baie ander westerse lande as landbou arbeiders gaan werk vir tot 2 jaar.Google dit en laat hulle uitkom! So jammer:(
Anersinds moet mense in Groot groep begin saambly. Een hier, een daar is sitting g ducks, selfs met beveiliging

Chrisjan ·

Minister Fikile lag in sy mou hieroor mense.Word net wakker en kry julself PARAAT!Die’ anc regime gaan niks doen om plaasaanvalle te keer nie.Dis presies wat die anc wil he.
Ons innige simpatie aan die familie en sterkte vir Mariette Emslie .Mag sy volkome herstel.

Se maar net. ·

Barbara was daar, sy is die een wat hulp probeer gekry het. Dis so tragies! Goeie mense, met goeie harte! Wanneer is dit nou genoeg?

Cherokee ·

Wat op aarde bedoel jy by ‘genoeg’?! … Wens julle wil daardie woord in konteks gebruik.

Se maar net. ·

Wanneer is dit nou genoeg??? Genoeg onskuldige mense vermoor! Wat verstaan jy nie Cherokee???

Cherokee ·

‘Genoeg onskuldige mense vermoor’? ‘Genoeg’? ‘Genoeg’? Jý is die een wat nie verstaan nie… die heel eerste een was reeds een te veel..!

Tragies ·

Nou is dit al mediese dokters ook of is dit die feit dat hy op ‘n plaas bly wat hom alweer ‘n makliker teiken gemaak het? Die skurke/boewe/moordenaars deesdae het geen gewete meer nie, hulle praat nou nie eers nie, hulle onderhandel nie eers nie, skiet net mense trompop dood. So jammer vir die familie se ongelooflike groot verlies. Hoop werklik Mariette sterk gou aan . RIP dr Emslie.

Zelda ·

Innige meegevoel aan familie en mede werkers van Dr Emslie. Ek hoop nou regtig dat as die booswigte gevang word hul NIE lewend aan polisie oorhandig sal word nie!!!! Genoeg is NOU genoeg!!!

Theresa ·

Na die eerste plaasmoord onder die omstandighede wat hierdie dinge gedoen word, was dit al genoeg. Is daar ‘n strateeg iewers nog lewend wat met Afriforum kan sit en ‘n daadwerklike, werkbare, haalbare strategie kan uitwerk. en dit NIE op media uitblaker nie. Daar is talle oë wat kyk en ore wat luister wat die mense probeer doen om ons landelike gemeenskap lewend te behou en ook natuurlik die stedeling, maar veral waar die teiken nou gerig is. Komaan, ons is van die vindingrykste volke in die hele wêreld. Ons hoef glad nie hierdie stryd te verloor om ons mense se lewens te behou nie. Maar daar is ‘n werklike HULPKREET.

Theresa ·

Nog iets. Die stilswye van die regering oor hierdie absurde gebeure is ‘n boodskap op sigself. Wel, dis my opinie.

Carel ·

Verwys na Manie se kommentaar oor Eugene Terre’blanche. Jare gelede was HNP lede ook die muishonde in die S.A.politiek, waar gespog is oor hoe die HNP vrouens se gesigte stukkend geslaan is op vergaderings. Daar het ‘n spreker al een aand gesê ” die blanke sal nog sy wit vel in hierdie land vervloek “. Waar is ons nou?

Cherokee ·

En tòe Carel, word die HNP verraai deur die KP te stig sodat die regse stem verdeel kon word.

Christo ·

Plaas moorde word erger by die dag . Skerp julle veiligheid op . Dit raak ons almal in Suid-Afrika geen boere geen lewe. Skakel in by landbou veiligheid . Doodstraf noodsaaklik Moorde verkragtings ens word net meer en meer 100punte vir doodstraf. Geen boere geen voeding geen SA.

Cherokee ·

Hou asseblief op om die boere na waarde te skat in verhouding met kos vir die land. Dit gaan nie oor mielies en koring nie…. dit gaan daaroor dat die boere mense is wat deur God geskep is en dus die reg het op lewe.

Dafer ·

Wonder wat die reaksie tye van onderskeidelik eerstens, enigiemand wat op die terrein opgedaag het om te help, en tweedens die polisie?

Johan Bester ·

Wat julle saai sal julle maai.Stem Ja vir n regering soos die van vandag en dit is die gevolge daarvan.
Ons was die mooiste beste sterkste land in die wêreld kon enige land aanvat maar die ja stemmers het ons weggegee en dit is vandag die gevolge daarvan.

Edward ·

Magtig, wat ‘n tragedie! My meegevoel gaan uit na die familie, ek het Werner geken toe hy nog by 1Mil gewerk het en het ook lank saam met sy pa Guy gewerk wat ook toe later die bottelstoor op Ellisras gehad het. Die wêreld is omgekeer en die woede en hartseer kan nie beskryf word in woorde nie.

Adriaan ·

@Cherokee: Die HNP is nie verraai deur die KP te stig nie, AP Treunicht het uit die Nasionale Vergadering geloop toe hy nie met die NP saam gestem het nie en so is die KP gestig. Dit het niks met die HNP toe doen gehad nie.

Se net ·

Dit is hoekom ek aan Afriforum behoort. Julle is voorwaar die geld werd. Gaan my bydrae verhoog. Kom mense ondersteun hul asseblief dit is vir ons volk en vaderland.

Ina ·

Michiel Erasmus : Op 6-apr-2019 republiekwording.
Hoe waar? Kan jy ons meer vertel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.