Geliefde ‘Egoli’-ster sterf

Christine Basson. (Foto: Facebook)

Christine Basson, die aktrise wat veral bekend was vir haar destydse rol as Nora in Egoli, is Maandagoggend in die ouderdom van 78 oorlede.

Reinet Louw Kemp, Basson se vriendin, het die nuus op Facebook bevestig. “Ons liewe vriendin Christine Basson – en vir baie mense die sterk, moederlike Nora Naudé van Egoli – is vanoggend stil huis toe. Ons sal haar mis,” het Louw Kemp geskryf.

Volgens haar het Basson gister 78 jaar oud geword in die Ekklesia Park-aftree-oord in Randburg waar sy versorg is.

Hannes van Wyk, aanbieder van Kwêla, het die nuus aan Maroela Media bevestig. Hy sê daar was “klomp faktore” wat tot Basson se dood bygedra het. “Sy was ʼn ware trooper, ʼn briljante aktrise en ʼn wonderlike vriendin,” sê hy.

Behalwe vir Egoli, was Basson ook in haar lang loopbaan te sien in die televisiereekse Konings, Die Mannheim-sage, Agter elke man, Wolhaarstories, Mattewis en Meraai en Die losprys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

cathy ·

Ai hartseer hartseer nuus. Rus in vrede in Jesus se arms Christine.

Dennis ·

Christine was n ware aktrise. Daar is min van haar kaliber oor in SA. Een vir een val die groot bome in die Suid Afrikaanse toneel sektor. Rus sag liewe Christine, jy sal nog vir jare En jare in derduisende mense se harte voortleef.

willem Botha ·

Baie tragies , n voorslag aktrise sy gaan n groot leemte los

Amalia ·

So hartseer maar ook blydskap daar is ‘n amazing Engel nou by ons Pappa Vader. Rus in vreede Tanie Cristine Basson jy was ‘n fantasiese aktrisse. Jy vul ‘n groot leemte xx

Liekie ·

Een van my gusteling aktrises gewees – ek het haar toneelspel altyd baie geniet
Hartseer dat groot-bome so die een na die ander val, die afgelope paar dae.

Maar dis maar wat vir ons almal voorlê….

Nettie ·

@Liekie, ja wat – dis ‘n paadjie wat ons almal maar stap, die een of ander tyd ….

Danie ·

Dankie vir alles wat u gedoen het om ons wereld in te kleur!
RIV Christine

treurgrond ·

Tannie Christine – jy was een van my favourites in Egoli – Tannie Nora – altyd die liefhebbende mams. Dit is nou sad nuus. RIV Tannie Christine.

Sam ·

Die mens — soos die gras is sy dae; soos ‘n blom van die veld, so bloei hy.

As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.

Al was jy hoe bekend,
ons spoed almal daarheen.
Laat ons ons dae so tel
dat ons ‘n wyse hart mag bekom
en olie in ons lampe sal hou.

Dis my gebed vir my volk.

Christo ·

Daai is baie mooi woorde van jou .sam wat jy daar
Gese het.dis hart seer maar bly mooi woord.
Sterkte aan haar vriende en familie.

Jacques die Goodwoodianer ·

RIV. Sy was ñ uitstekende aktrise. Ek kon net myself indink dat sy in die werklike lewe ook tot ñ mate soos “Nora” was.

Dorothy ·

Dit moet seker wonderlik wees om ‘n sterf bed te hê en die geleentheid te kry om jou persoonlik reg te maak vir die ewige lewe as om vermoor te word in hierdie wrede lewe. As ek kon kies wil ek sommer verhuis in my slaap. Rus in Vrede.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.