Christine Basson, die aktrise wat veral bekend was vir haar destydse rol as Nora in Egoli, is Maandagoggend in die ouderdom van 78 oorlede.
Reinet Louw Kemp, Basson se vriendin, het die nuus op Facebook bevestig. “Ons liewe vriendin Christine Basson – en vir baie mense die sterk, moederlike Nora Naudé van Egoli – is vanoggend stil huis toe. Ons sal haar mis,” het Louw Kemp geskryf.
Volgens haar het Basson gister 78 jaar oud geword in die Ekklesia Park-aftree-oord in Randburg waar sy versorg is.
Hannes van Wyk, aanbieder van Kwêla, het die nuus aan Maroela Media bevestig. Hy sê daar was “klomp faktore” wat tot Basson se dood bygedra het. “Sy was ʼn ware trooper, ʼn briljante aktrise en ʼn wonderlike vriendin,” sê hy.
Behalwe vir Egoli, was Basson ook in haar lang loopbaan te sien in die televisiereekse Konings, Die Mannheim-sage, Agter elke man, Wolhaarstories, Mattewis en Meraai en Die losprys.
- Christine Basson soos sy gelyk het as Nora Naudé in Egoli. (Foto: Facebook via EGOLI Film)
- Christine Basson in ‘n toneel in Egoli. (Foto: Facebook)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Ai hartseer hartseer nuus. Rus in vrede in Jesus se arms Christine.
sterkte aan haar familie
Christine was n ware aktrise. Daar is min van haar kaliber oor in SA. Een vir een val die groot bome in die Suid Afrikaanse toneel sektor. Rus sag liewe Christine, jy sal nog vir jare En jare in derduisende mense se harte voortleef.
Baie tragies , n voorslag aktrise sy gaan n groot leemte los
So hartseer maar ook blydskap daar is ‘n amazing Engel nou by ons Pappa Vader. Rus in vreede Tanie Cristine Basson jy was ‘n fantasiese aktrisse. Jy vul ‘n groot leemte xx