Geliefde omroeper in huis oorval

Dianne Broodryk. Foto: Facebook

Dianne Broodryk. Foto: Facebook

Dianne Broodryk, omroeper, joernalis en liefdadigheidswerker van Jacaranda FM, is Donderdagmiddag in haar huis in Pretoria oorval en aangehou.

Broodryk, omroeper en nuusleser van die uitsaaier se ontbytprogram, The Complimentary Breakfast, het Vrydag aan Maroela Media gesê sy was alleen by haar huis in The Reeds, Centurion, toe sy tussen 15:00 en 15:30 ʼn lawaai by die veiligheidshek by haar voordeur gehoor het.

“Ek was nog op pad om te gaan kyk wat die lawaai is, toe skop twee mans die voordeur oop. Ek kon net vinnig sien een het ʼn koevoet in sy hand gehad,” het Broodryk gesê.

Die mans het haar dadelik gevra wie nog in die huis is, waarna hulle haar gedwing het om op ʼn bank te lê waar hulle ʼn kombers oor haar gegooi het. Hulle het haar gevra waar haar juwele en skootrekenaar is, voor hulle deur die huis gegaan en dit geplunder het.

“Ek wou in ʼn stadium my foon gryp wat naby my gelê het, toe een van die mans vir my gesê het ‘Don’t be stupid’ en ek het maar besluit om my samewerking te gee.”

Broodryk verduidelik hulle het die veiligheid by hul huis aansienlik verskerp nadat sy en haar man 13 jaar gelede deur agt mans in dieselfde huis oorval en beroof is. “Die twee mans het gesien daar is veiligheidskameras en het my gevra waar die opnemer is en dit ook gevat.”

Sy het gesê ná ʼn paar minute onder die kombers het sy gehoor dinge raak stil in die huis. Sy het besluit sy gaan haar huissleutels gryp, na buite hardloop en die paniekknoppie druk. “Hulle was toe reeds weg. Hulle was in en uit in ʼn kwessie van 10 minute. Hulle het nie ingekom om my seer te maak nie, maar om te roof. Hulle het beslis geweet wat hulle doen. Beamptes van die Wierdabrug-polisie was vinnig daarna op die toneel en het onder meer genoem dit is die vyfde soortgelyke voorval gister [Donderdag] waarin dieselfde modus operandi gebruik is. Hulle het ʼn term gebruik wat my sal bybly – ‘House smash and grab’.”

Die twee verdagtes het in ʼn ou-model liggroen Toyota Camry, waarin nog ʼn verdagte agter die stuurwiel gewag het, gevlug. Broodryk se bure het dié voertuig buite die huis opgemerk en die polisie ontbied, onwetend dat sy in die huis aangehou word.

Hulle is weg met onder meer ʼn iPad, twee Canon-kameras, juwele, twee selfone en Broodryk se skootrekenaar met eksterne hardeskywe en haar handsak.

Volgens Broodryk gaan dit goed met haar in die omstandighede en is sy ongedeerd, maar kwaad “vir myself omdat ek hulle nie vroeër gehoor het nie, en vir die aanvallers”.

Sy het gesê haar persoonlike projekte, foto’s, radiorekords en belangrike inligting van die liefdadigheidsveldtog wat sy bedryf, Good Morning Angels, was op die gesteelde skootrekenaar en hardeskywe.

Broodryk het gesê sy beplan om Maandagoggend terug te wees op haar pos, mits sy voor dan tyd gekry het om haar identiteitsdokument, bankkaarte en rybewys te vervang.

“Ek is wel kwaad, maar ook dankbaar. Ek is dankbaar vir almal wat omgee, besorg is en almal se boodskappe. Ek weet ek is nie ʼn uitsondering op die reël nie en dit gebeur met baie mense, maar ek waardeer regtig almal se ondersteuning,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Cobus van der Merwe ·

Ons huis is dieselfde middag deur dieselfde mans in dieselfde buurt beroof. Dit wil voorkom of hulle straat vir straat gery en huise geteiken het.

Gert ·

Ek bly veiliger in my woonstel het my 4 huise verkoop tannie in een van die huise vermoor ! Blankes word vermoor !

Matmiet ·

Geliefde Piet Snyman in in sy huis aangeval. Hy is maar n random persoon en niemand weet van hom nie… What a bummer man…

Ursa ·

Dankie tog Diane jy is ongedeerd kon soveel erger gewees het. Sterkte

Jan ·

Ek is baie bly dat sy nie seergekry het nie. Hierdie is die rede hoekom ek ‘n pistool aan my lyf dra wanneer ek by die huis is – jy’t nie tyd om hom eers uit die kluis te gaan haal voor hulle op jou is nie.

Ruby ·

Baie bly om te hoor sy is nie seergemaak en dat haar dogter nie daar was.

Ek dink ‘n goeie idee is “off-site monitoring”. In so ‘n geval kan jy terug gaan nie die sekuriteits maatskappy, hulle sit dan die “footage” op ‘n disk vir jou.

Maak ‘n kopie hiervan en gee die kopie vir die polisie vir identifikasie van die culprits. Hou altyd die oorspronklike ingeval hulle kopie “verlore” raak.

Gesiggie ·

Arm Diane jy is Ok… dit kon baie erger gewees het, Dank aan die Vader dat hierdie mense nie Moordenaars is, maar net Smash en Crap Skelms… dit gebeur min dant hul jou net sal toegooi met n kombers en dan al jou besittings vat en gaan… jammer vir die skade, maar jou lewe is meer werd as al die waardevolle besittings…. Sterkte aan jou… mag hierdie voorval gou vergeet word.

charlene ·

Vanoggend toe Rian dit noem het ek skoon koud geword, en jammer om te sê Diane maar dit wjy was nie 1ste in my kop nie maar jou dogter was – jy praat baie van haar my 1ste gedagte was by haar en waar was sy toe alles gebeur het. Kinders moet nie duer so iets gaan nie – dankbaar is ek nou om te sien sy was nie tuis nie. Maar ek is nogdans baie bly hulle het jou nie seer gemaak nie, jy is so `n liewe mens – jy verdien dit nie. (Niemand doen – maar iemand met so `n goeie hart verdien dit nog minder) Sterkte aan julle

Minnie ·

Ons woon ook in The Reeds en dit het met ons gebeur. Die 25ste Januarie was ons weg om my dogter se verjaarsdag te vier. Hulle is in en uit in 10 minute. ADT kon nie eers betyds daar wees nie. Ook die voordeur oopgeskop en die ganghek oopgebreuk. Kameras en ADT met sekuriteitshekke kon hulle nie uithou nie. Sterkte aan almal in ons omgewing. Trek sal ek nie maklik nie!

charmaine ·

Vir n jaar lank luitser ek nie meer na Jakaranda nie. In my kar het ek n cd met 60 liedjies en luister daarna by die huis sit ek die radio af of luitser cd’s of lees. Van hulle omproepers is so arrogant. Jammer om te hoor van die persoon se nagmerrie.

Kwaaitjie ·

Wat het jou gevoel teenoor Jacaranda met die aanhouding te doen??

Rina ·

Genade moet daar altyd iemand wees wat afwyk van die punt met ongevraagde kommentaar. Dankbaar jy is ok Dianne

Gesiggie ·

Charmaine, dit is jou keuse na wat jy wil luister, maar wat het die arrogant” nou met Die huis inbraak by Diane te doen…. jy dwaal van die gesprek af”’

ek ·

Help niks om opnames vir polisie te gee nie hulle is kop in een mus met skelms al sê hulle wat.

johann cb ·

Die inbrekers het geweet presies waarna hulle soek en waar wat was. Iemand in die omgewing verskaf inligting aan ‘n sindikaat.

Schalk ·

Nee Johan. Lees mooi! Hulle het haar gevra waar alles is. Dit is nie altyd sindikate nie. Soms is dit net n groep honger Zuma kinders.

Hein ·

Ek is jammer om te se maar dit is tyd om te trek uit Rooihuiskraal en The Reeds…..

A ·

Dis maar die land waarin ons leef. Geen wonder die Guptas het gevlug nie. Sterkte vir jul en almal wat deurgeloop het.

Judy-Anne ·

Wonder of sy en Rian nou nog hulle belaglike grappe gaan maak oor die geweld in ons land…..

JC ·

Jy is heeltemal reg Judy-Anne, soveel mense is in ontkenning oor wat eintlik aangaan, asof ons mekaar probeer motiveer dat dit eintlik nie so sleg gaan nie… totdat dit met iemand naby ons gebeur, of met ONS. Jakaranda is deel van hierdie “alles is eintlik ok” propaganda. waarna ons elke oggend luister. (O ja want hulle kry salarisse en moet se wat hulle voorgeskryf word). Maar die feit is ons is die spreekwoordelikke padda in die warm water.

Anrika ·

@JC nog nooit het ek hul hoor sê “als is ok nie”. Ek weet meer as genoeg van als wat sleggaan in hierdie land, het nie nodig dat die radio omroepers ook nog ‘n hele show van 4 ure vul met doom en gloom nie…sal jy dit verkies dat hul heeltyd kerm en kla en vrees in ons sit? Hulle uplift hul luisteraars en doen baie vir die gemeenskap. Luister dan eerder 702 of Radiosondermense vir jou daaglikse helping depressie…

JC ·

@Anrika, het jy n radiostasie nodig om jou te “uplift”? (So jy erken juis jy is in ontkenning). Ek het nog altyd n radiostasie se doel ingesien om my in te lig (oor die waarheid, nie die skyn nie). Wel elkeen heg sy eie waarde, en ja sodra hulle ons mense opsit wat huilend dankie se (jy besef dis bemarking, ne?) vir die “bydrae tot die gemeenskap”, dan skakel ek maar oor na 702. Daar is vele meer organisasies wat (in stilte) bydra tot die gemeenskap. Nee ek verwag nie Doon en Gloom nie, maar hulle het vele kere die tekens geignoreer en afgelag, en noudat hulle dit ervaar het…wel hopelik verander hulle houding (want om een of ander rede, luister mense tog na hulle!

Yvette Greyling ·

Prys die Heer dat jy ongedeerd is. Ek het jou stem gemis vanoggend

Johann Marx ·

Waarom is ons die enigste mense in die wêreld wat “dankbaarheids-geluide” maak as ons ‘n slagoffer van ‘n misdaad word? Is dit geneties van aard? Of is ons ge-indroktrineer deur die NG Kerk se “ek het gehuil omdat ek nie skoene het nie, totdat ek ‘n man gesien het wat nie voete het nie.”? Nou gebeur die mees onaanvaarbare ding met ons, en wat sê meeste mense? “Dankie tog, dit kon erger gewees het!!” Hoe gouer ons hierdie gedrag stop, hoe beter…

Sputnik ·

Só ‘n tweeman-bende (een kort en dik en ander langer en skraal) in ‘n wit BMW 1-reeks is ook bedrywig in Pretoria. Hulle is gewapen. Dieselfde modus opeandi – breekyster, skop die deur oop, ignoreer ADT, ens.

Jan ·

Ek is jammer om van hierdie nagmerrie te hoor. Het self al deurgeloop – bitter onaangenaam. As die sanksie vir die kultuur van”ek doen wat ek wil en kom weg daarmee” nie drasties verskerp word en gewapende rowers moordenaars en verkragters en n verskeidenheid van ander barbaarsheid nie drakonies gestraf word nie sal dit maar net aanhou om hand oor hand toe te neem.

Jaco ·

Dis regitg n wonderlike land waar ons in bly dat as mense aangehou en geroof is dat ons dankbaar kan wees dit was nie erger nie.

Ek weet nie eers meer wat soek ons almal in die land nie, ons is tog nie meer welkom nie, beteken niks nie, as ons ons monde oopmaak is ons rasiste en heeltyd in gevaar.

Rene ·

Ons kan nie meer enigsins by ons huise wees sonder om alarms aan te he buite nie. Dit is nie lekker nie, maar ongelukkig ‘n realiteit. Ons het hier in ons area ‘n slegs afrikaans sprekende sekuriteits company wat letterlik op en af in dis strate stadig ry en hulle het 2 karre in ons area. Mense sal al hoe meer hullself na inisiatiewe (of firmas) moet wend wat sienbaar is in die gemeenskap. Ons vorige kommersiële sekuriteits company het tussen 8 en 10min gevat om by ons huis te kom. By die cpy waar ons nou is, is hulle letterlik onder 5 minute by ons huis en hulle ry in die aande met ligte af in die strate rond..

Remotes in die hande of om die nek is ook al oplossing. Al my staff dra panic remotes om hulle nekke.

jeanette visser ·

Wil net ‘n pluimpie gee vir Maximum Sekuriteit. Daar is by ons huis ingebreek ten tyde van die paasnaweek (verlede jaar) die skelm het die diefwering afgebreek en deur geklim hy het presies 60sekondes om te steel wat hy wil, die alarm het afgegaan en ta het so groot geskrik hy het net die duvet van my bed afgepluk en gehardloop en die sekuriteitsbeamptes was baie vinnig op die toneel (volgens bure) todat ons van die vakansie plek tot by die huis kon kom het hulle geduldig vir ons gewag. Puik diens en dit vir net R370 p/m en R300 radiodienste. Die alarm kan dalk net jou lewe red of dan die paniek knoppie op die paneel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.